1 Korintiërs 5
Party mense in die gemeente in Korinte lewe onsedelik. Paulus sê die gemeente moet hulle straf
1 Ek het gehoor daar is mense by julle wat tonsedelik lewe. Die sonde wat hulle doen, is so groot dat ek dit nie kon glo nie. Ook die theidene dink dit is verkeerd. Ek het gehoor daar is ’n man wat by sy stiefma slaap. 2 En julle dink nog altyd julle is beter as ander mense. As julle jammer was oor hierdie sonde, dan was dit beter. Dan sou julle gesê het die man wat hierdie ding doen, mag nie meer aan julle gemeente behoort nie. 3 Ek is nie self nou daar by julle nie, maar dit voel of ek daar is. Daarom wil ek praat soos iemand wat daar by julle is. Ek het klaar besluit wat moet gebeur met die man wat hierdie sonde doen. 4 Julle is die gemeente wat aan ons Here Jesus behoort, en wanneer julle vergadering hou, dan moet julle weet dat ek ook daar by julle is. Ons Here Jesus sal ook daar wees. Hy het baie krag en Hy sal sy krag vir julle gee. 5 Julle moet die man wat hierdie sonde gedoen het vir die tSatan gee, dan sal die Satan oor hom regeer. Die Satan sal hom baie swaar laat kry, sodat die Here hom kan red wanneer die tdag van die Here kom. 6 Julle dink julle is beter as ander mense, en dit is nie mooi nie. Julle weet goed dat ’n bietjie tsuurdeeg al die deeg suur maak. 7 Daarom moet julle die man wat hierdie sonde doen, wegvat uit die gemeente, soos die Israeliete die ou suurdeeg weggevat het uit hulle huise wanneer hulle die tPaasfees gevier het. Dan sal julle wees soos brood wat gebak is met vars deeg. En julle is al klaar soos brood wat so gebak is, brood sonder suurdeeg. Dit is omdat ons tpaaslam klaar gesterf het om ons sonde weg te neem. Ons paaslam is Christus. 8 Daarom moet ons hele lewe soos die Paasfees wees. Maar ons moenie lewe soos mense wat die Paasfees vier met ou suurdeeg nie. Want as ons dit doen, dan doen ons slegte en verkeerde dinge. Ons moet lewe soos mense wat die Paasfees vier met tongesuurde brood. Dan sal ons eerlik en reg voor die Here lewe. 9 In my ander brief het ek vir julle geskryf dat julle moet wegbly van mense wat onsedelik lewe. 10 Maar julle moenie vir my verkeerd verstaan nie. Ek het nie gesê julle moet wegbly van die mense van hierdie wêreld wat onsedelik lewe nie, of van mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of van mense wat ander mense aanval en hulle geld vat, of van mense wat tafgode aanbid nie. Want as julle van daardie mense wil wegbly, dan sal julle heeltemal uit die wêreld moet weggaan. 11 Ek het in daardie brief gesê julle moet wegbly van mense wat sê hulle glo in Christus, maar hulle lewe onsedelik, of hulle wil altyd meer en meer geld en goed hê, of hulle aanbid afgode, of hulle sê lelike dinge van ander mense wat nie waar is nie, of hulle is altyd dronk, of hulle is mense wat ander mense aanval en hulle geld vat. Julle moet wegbly van daardie mense, julle moet ook nie saam met hulle eet nie.
12-13 Ek wil nie die mense toordeel wat nie aan die gemeente behoort nie. God sal hulle oordeel. Maar julle moet die mense oordeel wat aan die gemeente behoort. In die Ou Testament is geskryf:
tJulle moet ’n slegte mens
tafsny van die gemeente.
1 Corinthians 5
Throw the Evil Person Out!
1 It is actually reported that there is sexual sin among you. I'm told that a man is living with his father's wife and is having sex with her. Even people who do not know God don't commit that sin.2 And you are proud! Shouldn't you be filled with sadness instead? Shouldn't you have put the man who did that out of your church?
3 Even though I am not right there with you, I am with you in spirit. And I have already judged the one who did that, just as if I were there.
4 When you come together in the name of our Lord Jesus, I will be with you in spirit. The power of our Lord Jesus will also be with you.5 When you come together like that, hand that man over to Satan. Then his sinful nature will be destroyed. His spirit will be saved on the day the Lord returns.
6 Your bragging is not good. It is like yeast. Don't you know that just a little yeast works its way through the whole batch of dough?7 Get rid of the old yeast. Be like a new batch of dough without yeast. That is what you really are, because Christ has been offered up for us. He is our Passover lamb.
8 So let us keep the Feast, but not with the old yeast. I'm talking about yeast that is full of hatred and evil. Let us keep the Feast with bread made without yeast. Let us do it with bread that is honest and true.
9 I wrote a letter to you to tell you to stay away from people who commit sexual sins.10 I didn't mean the people of this world who sin that way or who always want more and more. I didn't mean those who cheat or who worship statues of gods. In that case you would have to leave this world!
11 But here is what I am writing to you. You must stay away from anyone who claims to be a believer but who does those things. Stay away from anyone who commits sexual sins or who always wants more and more things. Stay away from a person who worships statues of gods or who tells lies about others. Stay away from anyone who gets drunk or who cheats. Don't even eat with a person like that.
12 Is it my business to judge those outside the church? Aren't you supposed to judge those inside the church?13 God will judge those outside. Scripture says, "Get rid of that evil person!" (Deuteronomy 17:7; 19:19; 21:21; 22:21,24; 24:7)