1 Korintiërs 12
1 My liewe vriende, nou wil ek met julle praat oor die verskillende maniere waarop die Gees in ons werk. Dit is vir my baie belangrik dat julle dit mooi verstaan.2 Julle onthou mos nog wat met julle gebeur het toe julle die Here nog nie geken het nie. Die afgode het die een of ander mag oor julle gehad wat julle na hulle toe getrek het. En dit is dooie beelde wat nie eens kan praat nie.3 As julle nie seker is of iemand regtig onder die invloed van die Heilige Gees praat nie, wil ek julle 'n goeie toets daarvoor gee. Iemand wat deur die Gees praat, sal nie sê: "Vervloek is Jesus" nie. As iemand egter sê: "Jesus is die Here," is dit die Heilige Gees wat hom dit laat sê.
4 Daar is natuurlik baie verskillende gawes wat ons as Christene kan kry, maar dit beteken nie dat daar 'n gees vir elke gawe is nie.5 Al hierdie gawes kom van een en dieselfde Gees. Daar is ook baie dinge wat aan Christene gegee word om spesiaal te doen, maar dieselfde Here staan agter al hierdie verskillende dinge.6 Daar gebeur ook baie spesiale dinge met ons as Christene. Dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in ons doen.
7 Die Gees werk in elkeen van ons op 'n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld:8 Party mense kan vir 'n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. Ander kan weer goeie onderwysers vir die Here wees.9 Dan is daar mense wat in moeilike omstandighede, as ander begin twyfel, steeds eenvoudig blindelings op die Here kan vertrou. Daar is ook sommige deur wie die Gees mense gesond kan maak.10 Dan is daar nog mense wat dinge kan doen wat gewone mense glad nie kan doen nie. Die Gees sorg ook vir mense wat die boodskap van God duidelik en goed kan verkondig. Dan is daar ook mense wat weet wanneer die Gees van God deur iemand werk en praat en wanneer dit 'n valse gees is. Vir sommige gee die Gees die vermoë om 'n "spesiale taal" te praat terwyl ander die vermoë kry om te verduidelik wat daar met die "spesiale taal" gesê word.
11 Al hierdie dinge kom van een en dieselfde Gees. Hy besluit aan wie Hy wat wil gee en gee dit dan aan daardie persoon.
12 'n Mens kan Christus vergelyk met 'n menslike liggaam. Daar is net een liggaam, maar die een liggaam het baie dele. Al is daar hoeveel dele, dit bly maar net een liggaam.13 Met die doop het die Gees ons almal so aan mekaar vasgebind, soos 'n liggaam. Dit maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom of hoe belangrik mense dink ons is nie, dieselfde Gees werk in ons almal.
14 Soos ek reeds gesê het, het 'n liggaam nie net een liggaamsdeel nie, maar baie.15 Sê nou die voet kla: "Ek is nie die hand nie. Daarom voel ek nie deel van die liggaam nie," beteken dit nou dat hy skielik nie meer deel van die liggaam is nie? Nee. Hy bly deel van die liggaam.16 Net so min hou die oor op om deel van die liggaam te wees net omdat dit nie die oog is nie.17 Net om te sê: "Ek is nie die oog nie, nou voel ek nie meer deel van die liggaam nie," verander niks daaraan dat dit deel van die liggaam is nie. As alles nou net oog was, waarmee sou ons dan gehoor het? As die hele liggaam net een groot oor was, waarmee sou ons geruik het?18 Nee, God het elkeen van die dele van die liggaam 'n spesiale plek in die liggaam gegee, net soos Hy dit beplan het.19 As die hele liggaam net uit een orgaan bestaan het, hoe sou die liggaam dan nie gelyk het nie!20 Natuurlik is dit nie so nie, daar is baie dele wat saam die een liggaam uitmaak.
21 Dink julle die oog kan ooit vir die hand sê: "Ek het jou nie nodig nie," of dat die kop dit vir die voete kan toesnou?22 Om die waarheid te sê, daar is dele van die liggaam waaraan 'n mens nie eens baie dink nie, maar waarsonder die liggaam glad nie kan klaarkom nie.23 Daar is ander dele van die liggaam wat ons nie wil hê mense moet sien nie. Daarom trek ons klere aan. So wys ons byvoorbeeld dat ons spesiaal vir hierdie liggaamsdele omgee.24 Aan ander dele van die liggaam waaroor ons nie skaam voel nie, gee ons ook nie so baie aandag nie. God het die liggaam juis so aanmekaargesit. Hy sorg daarvoor dat die dele wat dit nodig het, juis met meer respek behandel word.25 Daarom kan liggaamsdele nie onder mekaar "stry" nie. Hulle moet eerder respek hê vir mekaar en vir mekaar omgee.26 As een deel van die liggaam seerkry, voel die hele liggaam die pyn, en as een deel van die liggaam geprys word, voel die hele liggaam bly.
27 Kom ons kyk wat ons hieruit oor julle as gemeente kan leer. Julle as Christene is saam die liggaam van Christus. Elkeen van julle is 'n lid van hierdie liggaam.28 Een lid van die gemeente is iemand vir wie die Here spesiaal gestuur het om sy boodskap te preek; 'n ander een moet in die gemeente self vertel wat die Here van die gemeente wil hê; dan is daar gemeentelede wat die ander moet touwys maak oor alles wat die Here ons geleer het; dan is daar mense wat spesiale kragtige dinge doen en ander vir wie die Here die krag gee om mense gesond te maak. Die Here het ook gesorg dat daar mense in die gemeente is wat ander kan help as hulle hulp nodig het. Party het weer die vermoë om te sorg dat die gemeentebedrywighede vlot verloop. Dan is daar ook mense in die gemeente wat "spesiale tale" praat. In die gemeente kan almal mos nie presies dieselfde ding doen nie.29 Almal kan mos nie preek of die ander gemeentelede leer nie. Wie is dan oor om te luister?30 Die hele gemeente kan mos nie net uit 'n klomp mense bestaan wat net kragtige dinge kan doen en mense gesond kan maak nie. Net so kan almal nie in "spesiale tale" praat of verduidelik wat met die "tale" gesê word nie. Wie gaan dan al die ander dinge doen wat in en deur die gemeente gedoen moet word? Daarom het verskillende lede van die gemeente verskillende dinge van die Here ontvang om te doen.31 Doen moeite met die gawes wat vir jou situasie die beste is. Maar nou wil ek vir julle van iets vertel wat vir elkeen van julle altyd die beste is.
1 Corinthians 12
Spiritual Gifts
1 With regard to spiritual gifts,t brothers and sisters,t I do not want you to be uninformed.t2 You know that when you were pagans you were often led astray by speechless idols, however you were led.
3 So I want you to understand that no one speaking by the Spirit of God says, “Jesus is cursed,” and no one can say, “Jesus is Lord,” except by the Holy Spirit.
4 Now there are different gifts, but the same Spirit.5 And there are different ministries, but the same Lord.6 And there are different results, but the same God who produces all of them in everyone.7 To each person the manifestation of the Spirit is given for the benefit of all.8 For one person is given through the Spirit the message of wisdom, and another the message of knowledge according to the same Spirit,9 to another faith by the same Spirit, and to another gifts of healing by the one Spirit,10 to another performance of miracles, to another prophecy, and to another discernment of spirits, to another different kinds of tongues, and to another the interpretation of tongues.
11 It is one and the same Spirit, distributing as he decides to each person, who produces all these things.
Different Members in One Body
12 For just as the body is one and yet has many members, and all the members of the body – though many – are one body, so too is Christ.13 For in one Spirit we were all baptized into one body. Whether Jews or Greeks or slavest or free, we were all made to drink of the one Spirit.14 For in fact the body is not a single member, but many.15 If the foot says, “Since I am not a hand, I am not part of the body,” it does not lose its membership in the body because of that.16 And if the ear says, “Since I am not an eye, I am not part of the body,” it does not lose its membership in the body because of that.17 If the whole body were an eye, what part would do the hearing? If the whole were an ear, what part would exercise the sense of smell?18 But as a matter of fact, God has placed each of the members in the body just as he decided.19 If they were all the same member, where would the body be?20 So now there are many members, but one body.21 The eye cannot say to the hand, “I do not need you,” nor in turn can the head say to the foot, “I do not need you.”22 On the contrary, those members that seem to be weaker are essential,23 and those members we consider less honorable we clothe with greater honor, and our unpresentable members are clothed with dignity,t24 but our presentable members do not need this. Instead, God has blended together the body, giving greater honor to the lesser member,25 so that there may be no division in the body, but the members may have mutual concern for one another.
26 If one member suffers, everyone suffers with it. If as member is honored, all rejoice with it.
27 Now you are Christ’s body, and each of you is a member of it.28 And God has placed in the church first apostles, second prophets, third teachers, then miracles, gifts of healing, helps, gifts of leadership, different kinds of tongues.29 Not all are apostles, are they? Not all are prophets, are they? Not all are teachers, are they? Not all perform miracles, do they?30 Not all have gifts of healing, do they? Not all speak in tongues, do they? Not all interpret, do they?s
31 But you should be eager for the greater gifts.
And now I will show you a way that is beyond comparison.t