previous next

1 Korintiërs 2

1 My liewe vriende, onthou julle nog toe ek die eerste maal daar by julle aangekom het? Toe ek julle van God se wonderlike planne kom vertel het, het ek nie met lang stories wat mooi klink of ingewikkelde redenasies gekom nie.2 Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou: ek het julle van Jesus Christus kom vertel, die Jesus wat aan die kruis dood is.3 Ek was nie voor op die wa nie. Om die waarheid te sê, ek was maar skrikkerig, want ek het geweet ek is nie iemand wat belangrik of invloedryk is nie.4 Ja, my boodskap was eenvoudig. Dit was nie 'n klomp hoë woorde wat 'n mens se kop laat draai of so geleerd klink dat jy maar net ja en amen sê nie.
In plaas daarvan om na slim argumente te luister kon mense eerder sien hoe kragtig die Gees van God werk.
5 Julle vertroue op God en sy boodskap staan dus nie op die wankelrige pilare van mense se slim idees nie, maar dit staan vierkant op die krag van God.
6  Ek praat met julle oor baie diep dinge wat julle lewe diep beïnvloed. Net mense wat daarvoor ryp is, kan dit regtig verstaan. Dit is nie populêre dinge of dinge wat die belangrike mense baie beïndruk nie. Hierdie mense leef in elk geval maar net 'n rukkie en dan gaan hulle manier van lewe saam met hulle dood.7 Nee, die boodskap wat ek bring, is dit wat regtig waar en reg is. Dit is soos God bedoel het ons lewe moet wees. Niemand het mooi besef presies hoe dit sou wees nie, want God het dit geheim gehou tot nou toe. Nog voor die wêreld geskape is, het Hy al hierdie dinge spesiaal net vir ons reggemaak.8 Nie een van die leiers van hierdie wêreld het 'n idee waaroor God se planne gaan nie. As hulle 'n idee gehad het, sou hulle nie die Here wat soveel goddelikheid uitgestraal het, aan 'n kruis vasgeslaan het om daar te sterf nie.9 Daar is mos geskryf:
"Niemand het nog ooit so iets gesien of gehoor nie. In sy wildste drome kon niemand nog ooit homself so iets voorstel nie. Ek praat van al die dinge wat God reggemaak het vir die mense wat Hom liefhet."
10  Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan.11 Dit is net soos met 'n mens. Niemand weet wat binne-in jou omgaan behalwe jou gees nie. Net so weet niemand wat binne-in God omgaan behalwe God se Gees nie.12 Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. Hy het nie sommer 'n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. Die Gees vertel ons immers daarvan.13 Ons vertel julle dus nie allerhande slimmighede wat ons by ander mense gehoor of in boeke gelees het nie. Wat ons julle vertel, het ons by die Gees self geleer. Dit is God se geestelike boodskap.
14 Iemand wat net op 'n menslike vlak bly dink en net glo wat mense kan verklaar, sal nie 'n woord van God se geestelike boodskap wil aanvaar nie. Dit sal nie vir hom sin maak nie en hy sal nie kan verstaan hoe op aarde dit moontlik kan wees nie. Die fout lê by hom en nie by die dinge wat hy nie kan verstaan nie. Hy is die een wie se oë heeltemal toe is vir die geestelike dinge. Net die Heilige Gees kan hierdie dinge vir 'n mens duidelik maak.15 Iemand wat die Heilige Gees in sy lewe het, sal weet wat om van al hierdie dinge te dink. Hy sal geestelik sensitief wees, al sal die ongelowige mense hom nie verstaan nie.
16 Die Skrif sê mos:
"Wie weet wat binne-in die Here omgaan sodat hy vir Hom kan sê wat om te doen?"
Ons wat sy Gees het, ken Jesus deur en deur.

1 Corinthians 2

1 When I camet to you, brothers and sisters,t I did not come with superior eloquence or wisdom as I proclaimed the testimonys of God.2 For I decided to be concerned about nothingt among you except Jesus Christ, and him crucified.3 And I was with you in weakness and in fear and with much trembling.4 My conversation and my preaching were not with persuasive words of wisdom, but with a demonstration of the Spirit and of power,

5 so that your faith would not be based on human wisdom but on the power of God.

Wisdom from God

6 Now we do speak wisdom among the mature,t but not a wisdom of this age or of the rulers of this age, who are perishing.7 Instead we speak the wisdom of God, hidden in a mystery, that God determined before the ages for our glory.8 None of the rulers of this age understood it. If they had known it, they would not have crucified the Lord of glory.9 But just as it is written, “Things that no eye has seen, or ear heard, or mind imagined,tare the things God has prepared for those who love him.”s10 God has revealed these to us by the Spirit. For the Spirit searches all things, even the deep things of God.11 For who among men knows the things of a man except the man’s spirit within him? So too, no one knows the things of God except the Spirit of God.12 Now we have not received the spirit of the world, but the Spirit who is from God, so that we may know the things that are freely given to us by God.13 And we speak about these things, not with words taught us by human wisdom, but with those taught by the Spirit, explaining spiritual things to spiritual people.t14 The unbelievert does not receive the things of the Spirit of God, for they are foolishness to him. And he cannot understand them, because they are spiritually discerned.15 The one who is spiritual discernst all things, yet he himself is understoodt by no one.

16 For who has known the mind of the Lord, so as to advise him?s But we have the mind of Christ.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.