1 Korintiërs 10
Die gemeente moenie afgode dien nie
1 Vriende, ek wil hê dat julle goed moet verstaan wat lank gelede gebeur het. Ons tvoorouers, die Israeliete, twas almal onder die wolk en hulle het almal tdeur die see geloop. 2 Hulle is almal in Moses gedoop: Dit beteken Moses het hulle gelei en hulle het saam met hom onder die wolk en deur die see geloop. 3 En almal het dieselfde tkos geëet wat God vir hulle gegee het. 4 En hulle het almal dieselfde water gedrink wat God vir hulle gegee het. Hulle het gedrink van die twater wat uit die rots gevloei het. Dit was ’n rots wat God gegee het, en die rots het saam met die Israeliete gegaan. Die rots was Christus.
5 Maar God was nie tevrede met die meeste van die Israeliete nie, want Hy het hulle in die woestyn laat sterf.
6 Hierdie dinge het gebeur om vir ons te waarsku. Dit wys vir ons: Ons moenie soos die Israeliete slegte dinge wil hê nie.
7 Julle moenie tafgode dien nie. Party van die Israeliete het dit gedoen. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:
tDie volk het gaan sit om te eet
en te drink,
en hulle het opgestaan
en wild tfeesgevier.
8 Ons moenie tonsedelik lewe nie. Party van die Israeliete het onsedelik gelewe, en toe het daar op één dag 23 000 Israeliete gesterf. 9 Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik.
10 Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die tengel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.
11 Hierdie dinge het met die Israeliete gebeur sodat dit vir ons kan waarsku. Dit is geskryf sodat dit vir ons iets kan leer. Ons moet beter verstaan as die Israeliete, want ons lewe nou in die tyd nádat Christus gekom het. 12 Daarom, iemand wat dink dat hy nooit sonde sal doen nie, moet oppas dat hy nie begin om sonde te doen nie.
13 Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.
14 Daarom, liewe vriende, julle moet wegvlug van die afgode. 15 Ek weet julle is tverstandig. Julle moet self besluit of die dinge wat ek nou sê, reg is. 16 Wanneer ons by die nagmaal uit die beker drink, dan sê ons dankie dat die Here ons gered het en ons prys Hom. So is ons en Christus saam een, Christus wat sy bloed vir ons gegee het. En wanneer ons die brood eet, dan is ons en Christus saam een, Christus wat sy liggaam vir ons gegee het. 17 Daar is één brood. Dit is dieselfde met ons: Ons is baie mense, maar ons is almal saam één liggaam, want ons eet almal saam van die één brood. 18 Dit was dieselfde met die Israeliete in die tyd van die Ou Testament. Wanneer hulle van die toffer-vleis geëet het, dan het hulle vir God gedien, hulle het aan God behoort. 19 Ek sê nie dat die offer-vleis belangrik is of dat die afgode regtig iets beteken nie. 20 Maar ek sê dat wanneer die theidene toffer, dan dink hulle dat hulle vir ’n tgod offer, maar hulle offer vir tduiwels. En ek wil nie hê dat julle die duiwels moet dien en aan hulle moet behoort nie. 21 Julle kan nie uit die nagmaal-beker van die Here drink en ook uit die beker van duiwels nie. Julle kan nie by die nagmaal-tafel van die Here sit en ook by die tafel van duiwels nie.
22 As ons dit doen, dan is ons tontrou en ons maak die Here kwaad. En julle weet dat ons nie sterker is as Hy nie.Ons moet God prys met alles wat ons doen
23 Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie. 24 Ons moenie selfsugtig wees nie en ons moenie net doen wat vir óns goed is nie. Ons moet doen wat goed is vir ánder mense. 25 Julle mag enige vleis eet wat iemand in ’n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is toffer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet.
26 Want in die Ou Testament is geskryf:
tDie aarde en alles op die aarde
behoort aan die Here.
27 Wanneer tongelowiges julle uitnooi om by hulle te eet, en julle wil by hulle eet, dan moet julle alles eet wat hulle vir julle gee. Moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet. 28 Maar wanneer iemand vir julle sê: “Hierdie is offer-vleis,” dan moet julle dit nie eet nie, want dan weet julle dit is ’n probleem vir die persoon wat dit vir julle gesê het. 29 Jy dink dit is nie sonde nie, maar die ander persoon dink miskien dit is sonde. Nou vra jy miskien: “Ek mag enige iets eet, hoekom mag ek nie offer-vleis eet nie? Want ék dink nie ek doen sonde nie, dit is die ánder tgelowige wat dink dit is sonde.
30 Ek het vir die Here dankie gesê vir die kos wat ek eet. Hoekom sê iemand anders ek doen sonde wanneer ek kos eet waarvoor ek vir die Here dankie gesê het?”
31 Onthou, julle moet God prys met alles wat julle doen, ook wanneer julle eet of drink. 32 Julle moenie só lewe dat dit probleme gee vir Jode of Grieke of vir die mense van God se kerk nie. 33 Kyk wat doen ek: Ek probeer altyd om te vra wat vir ánder mense belangrik is. Ek doen nie net dinge wat goed is vir mý nie, ek doen dinge wat goed is vir baie mense, sodat God hulle kan red.
1 Corinthians 10
Warnings From Israel's History
1 Brothers and sisters, here is what I want you to know about our people who lived long ago. They were all led by the cloud. They all walked through the Red Sea.2 They were all baptized into Moses in the cloud and in the sea.3 They all ate the same supernatural food.4 They all drank the same supernatural water. They drank from the supernatural rock that went with them. That rock was Christ.
5 But God was not pleased with most of them. Their bodies were scattered all over the desert.
6 Now those things happened as examples for us. They are supposed to keep us from longing for evil things, as the people of Israel did.
7 So don't worship statues of gods, as some of them did. It is written, "The people sat down to eat and drink. Then they got up to dance wildly in front of their god." (Exodus 32:6)8 We should not commit sexual sins, as some of them did. In one day 23,000 of them died.9 We should not put the Lord to the test, as some of them did. They were killed by snakes.10 Don't tell your leaders how unhappy you are with them. That's what some of the people of Israel did. And they were killed by the destroying angel.
11 Those things happened to them as examples for us. They were written down to warn us who are living at the time when God's work is being completed.12 So be careful. When you think you are standing firm, you might fall.
13 You are tempted in the same way all other human beings are. God is faithful. He will not let you be tempted any more than you can take. But when you are tempted, God will give you a way out so that you can stand up under it.
Sharing in the Body and Blood of Christ
14 My dear friends, run away from statues of gods. Don't worship them.15 I'm talking to people who are reasonable. Judge for yourselves what I say.
16 When we give thanks for the cup at the Lord's Supper, aren't we sharing in the blood of Christ? When we break the bread, aren't we sharing in the body of Christ?17 Just as there is one loaf, so we who are many are one body. We all eat from the one loaf.
18 Think about the people of Israel. Don't those who eat the offerings share in the altar?19 Do I mean that what is offered to a statue of a god is anything? Do I mean that a statue of a god is anything?20 No! But what is offered by those who worship statues of gods is really offered to demons. It is not offered to God. I don't want you to be sharing with demons.
21 You can't drink the cup of the Lord and the cup of demons too. You can't have a part in both the Lord's table and the table of demons.22 Are we trying to make the Lord jealous? Are we stronger than he is?
The Believer's Freedom
23 You say, "Everything is permitted." But not everything is good for us. Again you say, "Everything is permitted." But not everything builds us up.24 We should not look out for our own interests. Instead, we should look out for the interests of others.
25 Eat anything that is sold in the meat market. Don't ask if it's right or wrong.26 Scripture says, "The earth belongs to the Lord. And so does everything in it." (Psalm 24:1)
27 Suppose an unbeliever invites you to a meal and you want to go. Then eat anything that is put in front of you. Don't ask if it's right or wrong.
28 But suppose someone says to you, "This food has been offered to a statue of a god." Then don't eat it. Keep in mind the good of the one who told you. And don't eat because of a sense of what is right and wrong.29 I'm talking about the other person's sense of what is right and wrong, not yours.
Why should my freedom be judged by what someone else thinks?30 Suppose I give thanks when I eat. Then why should I be blamed for eating food I thank God for?
31 So eat and drink and do everything else for the glory of God.32 Don't do anything that causes another person to trip and fall. It doesn't matter if that person is a Jew or a Greek or a member of God's church.
33 Follow my example. I try to please everyone in every way. I'm not looking out for what is good for me. I'm looking out for the interests of others. I do it so that they might be saved.