previous next

1 Korintiërs 4

Die apostels werk vir Christus, hulle kry swaar

1 Julle moet onthou: Ons bring die goeie boodskap, ons is mense wat vir Christus werk. Ons verduidelik vir julle die dinge van God, niemand het iets geweet van daardie dinge nie. 2 Iemand wat hierdie werk doen, moet altyd doen wat hy moet doen. 3 Maar dit is nie vir my belangrik of ménse miskien sal dink dat ek nie altyd doen wat ek moet doen nie. Dit maak nie saak of daardie mense júlle is of ’n tregter nie. Ek sal ook nie self besluit of ek reg gedoen het nie. 4 Ek kan nie onthou dat ek ’n fout gemaak het nie, maar dit is die Here wat sal sê of ek tskuldig is of nie skuldig is nie.

5 Daarom moet julle nie toordeel voor dit die regte tyd is nie. Wag eers totdat die Here kom. Hy sal die dinge wat niemand nou weet nie, vir almal vertel. Hy sal sê wat elkeen in sy hart dink. En dan sal God elkeen prys.
6 Vriende, ek en Apollos doen alles waaroor ek nou geskryf het. Ons doen dit vir julle, omdat ons vir julle wil leer. In die Ou Testament is geskryf oor mense wat dink hulle is belangrik. Dit is wat julle ook moet onthou: Niemand mag sê een mens is belangriker as ’n ander mens nie. 7 Hoekom dink jy dat jy beter is as iemand anders? Alles wat jy het, het God vir jou gegee. Hoekom spog jy en maak jy of jy dit self gekry het?

8 Julle dink julle kan baie tevrede wees met julleself. Julle dink julle het genoeg van alles. Julle dink júlle het konings geword, maar óns, die tapostels, is nog nie konings nie. Ek wens julle het konings geword, dan was ons nou saam met julle konings. Maar dit is nie so nie.

9 Ons is apostels, maar ek dink God het vir ons die minste belangrik van almal gemaak. Ons is soos mense wat moet sterf omdat ’n regter gesê het ons moet die doodstraf kry. En nou wil die hele wêreld, mense én tengele, sien hoe ons sterf.
10 Almal dink nou dat ons, die apostels, baie dom is omdat ons vir Christus werk. En julle dink júlle is nou baie slim omdat julle vir Christus leer ken het. Julle dink óns is die swak mense en júlle is die sterk mense. Julle dink júlle is die belangrike mense en óns is nie belangrik nie. 11 Kyk wat het tot nou toe alles met ons gebeur: Ons is honger en dors, ons dra stukkende klere, mense slaan ons, ons het nie ’n huis waar ons kan woon nie. 12 Ons werk baie hard om kos en klere vir onsself te kry. Wanneer mense ons tbeledig, dan bid ons dat dit goed sal gaan met hulle. Wanneer hulle slegte dinge doen aan ons, dan bly ons stil.

13 Wanneer hulle skinder van ons, dan sê ons mooi dinge vir hulle. Ons het geword soos die slegste mense in die wêreld, soos vuilgoed. Niemand dink ons is goed nie, en dit hou nooit op nie.
14 Ek skryf nie hierdie dinge om julle skaam te maak nie. Ek skryf dit om vir julle te leer, want julle is my kinders, ek is baie lief vir julle. 15 Daar is baie mense wat vir julle leer van Christus. Hulle is soos mense wat kinders oppas. Maar julle het nie baie tvaders nie, julle het net een vader. Ek het julle vader geword toe ek die goeie boodskap van Christus Jesus vir julle gebring het, en toe julle in Hom begin glo het. 16 Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet lewe soos ek lewe.

17 En daarom het ek vir Timoteus na julle toe gestuur. Ek het vir Timoteus gehelp om die Here te leer ken, en nou is hy vir my soos ’n kind, ek is baie lief vir hom. Timoteus sal ook doen wat hy moet doen. Hy sal julle help om te onthou wat ek vir die mense leer. Dit is dieselfde dinge wat Christus Jesus vir die mense geleer het. En dit is dieselfde dinge wat ek vir die mense in al die gemeentes leer.
18 Party van julle het gedink ek sal nie weer na julle toe kom nie, en daarom het hulle gedink hulle is nou baie belangrik. 19 Maar ek sál gou weer na julle toe kom, as die Here wil hê dat ek dit moet doen. En dan sal ek uitvind of hierdie mense net praat, en of hulle ook iets doen. 20 Want waar God Koning is, daar práát mense nie net oor die dinge van God nie, God gee vir hulle krag om te dóén wat Hy wil hê. 21 Julle mag self kies wat ek moet doen wanneer ek weer na julle toe kom: Moet ek baie kwaai wees of moet ek vol liefde wees en nie kwaai nie?

1 Corinthians 4

Apostles of Christ

1 Here is how you should think of us. We serve Christ. We are trusted with God's secret truth.2 Those who have been given a trust must prove that they are faithful.
3 I care very little if I am judged by you or by any human court. I don't even judge myself.4 I don't feel I have done anything wrong. But that doesn't mean I'm not guilty. The Lord judges me.
5 So don't judge anything before the appointed time. Wait until the Lord returns. He will bring to light what is hidden in the dark. He will show the real reasons why people do what they do. At that time each person will receive praise from God.
6 Brothers and sisters, I have used myself and Apollos as examples to help you. You can learn from us the meaning of the saying, "Don't go beyond what is written." Then you won't be proud that you follow one person instead of another.
7 Who makes you different from anyone else? What do you have that you did not receive? And if you did receive it, why do you brag as though you did not?
8 You already have everything you want, don't you? Have you already become rich? Have you begun to rule as kings? And did you do that without us? I wish that you really had begun to rule. Then we could rule with you!
9 It seems to me that God has put us apostles on display at the end of a parade. We are like men sentenced to die in front of a crowd. We have been made a show for the whole creation to see. Angels and people are staring at us.
10 We are fools for Christ. But you are so wise in Christ! We are weak. But you are so strong! You are honored. But we are looked down on!11 Up to this very hour we are hungry and thirsty. We are dressed in rags. We are being treated badly. We have no homes.12 We work hard with our own hands. When others call down a curse on us, we bless them. When we are attacked, we put up with it.13 When others say bad things about us, we answer kindly. Up to this moment we have become the world's garbage. We are everybody's trash.
14 I am not writing this to shame you. You are my dear children, and I want to warn you.15 You may have 10,000 believers in Christ watching over you. But you don't have many fathers. I became your father by serving Christ Jesus and telling you the good news.16 So I'm asking you to follow my example.
17 That's the reason I'm sending Timothy to you. He is like a son to me, and I love him. He is faithful in serving the Lord. He will remind you of my way of life in serving Christ Jesus. And that agrees with what I teach everywhere in every church.
18 Some of you have become proud. You act as if I weren't coming to you.19 But I will come very soon, if that's what the Lord wants. Then I will find out how those proud people are talking. I will also find out what power they have.20 The kingdom of God is not a matter of talk. It is a matter of power.
21 Which do you want? Should I come to you with a whip? Or should I come in love and with a gentle spirit?