previous next

1 Korintiërs 3

Hoekom is groepe mense teen mekaar?

1 Vriende, ek kon nie met julle praat soos met tgeestelike mense nie. Ek het met julle gepraat soos met twêreldse mense, soos met klein kindertjies wat vir die eerste maal van Christus gehoor het. 2 Ek het vir julle melk gegee soos vir klein kindertjies. Ek het nie vir julle grootmenskos gegee nie, want julle kon dit nie eet nie. Julle kan dit ook nou nog nie eet nie. 3 Julle is nog wêreldse mense, want julle is jaloers op mekaar en julle twis met mekaar. Dit wys dat julle wêreldse mense is, julle doen wat die mense van die wêreld doen.

4 Party van julle sê: “Ek behoort aan Paulus,” ander sê: “Ek behoort aan Apollos.” Wanneer julle so sê, dan doen julle wat die mense van die wêreld doen.
5 Apollos en ek, Paulus, is nie belangrik nie. Ons is net mense wat vir julle gehelp het om te begin glo. Die Here het vir my en Apollos elkeen ’n werk gegee. 6 Ek het die saad van die boodskap van God geplant en Apollos het dit natgegooi, maar dit is God wat dit laat groei het. 7 Die persoon wat plant en die persoon wat natgooi, is nie belangrik nie. Die Persoon wat laat groei, is belangrik, en dit is God. 8 Die persoon wat plant, doen nie belangriker werk as die persoon wat natgooi nie. God sal elkeen tbeloon vir die werk wat hy gedoen het.

9 Ons werk almal saam vir God. En julle is soos ’n stuk grond waar God besig is om te werk.

Die gelowiges is die gebou en die tempel van God


Julle is ’n gebou van God. 10 God was tgenadig vir my. Hy het gesê ek mag die tfondament bou. Toe het ek soos ’n goeie bouer die fondament gebou, en ’n ander bouer bou verder daarop. Elkeen moet goed kyk hoe hy daarop bou. 11 Niemand kan ’n ander fondament bou nie, want daar is klaar ’n fondament. Hierdie fondament is Jesus Christus. 12 ’n Mens kan op hierdie fondament bou met goud, silwer, tedelstene, hout, gras of strooi. 13 Wanneer die Here kom, dan sal almal kan sien waarmee elkeen gebou het, want op daardie tdag sal daar ook vuur kom. Die vuur sal elkeen se bouwerk toets om te kyk of hy goed gebou het. 14 Wanneer iemand op die fondament gebou het, en sy werk bly staan, dan sal die Here daardie persoon tbeloon.

15 Maar as iemand se werk verbrand, dan sal daardie persoon alles verloor. Maar die Here sal die persoon self red, Hy sal die persoon uit die vuur red.
16 Julle moet onthou dat julle die ttempel van God is en dat die Gees van God in julle woon.

17 As iemand die tempel van God tontwy, dan sal God daardie persoon straf, want die tempel van God behoort aan God. En júlle is daardie tempel.
18 Julle moenie julleself tbedrieg nie. Een van julle dink miskien hy is slim in hierdie wêreld, maar hy sal eers regtig slim wees wanneer hy weet hy is dom by God.

19 Hoekom? Want God sê die slim dinge van die wêreld is dom. In die Ou Testament is geskryf:
tGod vang die slim mense
met hulle eie slim planne.

20 Daar is ook geskryf:
tDie Here ken die planne
wat die slim mense
van die wêreld maak.
Hy weet dit beteken niks.
21 Daarom moet julle nie spog dat julle aan ’n belangrike leier van die gemeente behoort nie, want al hierdie leiers, ja alle dinge, behoort aan julle. 22 Paulus en Apollos en tSefas en die wêreld en die lewe en die dood en die belangrike dinge van hierdie lewe en van die lewe wat eendag kom, ja, alles behoort aan julle. 23 En julle behoort aan Christus, en Christus behoort aan God.

1 Corinthians 3

Taking Sides in the Church

1 Brothers and sisters, I couldn't speak to you as if you were guided by the Holy Spirit. I had to speak to you as if you were following the ways of the world. You aren't growing as Christ wants you to. You are still like babies.2 The words I spoke to you were like milk, not like solid food. You weren't ready for solid food yet. And you still aren't ready for it.
3 You are still following the ways of the world. Some of you are jealous. Some of you argue. So aren't you following the ways of the world? Aren't you acting like ordinary human beings?4 One of you says, "I follow Paul." Another says, "I follow Apollos." Aren't you acting like ordinary human beings?
5 After all, what is Apollos? And what is Paul? We are only people who serve. We helped you to believe. The Lord has given each of us our own work to do.6 I planted the seed. Apollos watered it. But God made it grow.
7 So the one who plants is not important. The one who waters is not important. It is God who makes things grow. He is the One who is important.8 The one who plants and the one who waters have the same purpose. The Lord will give each of us a reward for our work.9 We work together with God. You are like God's field. You are like his building.
10 God has given me the grace to lay a foundation as a master builder. Now someone else is building on it. But each one should build carefully.11 No one can lay any other foundation than the one that has already been laid. That foundation is Jesus Christ.
12 A person may build on it using gold, silver, jewels, wood, hay or straw.13 But each person's work will be shown for what it is. On judgment day it will be brought to light. It will be put through fire. The fire will test how good everyone's work is.14 If the building doesn't burn up, God will give the builder a reward for his work.15 If the building burns up, the builder will lose everything. The builder will be saved, but only like one escaping through the flames.
16 Don't you know that you yourselves are God's temple? God's Spirit lives in you.17 If anyone destroys God's temple, God will destroy him. God's temple is holy. And you are that temple.
18 Don't fool yourselves. Suppose some of you think you are wise by the standards of the world. Then you should become a "fool" so that you can become wise.
19 The wisdom of this world is foolish in God's eyes. It is written, "God catches wise people in their own tricks." (Job 5:13)20 It is also written, "The Lord knows that the thoughts of the wise don't amount to anything." (Psalm 94:11)
21 So no more bragging about human beings! All things are yours.22 That means Paul or Apollos or Peter or the world or life or death or the present or the future. All are yours.23 You are joined to Christ and belong to him. And Christ is joined to God.