previous next

1 KORINTIËRS 2

1 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie 'n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie.2 Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood.3 Ek het na julle gekom in swakheid - angstig en vol huiwering.4 My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het.

5 Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.
6 Ja, wanneer ek onder geestelik volwassenes is, gebruik ek wel woorde van wysheid, maar dan ook nie die soort wysheid wat eie is aan hierdie wêreld of aan die heersers van hierdie wêreld wat self tot die verlede sal behoort nie.

7 Nee, die wysheid waarvan ons praat, is die diepsinnige wysheid van God wat voorheen geheim gehou is, wat God van ewigheid af daargestel het sodat ons die heerlikheid kan ontvang.
8 Maar die heersers van hierdie wêreld het dit nie begryp nie. As hulle dit wel begryp het, sou hulle nooit ons Here aan wie die heerlikheid behoort, gekruisig het nie.9 Dit is wat die Skrif bedoel met die woorde:
"Wat geen oog gesien het;
wat geen oor gehoor het;
wat in niemand se hart
opgekom het nie -
dit het God voorberei
vir hulle wat Hom liefhet."
10 Maar ons ken hierdie geheim omdat God dit deur sy Gees aan ons bekendgemaak het. Want die Gees deurvors alle dinge, ook God se diepste geheime.11 Niemand sal ooit die diepste gedagtes van 'n mens ken nie, behalwe daardie persoon se eie gees. Net so kan niemand God se diepste geheime ken nie, behalwe die Gees van God.12 Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan - nie dié van die wêreld nie - sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het.

13 As ons hierdie dinge aan julle vertel, gebruik ons nie woorde wat hulle oorsprong het in menslike slimmigheid nie, maar wat hulle oorsprong het by die Gees.
Ons gebruik woorde wat van die Gees kom om geestelike waarhede te verduidelik.
14 Die natuurlike mens kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit 'n geestelike perspektief verstaan word.15 Ons in wie die Gees is, verstaan al hierdie dinge, maar ander kan ons glad nie verstaan nie.16 Hoe kan hulle ook? Want:
"Wie kan verstaan
wat die Here dink?
Wie kan Hom raad gee?"
Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink.

1 CORINTHIANS 2

Telling about Christ //and the Cross

1 Friends, when I came and told you the mysteryt that God had shared with us, I didn't use big words or try to sound wise.

2 In fact, while I was with you, I made up my mind to speak only about Jesus Christ, who had been nailed to a cross.
3  t At first, I was weak and trembling with fear. 4 When I talked with you or preached, I didn't try to prove anything by sounding wise. I simply let God's Spirit show his power.

5 That way you would have faith because of God's power and not because of human wisdom.
6 We do use wisdom when speaking to people who are mature in their faith. But it isn't the wisdom of this world or of its rulers, who will soon disappear. 7 We speak of God's hidden and mysterious wisdom that God decided to use for our glory long before the world began. 8 t The rulers of this world didn't know anything about this wisdom. If they had known about it, they would not have nailed the glorious Lord to a cross.

9 t But it is just as the Scriptures say,
“What God has planned
for people who love him
is more than eyes have seen
or ears have heard.
It has never even
entered our minds!”
10 God's Spirit has shown you everything. His Spirit finds out everything, even what is deep in the mind of God. 11 You are the only one who knows what is in your own mind, and God's Spirit is the only one who knows what is in God's mind.

12 But God has given us his Spirit. This is why we don't think the same way that the people of this world think. This is also why we can recognize the blessings God has given us.
13 Every word we speak was taught to us by God's Spirit, not by human wisdom. And this same Spirit helps us teach spiritual things to spiritual people.t 14 This is why only someone who has God's Spirit can understand spiritual blessings. Anyone who doesn't have God's Spirit thinks these blessings are foolish. 15 People who are guided by the Spirit can make all kinds of judgments, but they cannot be judged by others.

16 t The Scriptures ask,
“Has anyone ever known
the thoughts of the Lord
or given him advice?”
But we understand what Christ is thinking.t