1 Korintiërs 14
1 Gee alles om hierdie liefde in julle lewe te hê. Maar moenie van die spesiale geskenke vergeet wat die Gees vir julle gee nie. Gee jouself ook daarvoor, veral om God se boodskap vir die gemeente te bring.2 Ek weet daar is van julle wat baie daarvan dink om in "spesiale tale" te praat. Maar as iemand so praat, verstaan mense hom nie. God verstaan hom wel, want hy praat mos met God. Wat hy egter vir God sê, is vir mense net naklanke. Wat hy mos so onder die invloed van die Gees sê, is intieme dinge net tussen hom en God wat ander nie verstaan nie.3 Vergelyk dit nou met iemand wat in verstaanbare taal met mense oor die boodskap van God gesels. Mense verstaan dit en dit maak hulle geestelik baie sterker. Hulle skep moed vir wat voorlê en voel baie meer gerus.4 Maar as iemand in 'n "spesiale taal" in die gemeente praat, beteken dit eintlik net vir homself iets. As iemand God se boodskap vir die gemeente vertel, beteken dit vir die hele gemeente iets. Dit is nou nie dat ek sê julle moenie in spesiale tale praat nie.5 Ek gun dit vir elkeen. Wat ek wel sê, is dat julle eerder in die gemeente moet konsentreer op die bring van God se boodskap. In die gemeente is dit meer werd om die boodskap van God te bring as om in spesiale tale te praat, tensy daar iemand in die gemeente is wat kan verduidelik wat met die spesiale tale gesê word. So sal dit vir die gemeente iets kan beteken.
6 My liewe, goeie vriende, stel julle nou voor dat ek daar by julle aankom en net in spesiale tale praat wat nie een van julle verstaan nie. Sal dit julle baie help? Ons almal weet dit sal nie. Wat wel vir julle baie kan beteken, is as ek met julle oor dinge gesels wat julle verstaan: dit kan dinge wees wat God spesiaal vir my gewys het, of raad oor hoe julle in moeilike situasies moet optree; of ons kan sommer maar net lekker sit en gesels oor wat God se boodskap vir 'n spesifieke situasie is, of ek kan julle miskien meer van Jesus leer.
7 Dit is baie soos iemand wat sommer net op 'n fluit of 'n harp blaas. As hy nie mooi note speel nie, maar net 'n deurmekaar klomp geraas maak, sal niemand hulle daaraan steur nie.8 As 'n radio nie op 'n stasie gestel is nie en net 'n gekrap maak, sal jy mos nie kan verstaan wat daar oor die radio gesê word nie.9 Net so gaan dit in die gemeente. As jy 'n klomp geluide maak wat niemand verstaan nie, hoe sal enigiemand weet wat jy besig is om te sê? Vir die mense rondom jou is jy dan nie beter as daardie fluit of harp wat net 'n klomp geraas maak nie.10 Ek weet dat daar honderde verskillende tale in die wêreld gepraat word. Elkeen van hierdie tale het ook sin as 'n mens dit net kan verstaan.11 As ek egter nie die taal verstaan nie, weet ek ook nie wat die ander een wil sê nie. Daar is niks met die taal verkeerd nie, maar ek kan dit net nie verstaan nie. Die persoon kan praat en verduidelik tot hy blou word in die gesig, maar ons sal nie by mekaar uitkom nie.12 Dis presies wat in die gemeente gebeur as iemand in 'n spesiale taal praat wat niemand anders verstaan nie. Ek weet die spesiale geestelike geskenke wat God vir julle gee, is vir julle belangrik. Wees daarom opgewonde oor daardie geestelike geskenke wat vir ander ook iets beteken en die gemeente sterker kan maak.
13 Iemand wat dan so 'n spesiale taal van die Gees gekry het om te praat, moet God vra om hom ook te help om te verstaan wat hy besig is om te sê. Ek het al baie ervaring daarvan.14 As ek in so 'n spesiale taal in gebed met God praat, is my gees nou betrokke, maar my verstand is afgeskakel - ek weet nie wat om te dink oor dit wat ek besig is om te sê nie, want ek verstaan nie wat gesê word nie.15 Hoe moet dit dan nou presies wees? Eintlik is die ideaal dat jy as mens heeltemal betrokke is, gees en verstand saam. As jy bid, moet jou gees bid, maar jy moet ook verstaan wat jy bid. As jy God loof deur te sing, moet dit uit jou gees borrel, maar so dat jy ook presies weet wat jy besig is om te sing.16 Dit is belangrik. Sê nou maar jy is daar in jou gees besig om allerhande mooi dinge van God te sê, hoe kan iemand wat niks verstaan wat jy sê nie saam met jou bid? Hoe kan hy die Here vra om dit wat jy besig is om te sê waar te laat word, as hy nie eens weet wat jy sê nie?17 Jy kan miskien voel dat wat jy in die gemeente doen, goed is en dat die Here ook daarvan hou, maar die mense wat saam met jou in die kerk sit, het niks daarvan nie. Vir hulle beteken dit net mooi niks.
18 Ek sê vir God dankie dat ek meer in spesiale tale met Hom praat as julle almal saam. Ek is daarom nie teen die praat van spesiale tale nie.19 Maar as 'n mens darem in die kerk kom, verkies ek om liewer net vyf woorde te sê wat mense kan verstaan en wat iets vir hulle kan beteken as om die hele aand daar op my eie te staan en spesiale tale te praat.
20 Liewe broers en susters, moet nou nie soos balhorige kinders wees wat nie na goeie raad wil luister nie. Druk wel julle ore toe as mense vir julle sê dat julle verkeerde dinge moet doen. Maar as dit by goeie dinge kom, spits julle ore en luister soos grootmense wat rede verstaan.21 Daar staan mos in die boek waarin ons van die wil van God leer, geskryf:
"Mense sal kom met tale wat ons nog nooit gehoor het nie, vreemde mense sal met ons kom praat. Deur hierdie mense sal God met die volk praat, maar al doen God dit, sal hulle nog steeds nie luister na wat God sê nie."
22 Om so in spesiale tale te praat is in hierdie sin 'n bewys van God se krag vir mense wat nie glo nie, en nie vir Christene nie. Om die boodskap van God vir mense te verduidelik is weer bedoel vir Christene en nie vir ongelowiges nie.23 Kom ons wees realisties: sê nou die hele gemeente is bymekaar en almal praat tegelyk in spesiale tale. Dan kom daar iemand ingestap wat nie in Jesus glo nie en niks verstaan wat in die kerk aangaan nie. Wat dink julle sal hy sê? Wel, ek dink hy sal sê dit lyk vir hom na 'n groot deurmekaarspul.
24 Maar sê nou dieselfde ongelowige persoon wat niks van die Christendom verstaan nie, kom in terwyl julle op 'n verstaanbare manier met mekaar oor die boodskap en wil van God praat, wat sal dan gebeur? Sal hy nie dalk luister en diep getref word nie? Sal hy nie besef dat hy op die verkeerde pad is en dat God so ontevrede met hom is dat God hom gaan straf nie?25 Dit sal vir hom wees of alles hier diep binne-in hom wat hy voorheen nie verstaan of selfs van geweet het nie, skielik opborrel en vir hom glashelder word. Hy sal net daar op sy knieë neersak en God se Naam grootmaak. Hy sal openlik sê: "God is regtig hier by en tussen julle."
26 Wat moet dan nou gebeur as julle bymekaarkom? Wel, dit kan gebeur dat elkeen iets het om te doen. Die een wil 'n lied vir God sing, die ander een wil vertel wat hy van Jesus geleer het, 'n ander een het weer iets wat die Here hom spesiaal gewys het. Daar is miskien ook iemand wat in 'n spesiale taal wil praat of wat wil verduidelik wat met die spesiale taal gesê word. Onthou net, elke dingetjie wat gedoen word as die gemeente so saam is, moet krag in die gemeente inblaas. Die hele gemeente moet daardeur sterker gemaak word.
27 Met ander woorde, as iemand in 'n spesiale taal praat, moet dit nie oordryf word nie. Net twee, of op die meeste drie, moet 'n kans kry, en nie almal gelyk nie. Elke keer moet daar iemand wees wat aan die ander kan verduidelik wat die persoon besig is om te sê.28 As daar nie iemand in die gemeente is wat die spesiale taal verstaan en kan verduidelik wat gesê word nie, moet die een stilbly wat in die spesiale taal wil praat. Hy moet dit maar tussen God en hom hou waar hy alleen is.
29 Twee of drie mense aan wie God sy boodskap gegee het, moet aan die gemeente vertel wat God sê. Die res van die gemeente moet goed luister en versigtig opweeg wat gesê word.30 As die Here egter 'n spesiale boodskap vir iemand gee wat in die gemeente sit en luister, moet die een wat aan die praat is, eers stilbly.31 Almal vir wie die Here 'n boodskap gegee het om aan die gemeente te gee, moet 'n kans kry om dit te doen. So sal die hele gemeente van hulle kan leer en moed kan skep.32 Iemand wat iets van die Here af gekry het om te sê, moet sy kans afwag om dit te sê. God hou nie van 'n deurmekaarspul nie.33 Hy hou daarvan as dinge mooi en op hulle plek gebeur. Sorg dat dit in die gemeente so gaan.
Nou wil ek met julle praat oor iets wat oral in die gemeentes gebeur.34 Vroue moet nie praat in gemeentebyeenkomste nie. Die wet van die Here gee vir ons riglyne wat hierdie dinge betref. Daar lees 'n mens dat vroue nie in die byeenkoms moet praat nie, maar dat hulle die gesag van die man daar moet erken.35 Dit is ons gebruik dat elkeen haar man by die huis moet gaan vra as sy iets wil weet. Dit is nie mooi dat die vrou dit sommer in die kerk vir haar man vra en so die erediens deurmekaarkrap nie. Is daar miskien party van julle wat voel dat julle dit nie wil doen nie?36 Dan moet julle julle afvra: Is die woord van God miskien deur julle geskryf sodat julle daaraan kan verander soos julle wil, of is dit God wat deur daardie woord met julle praat?37 'n Persoon wat rondvertel dat hy God se boodskap vir ander kan vertel of dat die Heilige Gees hom lei, behoort ook dadelik te weet dat wat ek hier sê, is hoe die Here wil hê ons moet maak.38 As hy hom nie daaraan steur nie en maak of dit nie waar is nie, sal God hom ook nie kan gebruik nie.39 Laat ek saamvat: doen alles wat julle kan om vir mense van God se dinge te vertel.
As daar ander is wat in spesiale tale wil praat, moet julle nie in hulle pad staan nie.40 Wat julle ook al doen, moet julle met smaak doen sodat alles nie in 'n deurmekaarspul ontaard nie.
1 Corinthians 14
Prophecy and Tongues
1 Pursue love and be eager for the spiritual gifts, especially that you may prophesy.2 For the one speaking in a tongue does not speak to people but to God, for no one understands; he is speaking mysteries by the Spirit.t3 But the one who prophesies speaks to people for their strengthening,t encouragement, and consolation.4 The one who speaks in a tongue builds himself up,s but the one who prophesies builds up the church.
5 I wish you all spoke in tongues, but even more that you would prophesy. The one who prophesies is greater than the one who speaks in tongues, unless he interprets so that the church may be strengthened.
6 Now, brothers and sisters,t if I come to you speaking in tongues, how will I help you unless I speak to you with a revelation or with knowledge or prophecy or teaching?7 It is similar for lifeless things that make a sound, like a flute or harp. Unless they make a distinction in the notes, how can what is played on the flute or harp be understood?8 If, for example, the trumpet makes an unclear sound, who will get ready for battle?9 It is the same for you. If you do not speak clearly with your tongue, how will anyone know what is being said? For you will be speaking into the air.10 There are probably many kinds of languages in the world, and none is without meaning.11 If then I do not know the meaning of a language, I will be a foreigner to the speaker and the speaker a foreigner to me.
12 It is the same with you. Since you are eager for manifestations of the Spirit,t seek to abound in order to strengthen the church.
13 So then, one who speaks in a tongue should pray that he may interpret.14 Ifs I pray in a tongue, my spirit prays, but my mind is unproductive.15 What should I do?t I will pray with my spirit, but I will also pray with my mind. I will sing praises with my spirit, but I will also sing praises with my mind.16 Otherwise, if you are praising God with your spirit, how can someone without the giftt say “Amen” to your thanksgiving, since he does not know what you are saying?17 For you are certainly giving thanks well, but the other person is not strengthened.18 I thank God that I speak in tongues more than all of you,
19 but in the church I want to speak five words with my mind to instruct others, rather than ten thousand words in a tongue.
20 Brothers and sisters,t do not be children in your thinking. Instead, be infants in evil, but in your thinking be mature.21 It is written in the law: “By people with strange tongues and by the lips of strangers I will speak to this people, yet not even in this way will they listen to me,”s says the Lord.22 So then, tongues are a sign not for believers but for unbelievers. Prophecy, however, is not for unbelievers but for believers.23 So if the whole church comes together and all speak in tongues, and unbelievers or uninformed people enter, will they not say that you have lost your minds?24 But if all prophesy, and an unbeliever or uninformed person enters, he will be convicted by all, he will be called to account by all.
25 The secrets of his heart are disclosed, and in this way he will fall down with his face to the ground and worship God, declaring, “God is really among you.”
Church Order
26 What should you do then, brothers and sisters?t When you come together, each one has a song, has a lesson, has a revelation, has a tongue, has an interpretation. Let all these things be done for the strengthening of the church.27 If someone speaks in a tongue, it should be two, or at the most three, one after the other, and someone must interpret.28 But if there is no interpreter, he should be silent in the church. Let him speak to himself and to God.29 Two or three prophets should speak and the others should evaluate what is said.30 And if someone sitting down receives a revelation, the person who is speaking should conclude.31 For you can all prophesy one after another, so all can learn and be encouraged.32 Indeed, the spirits of the prophets are subject to the prophets,
33 for God is not characterized by disorder but by peace.
As in all the churches of the saints,s34 the woment should be silent in the churches, for they are not permitted to speak.s Rather, let them be in submission, as in fact the law says.35 If they want to find out about something, they should ask their husbands at home, because it is disgraceful for a woman to speak in church.s
36 Did the word of God begin with you,t or did it come to you alone?
37 If anyone considers himself a prophet or spiritual person, he should acknowledge that what I write to you is the Lord’s command.38 If someone does not recognize this, he is not recognized.39 So then, brothers and sisters,st be eager to prophesy, and do not forbid anyone from speaking in tongues.t
40 And do everything in a decent and orderly manner.