1 Korintiërs 15
1 My liewe broers en susters, laat ons vir oulaas weer kyk na die goeie boodskap oor Jesus wat ek vir julle vertel het. Dit is die boodskap wat julle julle eie gemaak het en nou by sal staan of val.2 Toe julle hierdie goeie nuus gehoor het, het julle mos Christene geword, natuurlik mits julle nie allerhande afdraaipaadjies vat nie, maar dit glo soos ek dit vir julle vertel het. As julle egter 'n ander pad loop, stap julle weg van God af wat julle red en kan julle net sowel ophou glo, want dit alles sal julle niks help nie.
3 Soos ek die boodskap van ander gehoor het, het ek dit ook vir julle vertel. Die hart van alles is dít: Christus het gesterf sodat ons nie self sal moet sterf vir al die verkeerde dinge wat ons voor God gedoen het nie. Dit is presies wat die Skrif voorspel het sou gebeur.4 Maar die Skrif het ook verder voorspel dat Hy begrawe sou word en dat God Hom na drie dae weer lewendig sou maak. Net so het dit toe ook gebeur.5 Petrus het Hom eerste gesien nadat Hy lewendig geword het en later het al twaalf sy getrouste volgelinge Hom gesien.6 Daarna het Hy aan 500 mense gelyk verskyn. Party van hulle is al dood, maar die meeste van hulle lewe nog.
7 Jakobus het toe aan die beurt gekom en daarna die apostels.8 Heel laaste het Christus aan my verskyn, ek wat op heeltemal die verkeerde tyd gebore is en daarom lank op die verkeerde pad was.9 As dit by die apostels van die Here kom, staan ek agter in die ry. Eintlik behoort ek nie eens in daardie ry te staan nie, want kyk net hoe het ek die mense van God vroeër vervolg en probeer seermaak.10 Maar God was wonderlik goed vir my, wat ek natuurlik geensins verdien het nie. Hy het my gemaak wat ek nou is. Hierdie goedheid van God was nie alles vir niks nie. Ek het harder en meer vir die Here gewerk as enige ander een. Dit was nie ek wat so goed was nie, maar die Here wat so goed vir my was. Hy het deur my gewerk.11 Eintlik maak dit nie saak wie die werk doen nie, solank dit net gedoen word. Of dit nou ek is of die ander apostels, ons het dieselfde goeie nuus vir julle kom vertel en julle het dit julle eie gemaak.
12 Daar is tog geen twyfel oor die boodskap nie: Jesus was dood en is weer lewendig gemaak. Hoe is dit dan nog moontlik dat party van julle kan twyfel en sê dat God nie mense wat dood is lewendig sal maak nie?13 As God nie iemand wat dood is lewendig kan maak nie, sou Hy ook mos nie vir Jesus lewendig kon maak nie.14 As dit darem waar sou wees, beteken dit dat alles wat ons vir julle vertel het, net 'n klomp leuens is en dat julle in net mooi niks glo wanneer julle sê julle glo in Christus nie. En dit is nie al nie.15 As Jesus nog dood is, beteken dit dat ons 'n klomp leuens oor God ook vertel, want ons sê mos dat Hy Christus lewendig gemaak het.16 As God nie mense lewendig gaan maak nie, geld dieselfde mos vir Jesus - dan is Hy mos ook nie lewendig gemaak nie.17 En as God Hom nie lewendig gemaak het nie, is julle nog maar net soos julle altyd was, van kop tot tone in die sonde.18 Dan help dit niks meer dat julle sê julle glo nie. Dan is nie net ons nie, maar ook al die ander Christene wat al dood is, sonder enige hoop totaal verlore.19 As Christenskap net iets beteken terwyl ons nog op hierdie aarde is en daar vir ons niks meer oor is daarna nie, is ons 'n hopelose spul mense vir wie ander net baie jammer kan voel.
20 Die waarheid is heeltemal anders: God hét Christus lewendig gemaak nadat Hy aan die kruis dood is. En Christus is maar die eerste Een van nog baie om te kom, dit waarborg Hy.
21 Dit werk so: dit was 'n mens, Adam, se skuld dat die dood nou elkeen van ons tref. Maar dit is ook 'n mens, Christus, wat daarvoor gesorg het dat mense wat dood is weer lewendig gemaak kan word.22 Omdat ons mense soos Adam is, het die dood deel van ons elkeen se bestaan geword, net soos dit deel van sy bestaan was. Net so, deur Christus se mense te wees sal elkeen lewendig gemaak word soos Hy.23 Elkeen sal sy beurt kry. Christus het eerste opgestaan en so die pad vir ons ander oopgemaak. Wanneer Christus weer kom, sal al die mense wat aan Hom behoort ook opstaan.24 Dan sal die einde daar wees. Christus sal daarvoor sorg dat nie 'n enkele vyand van God oorbly nie. Hy sal met die laaste een klaarspeel. Dan sal Hy alle oë finaal op God, sy Vader, rig sodat hulle Hom as die groot Koning kan dien.25 Christus moet egter nog as Koning heers tot tyd en wyl Hy elke vyand van God op sy plek gesit het.26 Nie een vyand sal wegkom nie; ook die dood se mag sal heeltemal gebreek word.27 Die Skrif sê mos dat God Christus oor alles sal laat heers. As die Skrif oor "alles" praat, sluit dit natuurlik nie vir God self in nie.28 Wanneer die Seun oor alles heers en al die vyande van God uitgewis is, sal Hy Hom met alles wat Hy het onder die heerskappy van God kom stel. God sal dan oor alles regeer en almal sal Hom as Heerser erken.
29 As dit nou waar was dat mense nie weer lewendig gemaak sal word nie, wat dan van die mense wat hulle laat doop sodat dié wat reeds dood is daarby kan baat? Vir wat doen hulle dit dan?30 Dieselfde geld vir ons: Hoekom leef ons as Christene swaar as ons nie oortuig is dat daar so iets soos 'n opstanding uit die dood is nie?31 My liewe broers en susters, dagin en daguit leef ek in die skaduwee van die dood. Daarvan kan julle net so seker wees as dat ek trots is op wat Christus Jesus, ons Here, vir julle beteken en gedoen het.32 Waarom sou ek hier in Efese as 'n sterflike mens soos 'n dier teen ander wilde diere geveg het as dit alles vir niks was nie? Dit maak mos nie sin nie. As daar niks anderkant die dood vir ons wag nie, moet 'n mens mos eerder doen wat die spreekwoord sê: "Laat ons nou eet en drink en vrolik wees, want môre is ons dood."33 Moenie julle met 'n slap riem laat vang deur mense wat so praat nie. Onthou, as jy heeltyd na sulke mense luister, begin jy dit later self glo.34 Ruk julle reg en hou op om verkeerde dinge te doen. Julle behoort julle te skaam dat party van julle regtig geen idee het van wie God is, wat Hy kan doen en wat Hy van julle verwag nie.
35 Iemand onder julle wonder dalk: "Hoe op aarde kan iemand wat dood is weer lewendig word en hoe sal sy liggaam daarna lyk?"36 Dis darem 'n dom vraag. Julle weet mos dat 'n saad wat jy in die grond saai 'n ruk lank eers lyk of dit dood is en dan, na 'n rukkie, kom die lewendige plantjie uit.37 En verder, as jy byvoorbeeld 'n mielie plant, plant jy tog nie die groot plant met die mieliekop en al nie. Jy plant die mieliepit.38 God besluit dan self hoe die plant moet lyk - elke soort saad gee mos 'n ander soort plant.39 Die diere en mense verskil net so. 'n Mens is mos anders gebou as 'n dier of 'n vis.40 Die sterre en die son lyk ook anders as die aarde. Die sterre en die son is op 'n ander manier mooi as die dinge hier op aarde. Selfs die sterre verskil van mekaar en is elkeen op sy eie manier mooi.41 Die prag van die son is anders as die prag van die maan. Net so sal dit wees wanneer ons uit die dood lewendig word.
42 Die liggaam wat doodgaan, vergaan heeltemal, maar die liggaam waarmee ons weer lewendig sal word, sal nooit vergaan nie.
43 Die liggaam wat begrawe word, is vol gebreke, maar oor ons nuwe liggaam sal ons maar net kan oorloop van trots.
Die oue is swak, maar die nuwe is vol krag.
44 Ons sterf as gewone aardse mense, maar ons gaan lewendig word in 'n nuwe geestelike liggaam.
Soos daar 'n gewone aardse liggaam is, so is daar ook 'n geestelike liggaam.45 In die Skrif staan daar dat die eerste mens, Adam, 'n lewende mens geword het. Maar die laaste Adam, dit is Christus, is die Gees wat mense geestelik lewendig maak.46 Ons word dus eers met ons gewone aardse liggaam gebore. Die geestelike liggaam kry ons eers later.47 Die eerste mens, Adam, is mos uit die grond van die aarde gemaak; die tweede mens, Christus, het uit die hemel gekom.48 Die mense op aarde is almal soos Adam, maar die mense wat in die hemel is, is soos Christus.49 Aanvanklik was ons almal aards soos Adam, maar in die toekoms sal ons lyk soos Christus wat uit die hemel gekom het.
50 My liewe broers en susters, wat ek met ander woorde wil sê, is dit: ons, met ons aardse liggame, kan nie in die nuwe wêreld van God ingaan nie. 'n Liggaam wat doodgaan en vergaan, kan tog nie in die nuwe wêreld van God gaan bly waar alles vir altyd hou nie.51 Laat ek julle 'n geheim vertel: nie almal sal doodgaan voor die Here kom nie. Dié wat nog in hulle aardse liggame lewe wanneer Hy kom, sal in die plek daarvan 'n nuwe geestelike liggaam kry.52 Wanneer daar aangekondig word dat die Here kom, sal dit vinniger gebeur as wat die oog kan sien. Dit sal so gebeur: die aankondiging sal kom dat die Here kom en dan sal die mense wat al dood is, lewendig gemaak word met hulle nuwe liggame; dié wat in daardie stadium nog op aarde lewe, sal dadelik 'n nuwe liggaam kry.53 Hierdie liggaam wat ons nou het, gaan agteruit en is op pad na die dood toe. Die nuwe liggaam wat ons gaan kry, sal nie agteruitgaan nie en sal ook nooit doodgaan nie.54 Wanneer dit alles gebeur, sal dit presies wees soos die Skrif gesê het dit gaan wees: "Die dood het nie meer enige krag of invloed nie. God het al die krag as oorwinnaar.
55 "Daar is net mooi niks oor van die dood se mag nie. Sal die dood ons nog kan seermaak? Nee, vir seker nie."56 Sonde is die oorsaak dat ons doodgaan. En ons kan nie stry dat ons in sonde vasgevang is nie omdat die wet van God so duidelik daar is en dit vir ons wys.57 Maar ons is anders; ons het baie waarvoor ons vir God baie dankie kan sê. Jesus Christus het gewen en omdat Hy gewen het, het God ons saam met Hom wenners gemaak.
58 My liewe broers en susters, dit gee julle alle rede om julle nie 'n duim te laat wegbeweeg van dit waarin julle glo nie. Staan vas. As daar iets is wat julle vir die Here kan doen, doen dit en nog meer, maak nie saak wanneer en waar nie. Julle twyfel mos nie een oomblik daaraan dat wat julle vir die Here doen die moeite werd is nie.
1 Corinthians 15
Christ’s Resurrection
1 Now I want to make clear for you,t brothers and sisters,t the gospel that I preached to you, that you received and on which you stand,2 and by which you are being saved, if you hold firmly to the message I preached to you – unless you believed in vain.3 For I passed on to you as of first importancet what I also received – that Christ died for our sins according to the scriptures,4 and that he was buried, and that he was raisedt on the third day according to the scriptures,5 and that he appeared to Cephas, then to the twelve.6 Then he appeared to more than five hundred of the brothers and sisterst at one time, most of whom are still alive,t though some have fallen asleep.t7 Then he appeared to James, then to all the apostles.8 Last of all, as though to one born at the wrong time,s he appeared to me also.9 For I am the least of the apostles, unworthy to be called an apostle, because I persecuted the church of God.10 But by the grace of God I am what I am, and his grace to me has not been in vain. In fact, I worked harder than all of them – yet not I, but the grace of God with me.
11 Whether then it was I or they, this is the way we preach and this is the way you believed.
No Resurrection?
12 Now if Christ is being preached as raised from the dead,t how can some of you say there is no resurrection of the dead?13 But if there is no resurrection of the dead, then not even Christ has been raised.14 And if Christ has not been raised, then our preaching is futile and your faith is empty.15 Also, we are found to be false witnesses about God, because we have testified against God that he raised Christ from the dead, when in reality he did not raise him, if indeed the dead are not raised.16 For if the dead are not raised, then not even Christ has been raised.17 And if Christ has not been raised, your faith is useless; you are still in your sins.18 Furthermore, those who have fallen asleept in Christ have also perished.
19 For if only in this life we have hope in Christ, we should be pitied more than anyone.
20 But now Christ has been raised from the dead, the firstfruits of those who have fallen asleep.21 For since death came through a man,t the resurrection of the dead also came through a man.t22 For just as in Adam all die, so also in Christ all will be made alive.23 But each in his own order: Christ, the firstfruits; then when Christ comes, those who belong to him.t24 Thent comes the end,t when he hands over the kingdom to God the Father, when he has brought to an end all rule and all authority and power.25 For he must reign until he has put all his enemies under his feet.26 The last enemy to be eliminated is death.27 For he has put everything in subjection under his feet.s But when it says “everything” has been put in subjection, it is clear that this does not include the one who put everything in subjection to him.
28 And when all things are subjected to him, then the Son himself will be subjected to the one who subjected everything to him, so that God may be all in all.
29 Otherwise, what will those do who are baptized for the dead?s If the dead are not raised at all, then why are they baptized for them?30 Why too are we in danger every hour?31 Every day I am in danger of death! This is as sure ast my boasting in you,s which I have in Christ Jesus our Lord.32 If from a human point of view I fought with wild beasts at Ephesus,s what did it benefit me? If the dead are not raised, let us eat and drink, for tomorrow we die.s33 Do not be deceived: “Bad company corrupts good morals.”s
34 Sober up as you should, and stop sinning! For some have no knowledge of God – I say this to your shame!
The Resurrection Body
35 But someone will say, “How are the dead raised? With what kind of body will they come?”36 Fool! What you sow will not come to life unless it dies.37 And what you sow is not the body that is to be, but a bare seedt – perhaps of wheat or something else.38 But God gives it a body just as he planned, and to each of the seeds a body of its own.39 All flesh is not the same: People have one flesh, animals have another, birds and fish another.t40 And there are heavenly bodies and earthly bodies. The glory of the heavenly body is one sort and the earthly another.
41 There is one glory of the sun, and another glory of the moon and another glory of the stars, for star differs from star in glory.
42 It is the same with the resurrection of the dead. What is sown is perishable, what is raised is imperishable.t43 It is sown in dishonor, it is raised in glory; it is sown in weakness, it is raised in power;44 it is sown a natural body, it is raised a spiritual body. If there is a natural body, there is also a spiritual body.45 So also it is written, “The first man, Adam, became a living person”;t the last Adam became a life-giving spirit.46 However, the spiritual did not come first, but the natural, and then the spiritual.47 The first man is from the earth, made of dust; the second man is from heaven.48 Like the one made of dust, so too are those made of dust, and like the one from heaven, so too those who are heavenly.
49 And just as we have borne the image of the man of dust, let us also bears the image of the man of heaven.
50 Now this is what I am saying, brothers and sisters:t Flesh and blood cannot inherit the kingdom of God, nor does the perishable inherit the imperishable.51 Listen,t I will tell you a mystery: We will not all sleep,st but we will all be changed –52 in a moment, in the blinkingt of an eye, at the last trumpet. For the trumpet will sound, and the dead will be raised imperishable, and we will be changed.53 For this perishable body must put on the imperishable, and this mortal body must put on immortality.
54 Now when this perishable puts on the imperishable, and this mortal puts on immortality, then the saying that is written will happen,
“Death has been swallowed up in victory.”s
55 “Where, O death, is your victory?
Where, O death, is your sting?”s
56 The sting of death is sin, and the power of sin is the law.57 But thanks be to God, who gives us the victory through our Lord Jesus Christ!
58 So then, dear brothers and sisters,t be firm. Do not be moved! Always be outstanding in the work of the Lord, knowing that your labor is not in vain in the Lord.