1 Korintiërs 5
1 Iemand het my vertel dat daar in die gemeente mense is wat baie onsedelik leef. Ek het gehoor dit is so erg dat selfs die nie-Christene hulle skaam en nooit sulke dinge sal doen nie. Neem byvoorbeeld daardie twee wat soos man en vrou saamleef, maar eintlik is hulle kind en stiefma.2 En dan dink julle julle is soveel beter as ander mense. Moet dit nie liewer julle hart breek nie? Behoort julle nie liewer mense wat sulke dinge aanvang te waarsku dat hulle uit die gemeente gesit sal word as hulle so voortgaan nie?3-4 Hoewel ek nie self daar is nie, is ek in my gedagtes by julle. Ek het mooi nagedink wat ek met sulke mense sou doen as ek daar was. Hulle kan nie so aangaan nie. Kom bymekaar as gemeente wat onder die gesag van die Here Jesus staan. Ek sal in my gedagtes ook daar by julle wees.
Die Here Jesus sal vir julle die krag gee om te doen wat reg is.
5 Gooi daardie onsedelike man uit die gemeente uit sodat hy kan voel hoe dit is om sonder die Here in die greep van Satan te leef. So sal die sonde wat hy so lustig doen vir hom sleg begin word. Hy sal besef dat die gevolge daarvan nie so lekker is as wat dit altyd lyk nie. Dan sal hy terugdraai na God toe en wanneer die Here weer kom, sal hy weer aan die kant van God staan.
6 Ek haat dit as julle so grootpraat oor julle Christenskap. Laat ek vir julle met 'n voorbeeld verduidelik wat ek bedoel. Julle weet mos hoe suurdeeg werk. 'n Mens sit 'n klein stukkie suurdeeg in 'n groot bak deeg en dan trek daardie bietjie suurdeeg deur al die deeg en laat dit mooi rys. So is dit met sonde. 'n Klein bietjie sonde in die gemeente krap die hele gemeente deurmekaar.
7 Raak asseblief ontslae van al die verkeerde dinge wat in die gemeente soos suurdeeg werk. Snuffel elke sonde uit en gooi dit uit die gemeente uit soos die mense van ouds alle suurdeeg uit die huis uitgegooi het voor die paasfees. Die brood vir die paasfees moes sonder suurdeeg gebak gewees het. Wees daarom as gemeente soos vars brood wat sonder die suurdeeg van sonde gebak is. Dit is mos hoe julle eintlik is. Soos daar altyd 'n lammetjie geslag is om paasfees mee te hou, so is Jesus vir ons sonde doodgemaak. Alles is reg vir die fees in die gemeente, die brood en die Lam.8 Laat ons dan die fees hou. Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie. Al wat vir die gemeente moet oorbly, is om skoon te leef en te doen wat reg is.
9 In my vorige brief het ek julle gevra om weg te bly van mense af wat nie weet hoe om hulle behoorlik op seksuele gebied te gedra nie. Dit lyk my of julle my verkeerd verstaan het.10 Ek het nie gepraat van nie-Christene wat verkeerde dinge doen soos seksuele sonde, of wat net vir geld leef of met lieg en bedrieg ander uitbuit nie. Ek het nie mense bedoel wat in plaas van God allerhande ander goed aanbid nie. As ek van hulle gepraat het toe ek gesê het julle moet nie met sulke mense deurmekaar raak nie, sou dit mos beteken het dat ons op 'n ander planeet moes gaan bly.11 Wat ek eintlik bedoel het, is dit: julle moet julle nie ophou met iemand wat sê hy is 'n Christen, maar die teenoorgestelde doen nie. Dit is nou "kamma-Christene" wat soos nie-Christene leef deur seksueel skandelike dinge te doen, wat vir niemand behalwe hulleself omgee nie, wat meer lojaal teenoor ander dinge as teenoor die lewende God is, wat allerhande stories versprei wat ander mense baie seermaak, wat in niks anders as drank belangstel nie, of wat net daarop uit is om ander mense te kul en te bedrieg. Met so iemand moet jy niks te doen hê nie.
12 Dit is nie my werk om oor nie-Christene se lewe skeidsregter te speel nie.13 God sal met daardie mense afreken. Maar julle moet verantwoordelikheid neem vir wat in julle gemeente aangaan. Die Skrif sê mos: "Raak ontslae van die mense onder julle wat nie reg lewe nie."
1 Corinthians 5
Church Discipline
1 It is actually reported that sexual immorality exists among you, the kind of immorality that is not permitted even among the Gentiles, so that someone is cohabiting witht his father’s wife.2 And you are proud!t Shouldn’t you have been deeply sorrowful instead and removed the one who did thist from among you?3 For even though I am absent physically,t I am present in spirit. And I have already judged the one who did this, just as though I were present.t4 When you gather together in the name of our Lord Jesus,s and I am with you in spirit,t along with the power of our Lord Jesus,
5 turn this man over to Satan for the destruction of the flesh, so that his spirit may be savedt in the day of the Lord.s
6 Your boasting is not good. Don’t you know that a little yeasts affectst the whole batch of dough?7 Clean out the old yeast so that you may be a new batch of dough – you are, in fact, without yeast. For Christ, our Passover lamb, has been sacrificed.
8 So then, let us celebrate the festival, not with the old yeast, the yeast of vice and evil, but with the bread without yeast, the bread of sincerity and truth.t
9 I wrote you in my letter not to associate with sexually immoral people.10 In no way did I mean the immoral people of this world, or the greedy and swindlers and idolaters, since you would then have to go out of the world.11 But now I am writing to you not to associate with anyone who calls himself a Christiant who is sexually immoral, or greedy, or an idolater, or verbally abusive,t or a drunkard, or a swindler. Do not even eat with such a person.12 For what do I have to do with judging those outside? Are you not to judge those inside?
13 But God will judge those outside. Remove the evil person from among you.s