previous next

1 KORINTIËRS 10

Paulus waarsku die gemeente teen afgodsdiens

1 Broers en susters, ek wil hê julle moet goed verstaan wat destyds met ons voorouers in die woestyn gebeur het. God het hulle almal gelei deur middel van 'n wolk wat vooruit gegaan het. Hulle het almal veilig deur die see getrek.2 As volgelinge van Moses is hulle almal in die wolk en die see gedoop.3 En hulle het almal van dieselfde geestelike voedsel geëet4 en almal van dieselfde wonderwater gedrink. Want hulle het uit die wonderrots gedrink wat hulle vergesel het; en daardie rots was Christus.

5 En tog was God met die meeste van hulle ontevrede en het Hy hulle in die woestyn laat omkom.
6 Hierdie gebeurtenisse moet vir ons tot waarskuwing dien sodat ons nie na verkeerde dinge hunker soos hulle gedoen het nie.7 Ons moet nie afgode dien soos party van hulle nie. Die Skrif sê: "Die volk het gaan sit om fees te vier en opgestaan om voor die afgod danse uit te voer."8 Ons moet ons ook nie aan onsedelike dade skuldig maak soos party van hulle nie. Die gevolg was dat 23 000 van hulle op een dag gesterf het.9 Ook moet ons Christus nie uittart soos sommige van hulle gedoen het en toe deur slangbyte omgekom het nie.10 En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak.

11 Al hierdie dinge het met hulle gebeur as 'n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku - ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef.
12 Daarom - as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot 'n val kom nie.

13 Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir 'n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.
14 Daarom, my geliefdes, vlug weg van die afgodsdiens.15 Ek weet ek praat met verstandige mense. Oordeel self oor wat ek nou gaan sê.16 Wanneer ons aan die tafel van die Here die seën oor die beker uitspreek, kry ons mos aandeel aan Christus se bloed. En as ons die brood breek, kry ons mos aandeel aan Christus se liggaam.17 Omdat ons almal aandeel aan een en dieselfde brood kry, maak ons almal saam, al is ons baie mense, een liggaam uit.

18 En dink aan die volk Israel. Almal wat van die offers eet, word daardeur tot 'n eenheid verenig.
19 Wat probeer ek sê? Bedoel ek dat afgodsoffers iets belangriks is of dat die afgode werklik bestaan?20 Hoegenaamd nie. Wat ek egter wel sê, is dat daardie offers in werklikheid aan duiwels gebring word en nie aan 'n godheid nie. En ek wil nie hê enigeen van julle moet met die duiwels gemeenskap hê nie.21 Julle kan tog nie die beker van die Here drink en ook nog die beker van die duiwels nie! Julle kan nie aan die tafel van die Here deel hê en ook nog aan die tafel van die duiwels nie!

22 Wil julle werklik die Here uittart? Ons is tog nie magtiger as Hy nie!
23 Julle sê: "Alles is ons geoorloof." Ja, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is inderdaad geoorloof, maar nie alles is opbouend vir almal nie.

24 Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is.
25 Handel dan soos volg. Eet alles wat in die slaghuis verkoop word. Moenie vra of daarvan aan die afgode geoffer was of nie sodat julle gewete nie belas word nie.

26 Want "die aarde en al sy volheid behoort aan die Here".
27 As 'n ongelowige julle vir 'n ete nooi en julle besluit om te gaan, eet dan alles wat aan julle voorgesit word sonder om enige vrae daaroor te vra. Moet dit dan nie vir julle gewete moeilik maak nie.28 Maar veronderstel iemand sê vir julle dat die vleis vir 'n afgod geoffer was, moet dit dan nie eet nie uit bedagsaamheid teenoor die een wat dit vir julle vertel het en ter wille van die gewete -

29 ek bedoel nie julle eie gewete nie, maar die ander persoon s'n.
Moet my vryheid dan ingeperk word deur iemand anders se gewetensbesware?
30 As ek God kan dank vir die kos en dit geniet, is dit dan reg dat ek daarvoor veroordeel word?31 Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.32 Moenie die Jode aanstoot gee nie, ook nie vir die Grieke of vir die gemeente van God nie. Dit is ook my beleid.

33 Ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie voordeel nie, maar dié van baie ander met die oog op hulle verlossing.

1 CORINTHIANS 10

Don't Worship Idols

1  t Friends, I want to remind you that all our ancestors walked under the cloud and went through the sea. 2 This was like being baptized and becoming followers of Moses. 3 t All of them also ate the same spiritual food 4 t and drank the same spiritual drink, which flowed from the spiritual rock that followed them. That rock was Christ.

5 t But most of them did not please God. So they died, and their bodies were scattered all over the desert.
6 What happened to them is a warning to keep us from wanting to do the same evil things. 7 t They worshiped idols, just as the Scriptures say, “The people sat down to eat and drink. Then they got up to dance around.” So don't worship idols. 8 t Some of those people did shameful things, and in a single day about 23,000 died. Don't do shameful things as they did. 9 t And don't try to test Christ, t as some of them did and were later bitten by poisonous snakes. 10 t Don't even grumble, as some of them did and were killed by the destroying angel.

11 These things happened to them as a warning to us. All this was written in the Scriptures to teach us who live in these last days.
12 Even if you think you can stand up to temptation, be careful not to fall.

13 t You are tempted in the same way that everyone else is tempted. But God can be trusted not to let you be tempted too much, and he will show you how to escape from your temptations.
14 My friends, you must keep away from idols. 15 I am speaking to you as people who have enough sense to know what I am talking about. 16 t When we drink from the cup we ask God to bless, isn't that sharing in the blood of Christ? When we eat the bread we break, isn't that sharing in the body of Christ?

17 By sharing in the same loaf of bread, we become one body, even though there are many of us.
18  t t Aren't the people of Israel sharing in the worship when they gather around the altar and eat the sacrifices offered there? 19 Am I saying that either the idols or the food sacrificed to them is anything at all? 20 t No, I am not! This food is really sacrificed to demons and not to God. I don't want you to have anything to do with demons. 21 You cannot drink from the cup of demons and still drink from the Lord's cup. You cannot eat at the table of demons and still eat at the Lord's table.

22 t We would make the Lord jealous if we did this. And we are not stronger than the Lord.

Always Honor God


23  t Some of you say, “We can do whatever we want to!” But I tell you not everything may be good or helpful. 24 We should think about others and not about ourselves. 25 However, when you buy meat in the market, go ahead and eat it. Keep your conscience clear by not asking where the meat came from.

26 t The Scriptures say, “The earth and everything in it belong to the Lord.”
27 If an unbeliever invites you to dinner, and you want to go, then go. Eat whatever you are served. Don't cause a problem for someone's conscience by asking where the food came from. 28-29 But if you are told it has been sacrificed to idols, don't cause a problem by eating it. I don't mean a problem for yourself, but for the one who told you. Why should my freedom be limited by someone else's conscience?

30 If I give thanks for what I eat, why should anyone accuse me of doing wrong?
31 When you eat or drink or do anything else, always do it to honor God. 32 Don't cause problems for Jews or Greeks or anyone else who belongs to God's church. 33 I always try to please others instead of myself, in the hope that many of them will be saved.