1 Korintiërs 1
1 Van Paulus.
Jesus Christus het my geroep en my met 'n spesiale doel gestuur.
Dit is hoe God dit wou gehad het. En van Sostenes, wat ook 'n kind van God is.
2 Aan die gemeente van God in Korinte. Dit is die mense wat aan God behoort omdat hulle Jesus Christus ken. God het hulle geroep om net vir Hom te leef. Die brief is ook bedoel vir al die mense wat ons Here Jesus Christus se gesag erken en Hom aanbid. Dit maak nie saak waar hulle is nie, net solank húlle Here óns Here is.
3 Mag God ons Vader en ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees. Mag Hulle julle innerlik rustig maak en vrede gee.
4 Ek sê altyd vir God dankie vir al die goeie dinge wat Hy so onverdiend vir julle gee. Ek praat van alles wat julle gekry het vandat julle Jesus Christus leer ken het. Hy het letterlik alles vir julle gegee wat julle nodig gehad het.5 Julle het die dinge van God goed leer ken en kan maklik daaroor praat.6 Dat dit wat ek vir julle oor Jesus vertel het, waar is, kan in julle lewe gesien word.7 Ja-nee, julle het niks nodig nie, want God sorg dat julle kry wat julle op geestelike gebied nodig het. Julle sien ook opgewonde daarna uit dat ons Here Jesus Christus weer na ons toe kom sodat almal Hom kan sien. Niemand sal dan 'n enkele skewe woord teen julle kan sê nie. Hy sal julle nie in die steek laat nie.8 Hy sal julle enduit gee wat julle moet hê.
9 Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.
10 Kinders van die Here, werk asseblief tog saam. Namens ons Here Jesus Christus vra ek julle dit baie mooi, maar baie ernstig. Daar moet nie heeltyd 'n stryery onder julle wees nie. Julle moet met mekaar oor die weg kom. Moenie dwarstrek nie, maar dink en doen liewer soos een man saam.11 Ek noem dit omdat van Chloë se familie hier by my aangekom en vertel het dat julle so onder mekaar baklei.12 Laat ek dit so stel: een van julle sal sê: "Paulus is net die man." Ander sal dan aan die stry gaan en sê dat Apollos of Petrus beter is. "Nee," sal ander weer sê, "ons volg maar net vir Jesus."13 Nou vra ek: Is Christus dan so 'n los klomp stukke? Het ek, Paulus, miskien vir julle daar aan die kruis gehang? Is daar by julle doop miskien gesê dat julle gedoop word omdat Paulus so goed is?
14 Nou is ek eintlik bly dat ek nie te veel van julle gedoop het nie, maar net vir Krispus en Gaius.15 Daarom kan niemand nou loop en spog dat hy deur my gedoop is asof dit iets besonders is nie.16 (O ja, amper vergeet ek, ek het nog Stefanas en sy mense ook gedoop. Verder kan ek aan niemand anders dink nie.)17 Christus het my nie gestuur om mense vir myself bymekaar te maak deur te doop nie. Nee, Hy het my gestuur om vir julle die goeie boodskap oor Hom te kom vertel. Dit moet ek nie doen met vreeslik geleerde en moeilike taal om mense te beïndruk nie. Nie taal nie, maar die werklikheid van die kruisgebeurtenis van Jesus moet mense beïndruk. Daar lê die werklike krag van die boodskap oor Jesus. En dit mag nooit agter slim argumente of geleerde taal weggesteek word nie.
18 Dat Jesus aan die kruis moes sterf, klink wel so onwaar soos 'n feëverhaal vir die mense wat hulle nie aan God steur nie. Hulle is buitendien op pad hel toe. Maar ons wat God leer ken het en nou Syne is, put soveel geestelike krag daaruit. God maak ons sterk deur die boodskap oor wat aan die kruis gebeur het.19 Daar is geskryf: "God sal vir almal wys hoe verkeerd selfs die slimste mense is. Wat vir hulle so slim lyk, is eintlik maar baie dom."
20 Gaan roep maar die mense wat sê hulle weet baie. Gaan kry die professore. En waar is die mense met die gladde tong? Het God nie gewys dat al hierdie slimmighede wat mense kwytraak eintlik maar baie dom is wanneer dit kom by dit wat regtig belangrik is nie?
21 Mense met al hulle slimmighede het nie die vaagste benul waaroor dit gaan wanneer dit by die dinge van God kom nie. God het in sy wysheid besluit dat dit so sal wees. Mense dink dalk dat die kruis en wat daar gebeur het nie sin maak nie. Dít is egter die manier waarop God besluit het om mense uit hulle sonde na Hom toe terug te bring. Ek praat van mense wat God vertrou.22 Die Jode sou wonderlike bomenslike tekens verkies het en die Grieke sou liewer wou gehad het dat alles mooi uitgeredeneer kon word.
23 Maar ons vertel vir almal dat Jesus wat gekruisig is, die manier is waarop God dinge tussen Hom en sondaars regmaak. Die Jode weier botweg om dit te aanvaar en ander mense lag daaroor asof dit sommer 'n storie of 'n feëverhaal is.24-25 Onder hierdie klomp spottende pessimiste is daar tog 'n klompie wat God se stem gehoor het en luister. Hulle ken die waarheid. As jy Christus ken, ken jy die krag wat net God kan gee en verstaan jy al God se planne. Menslike dinge kan mos nie met goddelike dinge vergelyk word nie. Om dit so te stel: die "domste" ding wat God volgens die wêreld kan doen, is ver slimmer as die heel slimste ding wat die slimste mens kan uitdink. Al span mense al hulle kragte saam, is dit nog nie eens 'n druppel in die emmer teenoor God se krag nie.
26 My liewe vriende, dink 'n bietjie mooi na oor wie julle regtig was voor God julle uitgenooi het. Volgens mense was die meeste van julle maar dommerig en eenvoudig. Julle was maar gewone werkers sonder enige invloed wat uit die swakker deel van die dorp gekom het. Maar God werk anders. God het juis onbelangrike mense aan wie niemand hulle steur nie, gekies om die beterweterige mense wat dink hulle is belangrik, skaam te maak. God se keuse het geval op mense op wie almal trap omdat hulle sosiaal nie vir daardie mense iets kan beteken nie. Mense wat dink hulle is die room van die samelewing sal skaam en verleë voor hierdie arme onbelangrike mense moet kom staan.27 God het die maatstawwe van die wêreld totaal omgekeer. Wat volgens mense swak is, het God besluit om sterk te maak.28 Dinge waaraan mense hulle nie steur nie en wat hulle dink nutteloos is, gebruik God om sy doel te bereik. So word dinge wat mense weer dink iets werd is, nutteloos wanneer dit by God se planne kom.29 Geen mens kan dus voor God gaan staan en spog dat hy iets met die reddingsplanne van God te doen het en daarvoor geprys moet word nie.30 God en God alleen het dit vir julle moontlik gemaak om Christus Jesus te leer ken. Jesus is die Een deur wie ons kan sien watter slim planne God gemaak het: deur Hom word ons saak met God reggemaak, word ons mense wat geheel en al net vir God leef. Ja, Hy is die Een deur wie God ons sy vriende maak.31 Daar staan mos geskryf:
"As iemand wil spog, laat hom spog oor wat die Here gedoen het."
1 Corinthians 1
Salutation
1 From Paul,t called to be an apostle of Christ Jesuss by the will of God, and Sosthenes, our brother,2 to the church of God that is in Corinth,s to those who are sanctified in Christ Jesus, and called to be saints, with all those in every place who call on the name of our Lord Jesus Christ, their Lord and ours.t
3 Grace and peace to yout from God our Father and the Lord Jesus Christ!
Thanksgiving
4 I always thank my God for you because of the grace of God that was given to you in Christ Jesus.5 For you were made richs in every way in him, in all your speech and in every kind of knowledges –6 just as the testimony about Christ has been confirmed among you –7 so that you do not lack any spiritual gift as you wait for the revelations of our Lord Jesus Christ.8 Het will also strengthen you to the end, so that you will be blameless on the day of our Lord Jesus Christ.
9 God is faithful, by whom you were called into fellowship with his son, Jesus Christ our Lord.
Divisions in the Church
10 I urge you, brothers and sisters,t by the name of our Lord Jesus Christ, to agree together,t to end your divisions,t and to be united by the same mind and purpose.t11 For members of Chloe’s household have made it clear to me, my brothers and sisters,t that there are quarrelst among you.12 Now I mean this, thatt each of you is saying, “I am with Paul,” or “I am with Apollos,” or “I am with Cephas,” or “I am with Christ.”13 Is Christ divided? Paul wasn’t crucified for you, was he?t Or were you in fact baptized in the name of Paul?t14 I thank Gods that I did not baptize any of you except Crispus and Gaius,15 so that no one can say that you were baptized in my name!16 (I also baptized the household of Stephanus. Otherwise, I do not remember whether I baptized anyone else.)
17 For Christ did not send me to baptize, but to preach the gospel – and not with clever speech, so that the cross of Christ would not become useless.t
The Message of the Cross
18 For the message about the cross is foolishness to those who are perishing, but to us who are being saved it is the power of God.19 For it is written, “I will destroy the wisdom of the wise, and I will thwart the cleverness of the intelligent.”s20 Where is the wise man? Where is the expert in the Mosaic law?t Where is the debater of this age? Has God not made the wisdom of the world foolish?21 For since in the wisdom of God the world by its wisdom did not know God, God was pleased to save those who believe by the foolishness of preaching.22 For Jews demand miraculous signs and Greeks ask for wisdom,23 but we preach about a crucified Christ,t a stumbling block to Jews and foolishness to Gentiles.24 But to those who are called, both Jews and Greeks, Christ is the power of God and the wisdom of God.
25 For the foolishness of God is wiser than human wisdom,t and the weakness of God is stronger than human strength.t
26 Think about the circumstances of your call,t brothers and sisters.t Not many were wise by human standards,t not many were powerful, not many were born to a privileged position.t27 But God chose what the world thinks foolish to shame the wise, and God chose what the world thinks weak to shame the strong.28 God choset what is low and despised in the world, what is regarded as nothing, to set aside what is regarded as something,29 so that no one can boast in his presence.30 He is the reason you have a relationship with Christ Jesus,t who became for us wisdom from God, and righteousness and sanctification and redemption,
31 so that, as it is written, “Let the one who boasts, boast in the Lord.”s