1 Korintiërs 12
Die Heilige Gees gee verskillende genadegawes
1 My vriende, ek wil hê julle moet baie goed verstaan wat die Heilige Gees vir ons gegee het. 2 Julle weet dit: Toe julle theidene was, het julle geglo in tafgode wat nie kan praat nie. Julle het gedink die afgode kan julle help.
3 Daarom sê ek nou vir julle: As die Gees van God in iemand se hart is, dan sal hy nie sê: “Jesus is tvervloek” nie. En wanneer iemand sê: “Jesus is die Here,” dan sê hy dit net omdat die Heilige Gees in sy hart is.
4 Daar is verskillende tgenadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee. 5 En daar is verskillende maniere om die Here te dien in die gemeente, maar dit is dieselfde Here wat sê hoe ons dit moet doen.
6 En daar is verskillende twonderwerke, maar dit is dieselfde God wat mense help om al hierdie dinge te kan doen.
7 Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente. 8 Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê. 9 Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om sterk in God te glo. Dieselfde Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om mense gesond te maak. 10 Die Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om wonderwerke te doen. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om die boodskap van God te bring. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om te sê of ’n boodskap van God kom of van tbose geeste. Hy gee vir ’n ander persoon die genadegawe om tin tale te praat. Die Gees gee vir ’n ander persoon die genadegawe om te tolk wanneer iemand in tale praat.
11 Dit is dieselfde Gees wat hierdie verskillende genadegawes vir mense gee. Hy gee vir elke tgelowige sy eie genadegawe. En Hy besluit self watter genadegawe Hy vir elkeen wil gee.Die kerk is soos een liggaam wat baie dele het
12 ’n Mens het een liggaam, maar die liggaam het baie dele. Ja, daar is baie dele, maar die baie dele is saam één liggaam. Christus is ook so. 13 Toe ons gedoop is, het die Heilige Gees vir ons almal saam een liggaam gemaak. Ons is Jode, Grieke, tslawe en vry mense, maar dieselfde Gees het in ons almal gekom. 14 ’n Mens se liggaam het nie net een deel nie, dit het baie dele. 15 Die voet sê miskien: “Ek is nie ’n deel van die liggaam nie, want ek is nie die hand nie,” maar dan is die voet nog altyd ’n deel van die liggaam. 16 Die oor sê miskien: “Ek is nie ’n deel van die liggaam nie, want ek is nie die oog nie,” maar dan is die oor nog altyd ’n deel van die liggaam. 17 As die hele liggaam ’n oog was, dink julle die liggaam sou dan kon hoor? As die hele liggaam ’n oor was, dink julle die liggaam sou dan kon ruik? Nee. 18 Maar nou het God vir die liggaam verskillende dele gegee. Hy het elke deel gegee soos Hy wou. 19 As die hele liggaam net een deel was, dan was daar nie ’n liggaam nie. 20 Nou is daar baie dele, maar daar is net een liggaam. 21 Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan ook nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” 22 Nee, party dele van die liggaam lyk miskien vir ons swakker as ander dele, maar die liggaam het hulle baie nodig. 23 Ons wil nie hê dat mense party dele van die liggaam sien nie, ons is skaam daarvoor, daarom maak ons dit toe met mooi klere. 24 Maar daar is dele waarvoor ons nie skaam is nie, ons maak dit nie toe met mooi klere nie. Daar is dele van die liggaam wat vir ons minder belangrik lyk, maar God het die liggaam so gemaak dat daardie dele belangriker is. 25 En daarom baklei die liggaam nie met homself nie, want die dele sorg vir mekaar. 26 Wanneer een deel swaarkry, dan kry al die dele saam swaar. En wanneer die mense een deel prys, dan is al die dele saam bly. 27 Julle is almal saam die liggaam van Christus, en julle is ook elkeen ’n deel van hierdie liggaam. 28 God gee vir elkeen sy plek in die gemeente. Eerste is daar die tapostels, tweede is daar die tprofete, derde is daar die mense wat vir ander mense leer, dan die mense wat twonderwerke doen, dan die mense wat die tgenadegawes het om mense gesond te maak, die mense wat vir ander mense help, die mense wat leiers in die gemeente kan wees, en die mense wat tin tale praat. 29 Almal is nie apostels nie. Almal is nie profete nie. Almal kan nie vir ander mense leer nie. Almal kan nie wonderwerke doen nie. 30 Almal het nie die genadegawe om ander mense gesond te maak nie. Almal praat nie in tale nie. Almal kan nie tolk wat die mense sê wat in tale praat nie. 31 Maar julle moet bid en hard werk om daardie genadegawes te kry wat vir die gemeente die meeste kan help. En dan wys ek vir julle wat die beste ding is om te doen, die beste pad.
1 Corinthians 12
Gifts of the Holy Spirit
1 Brothers and sisters, I want you to know about the gifts of the Holy Spirit.
2 You know that at one time you were unbelievers. You were somehow drawn away to worship statues of gods that couldn't even speak.3 So I tell you that no one who is speaking with the help of God's Spirit says, "May Jesus be cursed." And without the help of the Holy Spirit no one can say, "Jesus is Lord."
4 There are different kinds of gifts. But they are all given by the same Spirit.5 There are different ways to serve. But they all come from the same Lord.6 There are different ways to work. But the same God makes it possible for all of us to have all those different things.
7 The Holy Spirit is given to each of us in a special way. That is for the good of all.8 To some people the Spirit gives the message of wisdom. To others the same Spirit gives the message of knowledge.9 To others the same Spirit gives faith. To others that one Spirit gives gifts of healing.10 To others he gives the power to do miracles. To others he gives the ability to prophesy. To others he gives the ability to tell the spirits apart. To others he gives the ability to speak in different kinds of languages they had not known before. And to still others he gives the ability to explain what was said in those languages.
11 All of the gifts are produced by one and the same Spirit. He gives them to each person, just as he decides.
One Body but Many Parts
12 There is one body. But it has many parts. Even though it has many parts, they make up one body. It is the same with Christ.13 We were all baptized by one Holy Spirit into one body. It didn't matter whether we were Jews or Greeks, slaves or free people. We were all given the same Spirit to drink.
14 The body is not made up of just one part. It has many parts.15 Suppose the foot says, "I am not a hand. So I don't belong to the body." It is still part of the body.16 And suppose the ear says, "I am not an eye. So I don't belong to the body." It is still part of the body.
17 If the whole body were an eye, how could it hear? If the whole body were an ear, how could it smell?18 God has placed each part in the body just as he wanted it to be.19 If all the parts were the same, how could there be a body?20 As it is, there are many parts. But there is only one body.
21 The eye can't say to the hand, "I don't need you!" The head can't say to the feet, "I don't need you!"22 In fact, it is just the opposite. The parts of the body that seem to be weaker are the ones we can't do without.23 The parts that we think are less important we treat with special honor. The private parts aren't shown. But they are treated with special care.24 The parts that can be shown don't need special care.
But God has joined together all the parts of the body. And he has given more honor to the parts that didn't have any.25 In that way, the parts of the body will not take sides. All of them will take care of each other.26 If one part suffers, every part suffers with it. If one part is honored, every part shares in its joy.
27 You are the body of Christ. Each one of you is a part of it.28 First, God has appointed apostles in the church. Second, he has appointed prophets. Third, he has appointed teachers. Then he has appointed people who do miracles and those who have gifts of healing. He also appointed those able to help others, those able to direct things, and those who can speak in different kinds of languages they had not known before.
29 Is everyone an apostle? Is everyone a prophet? Is everyone a teacher? Do all work miracles?30 Do all have gifts of healing? Do all speak in languages they had not known before? Do all explain what is said in those languages?31 But above all, you should want the more important gifts.
And now I will show you the best way of all.