1 KORINTIËRS 12
Oor die regte gebruik van die gawes van die Gees
1 En nou, broers en susters, kom ek by julle volgende navraag, naamlik oor die gawes van die Gees. Ek wil hê julle moet hieroor goed ingelig wees sodat julle julle gawes reg sal gebruik.2 Julle weet hoe julle destyds toe julle nog ongelowiges was, onder die aantrekkingskrag van die verskillende afgode herwaarts en derwaarts rondgesleep is - en dit nogal deur beelde wat nie 'n woord kan praat nie!3 Daarom wil ek nou hê julle moet weet dat iemand wat sê: "Vervloek is Jesus," definitief nie onder die invloed van die Gees van God praat nie.
Aan die ander kant is dit net die Heilige Gees wat dit vir iemand moontlik maak om te verklaar: "Jesus is die Here."
4 Daar is 'n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees.5 En daar is 'n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here.
6 Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.
7 Elkeen van ons ontvang 'n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.
8 Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan 'n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis.9 Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees 'n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing,10 aan 'n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan 'n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê.
11 Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.
12 Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam.
13 Party van ons is Jode, ander Grieke, ander weer slawe en nog ander vry mense. Maar ons is almal gedoop sodat ons nou die een liggaam van Christus is. En ons is almal van die een Gees deurdrenk.
14 Ja, die liggaam bestaan nie net uit een ledemaat nie, maar uit baie.15 As die voet sou sê: "Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie," maak dit hom tog nie minder deel van die liggaam nie.16 En as die oor sou sê: "Omdat ek maar net 'n oor is en nie 'n oog nie, is ek nie deel van die liggaam nie," maak dit hom tog geensins minder deel van die liggaam nie.
17 Veronderstel 'n mens se hele liggaam sou uit 'n oog bestaan - hoe sal jy dan hoor? Of as jou hele liggaam net een groot oor sou wees - hoe sou jy enigiets kon ruik?
18 Maar nou het God dit so beskik dat daar verskillende ledemate sal wees en dat elkeen van hulle sy eie plek in die liggaam sal hê, soos Hy dit goedvind.19 As alles net een ledemaat was, dan sou daar mos geen liggaam kon wees nie!20 Ja, daar is baie lede, maar net een liggaam.
21 Die oog kan nie vir die hand sê: "Ek kan sonder jou klaarkom" nie. En op sy beurt kan die kop nie vir die voete sê: "Ek kan sonder julle klaarkom" nie.
22 Om die waarheid te sê, juis daardie liggaamsdele wat vir ons onbelangrik lyk, is des te meer noodsaaklik.23 En die dele van ons liggaam wat ons as minder eervol beskou, beklee ons met groter sorg. Op hierdie manier beskerm ons daardie dele waarvoor ons skaam is, vir die oë van ander,24 terwyl ons ander lede dit nie nodig het nie. God het dus ons liggaam so kunstig saamgestel dat daardie liggaamsdele wat eer kortkom, juis dubbele eer kry.25 Gevolglik heers daar harmonie in ons liggaam en al die liggaamsdele sorg saam vir mekaar.
26 As een ledemaat swaarkry, kry al die ledemate saam swaar, en as een ledemaat vereer word, juig al die lede saam.
27 Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is 'n noodsaaklike liggaamsdeel.
28 Hier volg nou 'n lys van sommige van die "liggaamsdele" wat God aan sy gemeente gegee het: eerstens die apostels, tweedens die profete, derdens dié wat onderrig gee, dan dié wat wonders doen, dié met gawes van genesing, dié wat ander ondersteun, dié wat leiding gee, dié wat in tale praat.
29 Ons is mos nie almal apostels nie. Ons is nie almal profete nie. Ons het nie almal die gawe om onderrig te gee nie. Ons het nie almal die vermoë om wonders te verrig nie.30 Ons het nie almal gawes van genesing nie. Ons kan nie almal in tale praat nie. Ons kan nie almal tale uitlê nie.
31 In alle geval - konsentreer op die nuttigste gawes. Maar laat ek julle nou eers vertel waar die eintlike geheim lê.
1 CORINTHIANS 12
Spiritual Gifts
1 My friends, you asked me about spiritual gifts. 2 I want you to remember that before you became followers of the Lord, you were led in all the wrong ways by idols that cannot even talk.
3 Now I want you to know that if you are led by God's Spirit, you will say that Jesus is Lord, and you will never curse Jesus.
4 t There are different kinds of spiritual gifts, but they all come from the same Spirit. 5 There are different ways to serve the same Lord,
6 and we can each do different things. Yet the same God works in all of us and helps us in everything we do.
7 The Spirit has given each of us a special way of serving others. 8 Some of us can speak with wisdom, while others can speak with knowledge, but these gifts come from the same Spirit. 9 To others the Spirit has given great faith or the power to heal the sick 10 or the power to work mighty miracles. Some of us are prophets, and some of us recognize when God's Spirit is present.t Others can speak different kinds of languages, and still others can tell what these languages mean.
11 But it is the Spirit who does all this and decides which gifts to give to each of us.One Body with Many Parts
12 t The body of Christ has many different parts, just as any other body does.
13 Some of us are Jews, and others are Gentiles. Some of us are slaves, and others are free. But God's Spirit baptized each of us and made us part of the body of Christ. Now we each drink from that same Spirit.t
14 Our bodies don't have just one part. They have many parts. 15 Suppose a foot says, “I'm not a hand, and so I'm not part of the body.” Wouldn't the foot still belong to the body? 16 Or suppose an ear says, “I'm not an eye, and so I'm not part of the body.” Wouldn't the ear still belong to the body? 17 If our bodies were only an eye, we couldn't hear a thing. And if they were only an ear, we couldn't smell a thing.
18 But God has put all parts of our body together in the way that he decided is best.
19 A body isn't really a body, unless there is more than one part. 20 It takes many parts to make a single body. 21 That's why the eyes cannot say they don't need the hands. That's also why the head cannot say it doesn't need the feet. 22 In fact, we cannot get along without the parts of the body that seem to be the weakest. 23 We take special care to dress up some parts of our bodies. We are modest about our personal parts,
24 but we don't have to be modest about other parts.
God put our bodies together in such a way that even the parts that seem the least important are valuable. 25 He did this to make all parts of the body work together smoothly, with each part caring about the others.
26 If one part of our body hurts, we hurt all over. If one part of our body is honored, the whole body will be happy.
27 Together you are the body of Christ. Each one of you is part of his body. 28 t First, God chose some people to be apostles and prophets and teachers for the church. But he also chose some to work miracles or heal the sick or help others or be leaders or speak different kinds of languages. 29 Not everyone is an apostle. Not everyone is a prophet. Not everyone is a teacher. Not everyone can work miracles. 30 Not everyone can heal the sick. Not everyone can speak different kinds of languages. Not everyone can tell what these languages mean. 31 I want you to desire the best gifts.t So I will show you a much better way.