1 Korintiërs 2
Die Heilige Gees werk wanneer Paulus preek
1 Vriende, ek het na julle toe gekom om vir julle te vertel van die dinge van God, dinge waarvan julle niks geweet het nie. Ek het toe nie moeilike woorde gebruik of gemaak of ek baie slim is nie. 2 Ek het dit gedoen omdat ek vir julle net wou leer van Jesus Christus, en dat God Hom laat tkruisig het. 3 Ja, toe ek by julle gekom het, het ek getwyfel of ek die boodskap van Christus reg sal kan bring vir julle. Ek was baie bang en benoud. 4 Toe ek vir julle geleer het en vertel het van Christus, het ek nie slim woorde gebruik sodat julle my moet glo nie. Nee, die Gees van God het sterk in my gewerk.
5 Daarom glo julle, maar nie omdat iemand slim woorde gebruik het sodat julle moet dink hy is wonderlik nie. Julle glo omdat julle gesien het hoe sterk God se krag gewerk het.Die Gees van God vertel van die dinge van God
6 Die mense wat God se planne verstaan, weet dat die dinge wat ons sê, baie tverstandig is. Maar onthou, ons praat van dinge wat die mense van hierdie wêreld en die mense wat oor die wêreld regeer, nie verstaan nie. Die tyd van die leiers van die wêreld is amper verby. 7 Ons vertel vir julle van God se plan. Niemand het iets daarvan geweet nie, net God het daarvan geweet. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy begin om sy plan gereed te maak sodat ons eendag saam met Hom kan wees waar Hy Koning is. 8 Nie een van die wêreld se leiers het hierdie plan geken nie. As hulle dit geken het, dan sou hulle nie die Here tgekruisig het nie, die Here wat Koning is.
9 Die woorde in die Ou Testament is waar. Daar is geskryf:
tGod het iets gereedgemaak.
Niemand het dit gesien nie,
niemand het daarvan
gehoor nie,
en niemand het daaraan
gedink nie.
Hy het dit gereedgemaak
vir die mense
wat lief is vir Hom.
10 God het die Heilige Gees gestuur om hierdie plan vir ons te wys. Die Gees vind alles uit oor alle dinge, ook oor die dinge van God waarvan niemand weet nie. 11 Wie ken die dinge wat ’n mens dink? Net die gees van die mens ken dit. Dit is ook so by God: Niemand ken die dinge wat God dink nie, net God se Gees ken dit. 12 Maar óns verstaan die dinge wat God vir ons gegee het. Hy het dit gegee omdat Hy tgenadig is vir ons. Ons verstaan dit omdat God vir ons sý Gees gegee het, nie die gees van die wêreld nie. 13 Wanneer ons oor die dinge van God praat, dan gebruik ons nie woorde wat slim mense vir ons geleer het nie, ons gebruik woorde wat God se Gees vir ons geleer het. En so verduidelik ons tgeestelike dinge vir mense wat die geestelike dinge kan verstaan. 14 Iemand wat lewe soos die mense van hierdie wêreld, wil nie die dinge van God se Gees hê nie, want hy dink dit is dom dinge. Hy kan dit nie verstaan nie omdat ’n mens dit tgeestelik moet verstaan. 15 Iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, kan oor enige iets sê of dit reg of verkeerd is. Maar niemand anders kan sê of iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, reg of verkeerd is nie.
16 In die Ou Testament is geskryf:
tNiemand kan verstaan
wat die Here dink nie,
niemand kan vir Hom sê
wat Hy moet doen nie.
Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.
1 Corinthians 2
1 Brothers and sisters, when I came to you I didn't come with fancy words or great wisdom. I preached to you the truth about God's love.2 I made up my mind to pay attention to only one thing while I was with you. That one thing was Jesus Christ and his death on the cross.
3 When I came to you, I was weak and afraid and trembling all over.4 I didn't preach my message with clever and compelling words. As I preached, the Holy Spirit showed his power.5 That was so you would believe not because of human wisdom but because of God's power.
Wisdom From the Holy Spirit
6 The words we speak to those who have grown in the faith are wise. Our words are different from the words of the wise people or rulers of this world. People like that aren't going anywhere.7 No, we speak about God's secret wisdom. His wisdom has been hidden. But before time began, God planned that his wisdom would bring us heavenly glory.
8 None of the rulers of this world understood God's wisdom. If they had, they would not have nailed the Lord of glory to the cross.
9 It is written,
"No eye has seen,
no ear has heard,
no mind has known
what God has prepared for those who love him." (Isaiah 64:4)
10 But God has shown it to us through his Spirit.
The Spirit understands all things. He understands even the deep things of God.11 Who can know the thoughts of another person? Only a person's own spirit can know them. In the same way, only the Spirit of God knows God's thoughts.
12 We have not received the spirit of the world. We have received the Spirit who is from God. The Spirit helps us understand what God has freely given us.
13 That is what we speak about. We don't use words taught to us by people. We use words taught to us by the Holy Spirit. We use the words of the Spirit to teach the truths of the Spirit.
14 Some people don't have the Holy Spirit. They don't accept the things that come from the Spirit of God. Things like that are foolish to them. They can't understand them. In fact, such things can't be understood without the Spirit's help.
15 Everyone who has the Spirit can judge all things. But no one can judge those who have the Spirit. It is written,
16 "Who can ever know what is in the Lord's mind?
Can anyone ever teach him?" (Isaiah 40:13)
But we have the mind of Christ.