1 Korintiërs 10
1 Liewe vriende, kyk weer na wat in ons geskiedenis gebeur het en leer daaruit. Toe ons voorouers deur die woestyn getrek het, was hulle heeltyd onder 'n wolk. Hulle het ook deur die water van die see gegaan. Hulle het dus gedurig water om hulle gehad.2 'n Mens sou dus kon sê dat hulle as Moses se volgelinge gedoop is deur die water van die wolk en die see.3 Net so het hulle almal van die kos geëet wat God spesiaal vir hulle gegee het en4 van die water gedrink wat God vir hulle uit die rots laat kom het. Eintlik sou 'n mens kon sê dat hulle 'n geestelike rots gehad het wat saam met hulle gegaan het en dat Christus die rots is.5 Al is hulle "gedoop" en al het hulle die geestelike kos geëet, was God nie tevrede met die manier waarop die meeste van hulle geleef het nie. Daarom is hulle in die woestyn dood sonder om in die Beloofde Land in te gaan.
6 Laat dit wat met hulle gebeur het vir ons 'n voorbeeld en waarskuwing wees. Dieselfde gaan met ons gebeur as ons ook heeltyd net in die verkeerde dinge belangstel soos party van hulle.7 Los die afgode uit. Die verhaal is mos neergeskryf: "Die volk het lekker gesit en feesvier, maar toe het hulle sulke vieslike dinge begin doen wat op geen manier by 'n kind van God pas nie."8 Ons moet oppas om ons nie so sleg te gedra soos party van hulle by daardie fees gedoen het nie. Kyk wat het met hulle gebeur: God het 23 000 van hulle op een dag laat doodgaan.9 Ons moet nie kyk hoe ver ons Christus kan tart voordat Hy sy geduld met ons verloor nie, soos sekere van ons voorouers gedoen het. Ons weet wat het toe met hulle gebeur: hulle is deur slange doodgebyt.10 Moet ook nie waag om te sê dat God 'n fout gemaak het nie, soos party van hulle gedoen het. God het die engel wat net verwoesting agterlaat na hulle toe gestuur, en nou is hulle dood.
11 God het hulle 'n voorbeeld vir ons gemaak. Ons kan dus nie sê dat ons nie gewaarsku is nie. Dit staan lewensgroot in die Skrif geskryf vir ons wat in die tyd leef net voor die Here weer kom. In dié tyd sal dit nie met die Christene net goed gaan nie.12 Wees daarom geestelik wakker. As jy gerus begin word en dink dat niks jou geestelik van stryk kan bring nie, val jy miskien juis in die kloue van versoekings en sonde. Nou praat ek nie van buitengewone versoekings nie.13 Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom.
God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.
14 Daarom, my liewe broers en susters, moet julle niks te doen hê met alles wat mense in die plek van die ware God aanbid nie.15 Julle is mos slim genoeg om self te besluit of wat ek sê waar is of nie.16 By die maaltyd van die Here sê ons mos altyd vir die Here baie dankie vir die beker. Is die beker waarvoor ons so dankie sê, nie juis vir ons 'n bewys dat die bloed van Jesus ook vir ons bedoel is nie? En as ons die brood eet, is dit nie 'n bewys van wat Jesus se liggaam alles vir ons beteken nie? Ons elkeen kry 'n klein stukkie van die een groot stuk brood.17 So deel baie mense een brood. Daarom vorm ons as gemeentelede 'n hegte eenheid as ons saam die nagmaalsbrood eet, al is ons baie verskillende mense.
18 Kom ons gaan steek weer kers op by wat onder die Joodse volk gebeur. Mense wat ywerig alles doen wat hulle godsdiens van hulle vra, wil eintlik daarmee sê dat hulle die god van daardie godsdiens erken en dien, nie waar nie?19 Daarmee wil ek nie sê dat al die godsdienstige dinge wat mense vir 'n afgod doen nou skielik daardie afgod lewendig maak nie.20 Wat wel gebeur, is dat daardie mense eintlik alles vir duiwels doen, want hulle doen dit beslis nie vir God nie. En ek wil seker maak dat julle nie duiwels in plaas van God dien nie.21 'n Mens kan nie aan die een kant die nagmaalsbeker drink en dan omdraai en by 'n afgodstempel instap en daar drink en doen soos jy wil nie. Net so min kan jy in die oggend saam met die Here aan sy nagmaalstafel sit en dan die middag saam met die demone gaan feesvier.22 Wat dink julle doen julle as julle met sulke dinge besig is? Dink julle miskien dat julle die Here jaloers kan maak of dat julle sterker is as Hy?
23 As 'n mens byvoorbeeld vleis kry wat aan afgode geoffer is, sou die gelowige kon redeneer: "Ek mag alles doen." Maar dan moet hy die tweede deel van hierdie sin onthou: "Nie alles is goed om te doen nie."24 Dié wat so spog dat hulle alles mag doen, moet onthou dat dit wat 'n mens doen, vir ander mense ook iets moet beteken. Jy moet nie net altyd aan jouself dink nie.
25 Jy hoef nie 'n "afgodstoets" te doen op kos wat jy koop nie. Jou gewete hoef jou ook nie te pla as jy dit nie gedoen het nie.26 Want onthou, "die hele aarde met elke ding daarop, klein of groot, is die Here s'n". En dit bly so, al word die vleis kamma vir 'n afgod geoffer.
27 As 'n nie-Christen jou uitnooi om by hom te kom eet en jy wil dit graag doen, eet wat hy jou gee om te eet. Moenie allerhande spoke opjaag deur te begin wonder of die kos dalk op die een of ander manier met afgode te doen het nie. Jou gewete hoef jou glad nie te pla nie.28 As die nie-Christen egter doelbewus vir jou sê dat daardie kos van sy afgode af kom, moet jy nie jou mond daaraan sit nie. As jy dit eet, sal dit die nie-Christen onder die indruk bring dat jy nie omgee om sy afgod te dien nie; dit sal dan sy gewete ry.
29 Nou kan 'n mens natuurlik vra waarom 'n ander man se gewete vir my moet voorskryf wat ek mag doen en wat ek nie mag doen nie.30 As ek vir God dankie sê vir die kos en lekker eet, hoe kan iemand dan sê dat dit verkeerd is om die kos te eet? Deur daarvoor dankie te sê erken ek mos dat dit van God af kom.
31 Laat ek dit so stel: alles wat julle doen, of julle nou iets eet of drink, moet julle doen sodat mense kan raaksien hoe belangrik God is.32 Daarom mag julle niks doen wat ander mense seermaak of skade aandoen nie.
Dit maak nie saak wie dit is nie - of hy 'n Christen is of nie en of jy van hom hou of nie.33 Dit is presies wat ek doen. Ek dink nie net aan myself nie, maar probeer om goed te wees vir ander mense. Ek doen nie goed wat hulle irriteer of afsit nie, sodat hulle ook deur my optrede die Here kan leer ken.
1 Corinthians 10
Learning from Israel’s Failures
1 For I do not want you to be unaware,t brothers and sisters,t that our fathers were all under the cloud and all passed through the sea,2 and all were baptizeds into Moses in the cloud and in the sea,3 and all ate the same spiritual food,4 and all drank the same spiritual drink. For they were all drinking from the spiritual rock that followed them, and the rock was Christ.5 But God was not pleased with most of them, for they were cut down in the wilderness.6 These things happened as examples for us, so that we will not crave evil things as they did.7 So do not be idolaters, as some of them were. As it is written, “The people sat down to eat and drink and rose up to play.”ts8 And let us not be immoral, as some of them were, and twenty-three thousand died in a single day.s9 And let us not put Christss to the test, as some of them did, and were destroyed by snakes.s10 And do not complain, as some of them did, and were killed by the destroying angel.ts11 These things happened to them as examples and were written for our instruction, on whom the ends of the ages have come.12 So let the one who thinks he is standing be careful that he does not fall.
13 No trial has overtaken you that is not faced by others.t And God is faithful: Het will not let you be tried beyond what you are able to bear,t but with the trial will also provide a way out so that you may be able to endure it.
Avoid Idol Feasts
14 So then, my dear friends, flee from idolatry.15 I am speaking to thoughtful people. Consider what I say.16 Is not the cup of blessing that we bless a sharing in the blood of Christ? Is not the bread that we break a sharing in the body of Christ?17 Because there is one bread, we who are many are one body, for we all share the one bread.18 Look at the people of Israel.t Are not those who eat the sacrifices partners in the altar?19 Am I saying that idols or food sacrificed to them amount to anything?20 No, I mean that what the pagans sacrificet is to demons and not to God. I do not want you to be partners with demons.21 You cannot drink the cup of the Lord and the cup of demons. You cannot take part in the table of the Lord and the table of demons.
22 Or are we trying to provoke the Lord to jealousy? Are we really stronger than he is?t
23 “Everything is lawful,” but not everything is beneficial. “Everything is lawful,”s but not everything builds others up.t24 Do not seek your own good, but the good of the other person.25 Eat anything that is sold in the marketplace without questions of conscience,26 for the earth and its abundance are the Lord’s.s27 If an unbeliever invites you to dinner and you want to go, eat whatever is served without asking questions of conscience.28 But if someone says to you, “This is from a sacrifice,” do not eat, because of the one who told you and because of consciences –29 I do not mean yours but the other person’s. For why is my freedom being judged by another’s conscience?30 If I partake with thankfulness, why am I blamed for the foodt that I give thanks for?31 So whether you eat or drink, or whatever you do, do everything for the glory of God.32 Do not give offense to Jews or Greeks or to the church of God,33 just as I also try to please everyone in all things. I do not seek my own benefit, but the benefitt of many, so that they may be saved.