1 Korintiërs 1
1 God het besluit om vir my, Paulus, te kies om ’n tapostel van Christus Jesus te wees. Ek en Sostenes, wat ook ’n tgelowige is,
2 skryf nou hierdie brief vir julle, die gemeente van God daar in Korinte.
God het julle aan Hom tgewy en julle glo in Christus Jesus. Ja, God het julle gekies om aan Hom te behoort. Ons skryf ook vir almal wat ons Here Jesus Christus aanbid, dit maak nie saak waar hulle woon nie. Jesus is hulle Here én ons Here.
3 Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus tgenadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.Paulus sê dankie
4 Ek sê altyd vir my God dankie wanneer ek aan julle dink. Ek sê dankie, want God is baie tgenadig vir julle omdat julle in Christus Jesus glo. 5 Ja, God het julle baie tgeseën omdat julle aan Christus Jesus behoort. Julle verstaan die goeie boodskap van Christus Jesus en julle verduidelik dit ook goed vir mekaar. 6 Julle kan dit doen omdat julle die boodskap vas glo wat die tapostels vir julle gebring het. 7 Julle het al die tgenadegawes ontvang wat die Here vir julle gegee het. En julle hou aan om te wag vir die dag wanneer God vir almal ons Here Jesus Christus sal wys sodat ons Hom kan sien. 8 God sal julle vas laat glo tot die einde. Niemand sal julle kan beskuldig op die dag wanneer ons Here Jesus Christus weer kom nie.
9 God sal doen wat Hy belowe het. Hy het julle gekies om saam met sy Seun, ons Here Jesus Christus, te wees.Daar is verskillende groepe in die gemeente, en hulle is teen mekaar
10 Vriende, julle behoort aan ons Here Jesus Christus. Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet saamwerk met mekaar, julle moenie groepe wees wat teen mekaar werk nie. Julle moet weer wees soos in die begin: Julle moet mekaar aanvaar, julle moet dieselfde dinge wil doen. 11 Vriende, Chloë se mense het vir my vertel dat julle met mekaar stry.
12 Ja, julle stry, want die een sê: “Ek behoort aan Paulus,” ’n ander een sê: “Ek behoort aan Apollos,” ’n ander een sê: “Ek behoort aan tSefas,” en ’n ander een sê: “Ek behoort aan Christus.”
13 Nee, ons kan Christus nie in groepe deel nie. En God het nie vir mý, Paulus, laat tkruisig om julle sondes te vergewe nie. En toe julle gedoop is, was dit nie sodat julle aan Paulus sal behoort nie. 14 Ek sê vir God dankie dat ek niemand van julle gedoop het nie, ek het net vir Krispus en Gaius gedoop. 15 Nou kan niemand sê dat julle gedoop is sodat julle aan my sal behoort nie. 16 Ja, ek het ook die huisgesin van Stefanas gedoop, ek is nie seker of ek ook iemand anders gedoop het nie.
17 Christus het my nie gestuur om te doop nie, Hy het my gestuur om die goeie boodskap oor Hom te bring. Ek het die boodskap gebring, maar ek het dit nie gedoen met die slim woorde van mense nie, want as ek dit gedoen het, dan help dit nie dat Christus aan die kruis gesterf het nie.Christus wys hoe sterk en slim God is
18 Ja, vir die mense wat tverlore gaan, is die boodskap oor die tkruis iets wat dom lyk. Maar God het vir óns gered, en die kruis wys vir óns hoe sterk God is wanneer Hy ons red.
19 Want in die Ou Testament is geskryf:
tEk sal die planne
van die slim mense laat misluk,
en die dinge wat slim mense dink,
sal Ek laat verdwyn.
20 Die wêreld se slim mense, die tskrifgeleerdes en die mense wat goed kan dink en praat, beteken niks by God nie. Alles wat God gedoen het, het gewys die dinge wat slim mense dink, is dom. 21 God was reg toe Hy besluit het dat die slim dinge wat die mense van die wêreld dink, hulle nie sal kan help om Hom te ken nie. Die mense van die wêreld sê die boodskap oor Jesus is iets wat dom lyk, maar God het besluit om die mense te red wat hierdie boodskap glo. 22 Die Jode wil twondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor, 23 maar ons bring ’n boodskap dat Christus aan ’n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit ’n groot probleem, en vir die theidene is dit iets wat dom lyk. 24 Maar God het mense gekies, Jode én Grieke, en vir húlle is Christus die Een wat wys dat God sterk is en dat Hy twysheid het.
25 Want die mense van die wêreld sê die boodskap oor Christus is iets wat dom lyk, maar die boodskap wys dat God meer wysheid het as die mense. En die mense van die wêreld sê God het gewys dat Hy swak is toe Hy Christus laat sterf het aan die kruis, maar toe God dit gedoen het, het Hy gewys dat Hy sterker is as die mense.
26 Vriende, God het julle gekies. Maar kyk wie is julle. Julle is nie slim of belangrik nie, en julle kom nie uit belangrike families nie. 27 Daar is dinge wat dom lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die slim mense te laat verstaan dat hulle niks weet nie. En daar is dinge wat onbelangrik lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die belangrike mense te laat besef dat hulle nie belangrik is nie. 28 En daar is dinge wat vir die mense van die wêreld niks beteken nie, hulle dink dit is onbelangrik, hulle dink dit is niks. Maar God het daardie dinge gekies om te wys dat dit vir Hom anders is: Die dinge wat baie belangrik is vir die mense van die wêreld, beteken nou niks. 29 Hoekom het God dit gedoen? Hy het dit gedoen sodat niemand kan dink hy is vir God beter as iemand anders nie. 30 Dit is God wat julle nou naby Christus Jesus gebring het. Ja, as ons in Christus Jesus glo, dan sien ons die wysheid van God, ons sien dat Hy ons nie meer straf nie, dat Hy ons aan Hom twy en dat Hy ons vrymaak van die sonde.
31 En so word dit waar wat in die Ou Testament geskryf is:
tAs ’n mens wil spog,
dan moet hy
oor die Here spog.
1 Corinthians 1
1 I, Paul, am writing this letter. I have been chosen to be an apostle of Christ Jesus just as God planned. Our brother Sosthenes joins me in writing.
2 We are sending this letter to you, the members of God's church in Corinth. You have been made holy because you belong to Christ Jesus. God has chosen you to be his holy people. He has done the same for all those everywhere who pray to our Lord Jesus Christ. Jesus is their Lord and ours.
3 May God our Father and the Lord Jesus Christ give you grace and peace.
Paul Gives Thanks
4 I always thank God for you. I thank him because of the grace he has given to you who belong to Christ Jesus.5 You have been blessed in every way because of him. All your teaching of the truth is better. Your understanding of it is more complete.6 Our witness about Christ has been proved to be true in you.
7 There is no gift of the Holy Spirit that you don't have. You are full of hope as you wait for our Lord Jesus Christ to come again.8 God will keep you strong to the very end. Then you will be without blame on the day our Lord Jesus Christ returns.
9 God is faithful. He has chosen you to share life with his Son, Jesus Christ our Lord.
Taking Sides in the Church
10 Brothers and sisters, I ask all of you to agree with one another. I make my appeal in the name of our Lord Jesus Christ. Then you won't take sides. You will be in complete agreement in all that you think.
11 My brothers and sisters, some people who live in Chloe's house have told me you are arguing with each other.12 Here is what I mean. One of you says, "I follow Paul." Another says, "I follow Apollos." Another says, "I follow Peter." And still another says, "I follow Christ."
13 Does Christ take sides? Did Paul die on the cross for you? Were you baptized in the name of Paul?14 I'm thankful that I didn't baptize any of you except Crispus and Gaius.15 No one can say that you were baptized in my name.
16 It's true that I also baptized those who live in the house of Stephanas. Besides that, I don't remember if I baptized anyone else.
17 Christ did not send me to baptize. He sent me to preach the good news. He commanded me not to use the kind of wisdom that people commonly use. That would take all the power away from the cross of Christ.
Christ Is God's Power and Wisdom
18 The message of the cross seems foolish to those who are lost and dying. But it is God's power to us who are being saved.
19 It is written,
"I will destroy the wisdom of those who are wise.
I will do away with the cleverness of those who think they are so smart." (Isaiah 29:14)
20 Where is the wise person? Where is the educated person? Where are the great thinkers of this world? Hasn't God made the wisdom of the world foolish?21 God wisely planned that the world would not know him through its own wisdom. It pleased God to use the foolish things we preach to save those who believe.
22 Jews require miraculous signs. Greeks look for wisdom.23 But we preach about Christ and his death on the cross. That is very hard for Jews to accept. And everyone else thinks it's foolish.
24 But there are those God has chosen, both Jews and others. To them Christ is God's power and God's wisdom.25 The foolish things of God are wiser than human wisdom. The weakness of God is stronger than human strength.
26 Brothers and sisters, think of what you were when God chose you. Not many of you were considered wise by human standards. Not many of you were powerful. Not many of you belonged to important families.
27 But God chose the foolish things of the world to shame the wise. He chose the weak things of the world to shame the strong.28 God chose the things of this world that are common and looked down on. He chose what is not considered to be important to do away with what is considered to be important.29 So no one can brag to God.
30 Because of what God has done, you belong to Christ Jesus. He has become God's wisdom for us. He makes us right with God. He makes us holy and sets us free.31 It is written, "The one who brags should brag about what the Lord has done." (Jeremiah 9:24)