previous next

I KORINTHIËRS 12

Oor die verskeidenheid van geestelike gawes.

1 EN twat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

2 Julle weet tdat julle heidene was, weggevoer na die tstomme afgode net soos julle ook al gelei is.

3 Daarom maak ek julle bekend dat tniemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en tniemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

4 Daar is wel tverskeidenheid van genadegawes, maar dit is tdieselfde Gees;

5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat talles in almal werk.

7  tMaar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

8 Want aan die een word deur die Gees ’n woord tvan wysheid gegee, en aan die ander ’n woord tvan kennis vanweë dieselfde Gees;

9 aan ’n ander weer tgeloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander tgenadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander tonderskeiding van die geeste, aan ’n ander tallerhande tale, aan ’n ander tuitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die eenheid van die liggaam nieteenstaande die verskeidenheid van lede.


12 WANT net tsoos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, tof ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en tons is almal van een Joh. 6:63; 7:39; I Kor. 12:4,11Gees deurdronge.

14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,

24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,

25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede tsaam bly.

27 Maar tjulle is die liggaam van Christus en tlede afsonderlik.

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek tapostels, ten tweede tprofete, ten derde leraars, daarna tkragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, tregeringe, allerhande tale.

29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

30 Het almal genadegawes van gesondmaking, tspreek almal in tale, I Kor. 12:10kan almal dit uitlê?
31 Maar tbeywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg.

1 Corinthians 12

1 Now concerning spiritual things, brothers, I don’t want you to be ignorant.2 You know that when you were heathent, you were led away to those mute idols, however you might be led.3 Therefore I make known to you that no man speaking by God’s Spirit says, “Jesus is accursed.” No one can say, “Jesus is Lord,” but by the Holy Spirit.

4 Now there are various kinds of gifts, but the same Spirit.
5 There are various kinds of service, and the same Lord.6 There are various kinds of workings, but the same God, who works all things in all.7 But to each one is given the manifestation of the Spirit for the profit of all.8 For to one is given through the Spirit the word of wisdom, and to another the word of knowledge, according to the same Spirit;9 to another faith, by the same Spirit; and to another gifts of healings, by the same Spirit;10 and to another workings of miracles; and to another prophecy; and to another discerning of spirits; to another different kinds of languages; and to another the interpretation of languages.

11 But the one and the same Spirit works all of these, distributing to each one separately as he desires.
12 For as the body is one, and has many members, and all the members of the body, being many, are one body; so also is Christ.13 For in one Spirit we were all baptized into one body, whether Jews or Greeks, whether bond or free; and were all given to drink into one Spirit.14 For the body is not one member, but many.15 If the foot would say, “Because I’m not the hand, I’m not part of the body,” it is not therefore not part of the body.16 If the ear would say, “Because I’m not the eye, I’m not part of the body,” it’s not therefore not part of the body.17 If the whole body were an eye, where would the hearing be? If the whole were hearing, where would the smelling be?18 But now God has set the members, each one of them, in the body, just as he desired.19 If they were all one member, where would the body be?20 But now they are many members, but one body.21 The eye can’t tell the hand, “I have no need for you,” or again the head to the feet, “I have no need for you.”22 No, much rather, those members of the body which seem to be weaker are necessary.23 Those parts of the body which we think to be less honorable, on those we bestow more abundant honor; and our unpresentable parts have more abundant propriety;24 whereas our presentable parts have no such need. But God composed the body together, giving more abundant honor to the inferior part,25 that there should be no division in the body, but that the members should have the same care for one another.

26 When one member suffers, all the members suffer with it. Or when one member is honored, all the members rejoice with it.
27 Now you are the body of Christ, and members individually.28 God has set some in the assembly: first apostles, second prophets, third teachers, then miracle workers, then gifts of healings, helps, governments, and various kinds of languages.29 Are all apostles? Are all prophets? Are all teachers? Are all miracle workers?30 Do all have gifts of healings? Do all speak with various languages? Do all interpret?

31 But earnestly desire the best gifts. Moreover, I show a most excellent way to you.