previous next

1 KORINTIËRS 14

Profesie is nuttiger vir gemeente-opbou as praat in tale

1 Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees, veral oor die gawe om te profeteer.2 As jy in tale praat, rig jy jou nie tot mense nie, maar tot God, want mense sal jou nie verstaan nie. Deur die werking van die Gees praat jy immers diep en onbegryplike dinge.3 Maar as jy profeteer, bou jou woorde mense op en bemoedig en vertroos hulle.

4 Iemand wat in tale praat, word self geestelik opgebou, maar die persoon wat profeteer, bou die gemeente op.

5 Ek sou bly wees as julle almal in tale praat, maar nog blyer as julle sou profeteer. Want om te profeteer, is 'n belangriker en nuttiger gawe as die spreek in tale, tensy iemand sou verduidelik wat jy sê sodat die gemeente daardeur opgebou kan word.
6 Broers en susters, sê nou maar ek sou na julle toe kom en ek praat net in tale, hoe sou dit vir julle iets kon beteken? Maar as ek vir julle 'n Goddelike openbaring of 'n spesiale insig of 'n profesie sou bring, of julle sou iets besonders van my leer, dan sou dit tog sekerlik baie vir julle beteken.7 Selfs lewelose musiekinstrumente soos die fluit en die harp wys vir ons hoe noodsaaklik dit is om in verstaanbare taal te praat. Want as die note nie duidelik onderskeibaar is nie, hoe sal ons hulle melodie herken?8 En as die trompet nie 'n helder klank laat hoor nie, watter soldaat sal vir die geveg gereedmaak?

9 Dieselfde geld vir julle. As julle in 'n taal praat waarvan 'n mens nie die woorde kan onderskei nie, hoe sal iemand verstaan wat julle sê? Julle sal soos mense wees wat in die wind praat.
10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld en hulle maak almal van klanke gebruik.11 Maar as ek nie sin kan maak van die klanke nie, sal ek vir die spreker onverstaanbaar wees en die spreker sal vir my 'n brabbelaar wees.

12 So moet julle ook, as julle julle toelê op die gawes van die Gees, daarop konsentreer om uit te munt in dié gawes wat die gemeente opbou.
13 Daarom moet elkeen wat in tale praat, ook bid vir die gawe van verduideliking.

14 Want wanneer ek in 'n taal bid, is dit my gees wat bid, maar my verstand bly onaktief.
15 Wat sê dit? Ek sal albei doen. Ek sal nie net bid met my gees nie, maar ek sal ook bid in verstaanbare woorde. Ek sal nie net lofsing met my gees nie, maar ook in verstaanbare woorde.16 Want as jy God net met jou gees prys, hoe sal hulle wat onkundig is oor wat jy sê, jou lofprysing met hulle "Amen" bevestig? Hulle verstaan tog nie wat jy sê nie.

17 Jy het wel voortreflik gebid, maar jou medegelowiges word nie in hulle geloof opgebou nie.
18 Ek dank God dat ek meer in tale praat as julle almal.

19 Maar in 'n byeenkoms van die gemeente sal ek liewer vyf verstaanbare woorde praat waaruit ander iets kan leer as tienduisend in 'n onbekende taal.
20 Broers en susters, julle moenie soos naïewe kindertjies wees in julle denke oor hierdie dinge nie. Wees liewer babatjies wat die kwaad aanbetref, maar volwassenes in julle denke.21 Daar staan in die Skrif dat die Here sê:
"Ek sal deur andertaliges
en deur die mond
van onbekende mense
met my eie volk praat.
Maar selfs dan sal hulle
nie na My luister nie."
22 Beteken dit dus dat die praat in tale 'n teken is, nie vir gelowiges nie, maar vir ongelowiges en dat profesie daarenteen nie vir ongelowiges is nie, maar vir gelowiges?23 Inteendeel, as die hele gemeente bymekaarkom en almal praat in tale en daar kom onkundiges of ongelowiges in, sal hulle nie sê julle is die kluts skoon kwyt nie?24 Maar as almal profeteer en daar kom ongelowiges of onkundiges in en hulle word deur almal oortuig van sonde, en hulle lewens word deur almal ondersoek,

25 en hulle hartsgeheime word blootgelê, dan sal hulle net daar op hulle knieë val en God aanbid en verklaar: "Werklikwaar, God is hier by julle!"
26 Wel, broers en susters, kom ons vat saam. As julle bymekaarkom, kom die een met 'n loflied, die ander een wil oor 'n saak onderrig gee, nog 'n ander een wil vertel van 'n openbaring wat hy of sy ontvang het, nog een wil in tale praat en 'n ander een wil dit uitlê. Goed so, maar laat alles so gedoen word dat dit tot opbou van die gemeente dien.27 As daar persone is wat in tale wil praat, gee aan twee of hoogstens drie die geleentheid om dit te doen en laat iemand dit uitlê.

28 Maar as daar niemand teenwoordig is wat die praat in tale kan uitlê nie, laat hulle in die gemeentebyeenkoms stilbly en hulle tuis op hulle eie tot God rig.
29 Wat die profete betref, laat twee of drie aan die woord kom en die ander dan beoordeel wat gesê is.30 Maar as iemand besig is om te profeteer en iemand anders wat daar sit, ontvang 'n openbaring, moet eersgenoemde ophou praat.31 So kan julle almal, een na die ander, 'n beurt kry om te profeteer en almal leer uit wat gesê word, en almal aangespoor word.32 Onthou, mense wat profeteer, is in beheer van hulle gees en kan hulle beurt afwag.

33 God is nie 'n God van wanordelikheid nie, maar van onderlinge harmonie soos dit die geval is in al die gemeentes.
34 Die vroue moet in julle gemeente-byeenkomste stilbly. Dit pas hulle nie om daar te praat nie. Hulle moet onderdanig wees soos die wet ook sê.

35 As een van hulle 'n vraag wil stel, moet hulle hulle mans tuis daarna vra, want dit pas nie 'n vrou om in die gemeentebyeenkomste te praat nie.
36 Dink julle regtig dat die ware insig aangaande God se woord sy oorsprong by julle het of dat dit net by julle uitgekom het? Dan maak julle 'n groot fout.37 As jy daarop aanspraak maak dat jy 'n profeet is of dat jy 'n geestelike mens is, behoort jy te erken dat wat ek skryf, 'n opdrag van die Here is.

38 Maar as jy dit ontken, sal die Here jou ook nie erken nie.
39 Dus, my broers en susters, wees entoesiasties om te profeteer en moenie die spreek in tale teëgaan nie.

40 Maar laat alles in goeie styl en ordelik plaasvind.

1 CORINTHIANS 14

Speaking Unknown Languages //and Prophesying

1 Love should be your guide. Be eager to have the gifts that come from the Holy Spirit, especially the gift of prophecy. 2 If you speak languages that others don't know, God will understand what you are saying, though no one else will know what you mean. You will be talking about mysteries that only the Spirit understands.

3 But when you prophesy, you will be understood, and others will be helped. They will be encouraged and made to feel better.
4 By speaking languages that others don't know, you help only yourself. But by prophesying you help everyone in the church.

5 I am glad for you to speak unknown languages, although I prefer that you would prophesy. In fact, prophesying does much more good than speaking unknown languages, unless someone can help the church by explaining what you mean.
6 My friends, what good would it do, if I came and spoke unknown languages to you and didn't explain what I meant? How would I help you, unless I told you what God had shown me or gave you some knowledge or prophecy or teaching? 7 If all musical instruments sounded alike, how would you know the difference between a flute and a harp?

8 If a bugle call isn't clear, how would you know to get ready for battle?
9 This is how it is when you speak unknown languages. If no one can understand what you are talking about, you will only be talking to the wind. 10 There are many different languages in this world, and all of them make sense. 11 But if I don't understand the language that someone is using, we will be like foreigners to each other.

12 If you really want spiritual gifts, choose the ones that will be most helpful to the church.
13 When we speak languages that others don't know, we should pray for the power to explain what we mean. 14 For example, if I use an unknown language in my prayers, my spirit prays but my mind is useless.

15 Then what should I do? There are times when I should pray with my spirit, and times when I should pray with my mind. Sometimes I should sing with my spirit, and at other times I should sing with my mind.
16 Suppose some strangers are in your worship service, when you are praising God with your spirit. If they don't understand you, how will they know to say, “Amen”? 17 You may be worshiping God in a wonderful way, but no one else will be helped. 18 I thank God that I speak unknown languages more than any of you.

19 But words that make sense can help the church. This is why in church I would rather speak five words that make sense than to speak 10,000 words in a language that others don't know.
20 My friends, stop thinking like children. Think like mature people and be as innocent as tiny babies.

21 t In the Scriptures the Lord says,
“I will use strangers
who speak unknown languages
to talk to my people.
They will speak to them
in foreign languages,
but still my people
won't listen to me.”
22 Languages others don't know may mean something to unbelievers, but not to the Lord's followers. Prophecy, on the other hand, is for followers, not for unbelievers. 23 Suppose everyone in your worship service started speaking unknown languages, and some outsiders or some unbelievers come in. Won't they think you are crazy? 24 But suppose all of you are prophesying when those unbelievers and outsiders come in. They will realize that they are sinners, and they will want to change their ways because of what you are saying.

25 They will tell what is hidden in their hearts. Then they will kneel down and say to God, “We are certain that you are with these people.”

Worship Must Be Orderly


26 My friends, when you meet to worship, you must do everything for the good of everyone there. That's how it should be when someone sings or teaches or tells what God has said or speaks an unknown language or explains what the language means. 27 No more than two or three of you should speak unknown languages during the meeting. You must take turns, and someone should always be there to explain what you mean.

28 If no one can explain, you must keep silent in church and speak only to yourself and to God.
29 Two or three persons may prophesy, and everyone else must listen carefully. 30 If someone sitting there receives a message from God, the speaker must stop and let the other person speak. 31 Let only one person speak at a time, then all of you will learn something and be encouraged. 32 A prophet should be willing to stop and let someone else speak.

33 God wants everything to be done peacefully and in order.
When God's people meet in church,
34 the women must not be allowed to speak. They must keep quiet and listen, as the Law of Moses teaches.

35 If there is something they want to know, they can ask their husbands when they get home. It is disgraceful for women to speak in church.

36 God's message did not start with you people, and you are not the only ones it has reached.
37 If you think of yourself as a prophet or a spiritual person, you will know I am writing only what the Lord has commanded. 38 So don't pay attention to anyone who ignores what I am writing. 39 My friends, be eager to prophesy and don't stop anyone from speaking languages that others don't know. 40 But do everything properly and in order.