1 KORINTIËRS 15
Jesus Christus het beslis opgestaan!
1 Broers en susters, ek herinner julle aan die Goeie Nuus wat ek tevore reeds aan julle verkondig het. Julle het dit aangeneem en hierdie boodskap vorm die vaste basis van julle geloof.
2 Deur hierdie Goeie Nuus word julle verlossing bewerk, dit wil sê as julle daaraan vashou soos ek dit oorspronklik aan julle verkondig het - anders was julle geloof heeltemal nutteloos.
3 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het.4 Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan.5 Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels.6 Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels.8 Heel laaste van almal het Hy ook aan my verskyn, asof ek ontydig gebore is.
9 Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van 'n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het.
10 Maar deur God se genade is ek wat ek vandag is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander - en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.
11 Maak ook nie saak wie gepreek het nie. Die belangrike feit is dat dít die Goeie Nuus is wat ons verkondig en wat julle in die geloof aangeneem het.
Die dooies sal beslis opstaan
12 Sê vir my, as ons verkondig dat God Christus uit die dood laat opstaan het, hoe is daar dan sommige van julle wat beweer dat daar nie so iets soos die opstanding uit die dood bestaan nie?
13 As daar werklik geen opstanding uit die dood is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
14 Maar as Christus nie opgewek is nie, sou dit beteken dat ons verkondiging geen substansie het nie en dat julle geloof ook platval.
15 Dan sou ons as leuenaars omtrent God aan die kaak gestel word. Dan het ons mos teen die waarheid van God in getuig dat Hy Christus opgewek het, terwyl Hy dit in werklikheid nie gedoen het nie - dit wil nou sê, as die dooies nie opgewek word nie.
16 Ek sê weer, as die dooies nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.17 En as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof waardeloos en is julle nog vasgevang in julle sondes.18 In daardie geval is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore!
19 As ons egter op niks meer sou kon hoop as dat Christus 'n verskil sal maak aan ons huidige lewe nie, sou ons definitief die bejammerenswaardigste mense onder die son wees!
Christus se opwekking waarborg die gelowiges se opstanding
20 Maar nou is die werklikheid totaal anders! God hét Christus uit die dood laat opstaan! Dit gee ons die waarborg dat ook die ander dooies sal opstaan.
21 Julle sien, soos die dood deur 'n mens, naamlik Adam, in die wêreld ingekom het, so het die opstanding uit die dood ook deur 'n mens werklikheid geword.22 Almal van ons sterf omdat ons almal aan Adam, die eerste mens, verbonde is. Net so sal almal wat aan Christus, die ander mens, verbonde is, weer lewendig gemaak word.23 Maar daar is 'n bepaalde volgorde hieraan verbonde: Christus was die eerste Een; daarna, wanneer Christus terugkom, sal al sy mense opgewek word.24 Vervolgens sal die einde kom wanneer Jesus die koningsheerskappy aan God die Vader sal teruggee nadat Hy elke vyandige mag wat daar kan wees, onderwerp het.25 Want Christus moet aan bewind bly totdat Hy alle vyande finaal verslaan en aan Hom onderdanig gemaak het.26 Die laaste van hierdie vyande wat vernietig moet word, is die dood.
27 Die Skrif sê mos: "God het aan Hom gesag oor alles gegee." (Natuurlik, wanneer die Skrif sê dat God aan Hom die gesag oor alles gegee het, is God wat aan Christus hierdie gesag gegee het self uitgesluit.)
28 Wanneer die Seun dan alles aan Homself onderwerp het, sal Hy Hom ook self aan God onderwerp. So sal God dan, wat aan sy Seun die gesag oor alles gegee het, uiteindelik die absolute Koning oor alles en almal wees.
29 As die dooies hoegenaamd nie opgewek word nie, watter sin het dit dan dat mense hulle vir die dooies laat doop? Waarom sou hulle dit nog vir die dooies doen as hulle in elk geval nie weer opgewek word nie?
30 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel?
31 Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het.
32 Verder, waarom sou ek as't ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie,
"laat ons feesvier en dronk word,
want môre sterf ons".
33 Moenie toelaat dat mense wat sulke dinge sê, julle vir die gek hou nie, want
"slegte geselskap
bederf goeie gewoontes".
34 Kom tot julle sinne en moenie langer sondig nie. Tot julle beskaming moet ek vir julle sê dat party van julle heeltemal tekort skiet wat julle kennis van God betref.
Paulus beskryf hoe gelowiges se opstandingsliggaam sal wees
35 Nou kan iemand vra: "Hoe sal die dooies wees wanneer hulle opgewek word? Watter soort liggame sal hulle hê?"36 Jou onverstandige mens, as jy saad in die grond sit, ontkiem dit tog nie tot nuwe lewe as dit nie eers self doodgegaan het nie.37 Wat jy in die grond sit, is nie die plant wat gaan groei nie, maar bloot 'n droë koringkorreltjie of watter ander saad jy ook al plant.38 Dan gee God daaraan 'n nuwe liggaam - presies soos Hy dit bepaal het. Van elke soort saad groei daar 'n ander soort plant.
39 En net soos daar verskillende soorte saad en plante is, so is daar ook verskillende soorte vleis - dié van mense en diere en voëls en visse is almal verskillend.
40 Verder is daar ook hemelse liggame en aardse liggame. Die prag van die hemelliggame verskil van dié van aardse liggame.
41 Die stralende prag van die son verskil van dié van die maan, en die sterre het weer hulle eie prag. Die een ster se prag verskil ook weer van die ander een.
42 Dieselfde is die geval met die opstanding van die dooies. Ons aardse liggame, wat gewoonweg sal sterf en vergaan, sal anders wees wanneer hulle opgewek word, want hulle sal nooit weer sterf nie.43 Daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid. Daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
44 'n Fisiese liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Ja, net soos daar fisiese liggame is, so is daar ook geestelike liggame.
45 Die Skrif sê vir ons: "Die eerste mens, Adam, het 'n lewende, fisiese persoon geword." Maar die laaste Adam - dit is Christus - het 'n lewendmakende geestelike Persoon geword.
46 Die natuurlike, fisiese liggaam het eerste gekom, daarna die geestelike een.47 Adam, die eerste mens, was uit die stof van die aarde gemaak, terwyl Christus, die tweede mens, van die hemel kom.48 Elke menslike wese het 'n aardse liggaam, net soos dié van Adam, maar ons hemelse liggame sal net soos dié van Christus wees.
49 Net soos ons nou ewebeelde van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag ewebeelde van Christus wees, die mens uit die hemel.
50 Wat ek wil sê, broers en susters, is dat 'n gewone mens van vleis en bloed nie net so aan die koninkryk van God kan deel kry nie. Wat verganklik is, kan nie deel kry aan wat onverganklik is nie.
51 Ek wil aan julle 'n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word.52 Dit sal dadelik, ja, in 'n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word.
53 Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie.
54 Wanneer dit gebeur - wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie - dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word:
"Die dood is totaal uitgewis,
want dit is heeltemal oorwin."
55 "O dood, waar is jou oorwinning?
Dood, wat het van jou angel
geword?"
56 Want sonde is die angel wat die dood veroorsaak. En dit is die wet wat aan die sonde sy slaankrag gee.
57 Aan God kom ons dank toe - Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!
58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd.
1 CORINTHIANS 15
Christ Was Raised to Life
1 My friends, I want you to remember the message I preached and that you believed and trusted.
2 You will be saved by this message, if you hold firmly to it. But if you don't, your faith was all for nothing.
3 t I told you the most important part of the message exactly as it was told to me. This part is:
Christ died for our sins,
as the Scriptures say.
4 t He was buried,
and three days later
he was raised to life,
as the Scriptures say.
5 t Christ appeared to Peter, t
then to the twelve.
6 After this, he appeared
to more than five hundred
other followers.
Most of them are still alive,
but some have died.
7 He also appeared to James,
then to all of the apostles.
8 t Finally, he appeared to me, even though I am like someone who was born at the wrong time.t
9 t I am the least important of all the apostles. In fact, I caused so much trouble for God's church that I don't even deserve to be called an apostle. 10 But God treated me with undeserved grace! He made me what I am, and his grace wasn't wasted. I worked much harder than any of the other apostles, although it was really God's grace at work and not me.
11 But it doesn't matter if I preached or if they preached. All of you believed the message just the same.God's People //Will Be Raised to Life
12 If we preach that Christ was raised from death, how can some of you say the dead will not be raised to life? 13 If they won't be raised to life, Christ himself wasn't raised to life. 14 And if Christ wasn't raised to life, our message is worthless, and so is your faith.
15 If the dead won't be raised to life, we have told lies about God by saying he raised Christ to life, when he really did not.
16 So if the dead won't be raised to life, Christ wasn't raised to life. 17 Unless Christ was raised to life, your faith is useless, and you are still living in your sins. 18 And those people who died after putting their faith in him are completely lost.
19 If our hope in Christ is good only for this life, we are worse off than anyone else.
20 But Christ has been raised to life! And he makes us certain that others will also be raised to life. 21 Just as we will die because of Adam, we will be raised to life because of Christ. 22 Adam brought death to all of us, and Christ will bring life to all of us. 23 But we must each wait our turn. Christ was the first to be raised to life, and his people will be raised to life when he returns.
24 Then after Christ has destroyed all powers and forces, the end will come, and he will give the kingdom to God the Father.
25 t Christ will rule until he puts all his enemies under his power, 26 and the last enemy he destroys will be death. 27 t When the Scriptures say he will put everything under his power, they don't include God. It was God who put everything under the power of Christ.
28 After everything is under the power of God's Son, he will put himself under the power of God, who put everything under his Son's power. Then God will mean everything to everyone.
29 t If the dead are not going to be raised to life, what will people do who are being baptized for them? Why are they being baptized for those dead people? 30 And why do we always risk our lives 31 and face death every day? The pride that I have in you because of Christ Jesus our Lord is what makes me say this.
32 t What do you think I gained by fighting wild animals in Ephesus? If the dead are not raised to life,
“Let's eat and drink.
Tomorrow we die.”
33 Don't fool yourselves. Bad friends will destroy you.
34 Be sensible and stop sinning. You should be embarrassed that some people still don't know about God.What Our Bodies Will Be Like
35 Some of you have asked, “How will the dead be raised to life? What kind of bodies will they have?” 36 Don't be foolish. A seed must die before it can sprout from the ground. 37 Wheat seeds and all other seeds look different from the sprouts that come up. 38 This is because God gives everything the kind of body he wants it to have. 39 People, animals, birds, and fish are each made of flesh, but none of them are alike. 40 Everything in the heavens has a body, and so does everything on earth. But each one is very different from all the others.
41 The sun isn't like the moon, the moon isn't like the stars, and each star is different.
42 That's how it will be when our bodies are raised to life. These bodies will die, but the bodies that are raised will live forever. 43 These ugly and weak bodies will become beautiful and strong.
44 As surely as there are physical bodies, there are spiritual bodies. And our physical bodies will be changed into spiritual bodies.
45 t The first man was named Adam, and the Scriptures tell us that he was a living person. But Jesus, who may be called the last Adam, is a life-giving spirit. 46 We see that the one with a spiritual body did not come first. He came after the one who had a physical body. 47 The first man was made from the dust of the earth, but the second man came from heaven. 48 Everyone on earth has a body like the body of the one who was made from the dust of the earth. And everyone in heaven has a body like the body of the one who came from heaven.
49 Just as we are like the one who was made out of earth, we will be like the one who came from heaven.
50 My friends, I want you to know that our bodies of flesh and blood will decay. This means they cannot share in God's kingdom, which lasts forever. 51 t I will explain a mystery to you. Not every one of us will die, but we will all be changed. 52 It will happen suddenly, quicker than the blink of an eye. At the sound of the last trumpet the dead will be raised. We will all be changed, so we will never die again. 53 Our dead and decaying bodies will be changed into bodies that won't die or decay.
54 t The bodies we now have are weak and can die. But they will be changed into bodies that are eternal. Then the Scriptures will come true,
“Death has lost the battle!
55 t Where is its victory?
Where is its sting?”
56 Sin is what gives death its sting, and the Law is the power behind sin.
57 But thank God for letting our Lord Jesus Christ give us the victory!
58 My dear friends, stand firm and don't be shaken. Always keep busy working for the Lord. You know that everything you do for him is worthwhile.