previous next

1 KORINTIËRS 5

Hoe die Korintiërs moet optree in 'n geval van ernstige seksuele wangedrag

1 Ek kon my ore byna nie glo om van die seksuele vergrype onder julle te hoor nie - daarby van so 'n ernstige aard dat dit selfs nie onder die ongelowiges voorkom nie. Ek moes verneem dat daar iemand in julle gemeente is wat met sy stiefma in sonde saamleef.

2 En dan is julle nog so trots op julleself! Pleks dat julle treur en toesien dat hierdie man wat sulke dinge aanvang, uit julle midde verwyder word!
3-4 Al was ek nie self daar saam met julle nie, is ek tog in die gees by julle en het ek, asof ek teenwoordig is, al klaar in die Naam van ons Here Jesus 'n oordeel uitgespreek oor die man wat so iets gedoen het. Julle moet 'n gemeentevergadering saamroep. Ek sal in die gees daar wees en die krag van ons Here Jesus sal ook saam met julle daar wees.

5 Dan moet julle daardie man aan Satan oorgee sodat sy sondige aard vernietig word, maar hyself verlos kan word op die oordeelsdag.
6 Dis erg dat julle nog oor julle spiritualiteit kan spog terwyl julle iets soos hierdie in julle midde toelaat. Besef julle nie dat as selfs net een persoon toegelaat word om so voort te gaan, almal binnekort aangetas sal wees nie, soos suurdeeg die hele deeg suur maak?7 Verwyder hierdie slegte invloed onder julle uit sodat julle weer nuut en skoon kan wees, want dit is tog wat julle in wese is. Ook vir ons is daar immers 'n Paaslam geslag - Christus.

8 Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid.
9 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat 'n onsedelike lewe lei nie.10 Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat 'n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat!

11 Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan 'n onsedelike lewe lei of 'n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie.
12 Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak.

13 Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: "Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder."

1 CORINTHIANS 5

Immoral Followers

1  t I have heard terrible things about some of you. In fact, you are behaving worse than Gentiles. A man is even sleeping with his own stepmother.t

2 You are proud, when you ought to feel bad enough to chase away anyone who acts like this.
3-4 I am with you only in my thoughts. But in the name of our Lord Jesus I have already judged this man, as though I were with you in person. So when you meet together and the power of the Lord Jesus is with you, I will be there too.

5 You must then hand that man over to Satan. His body will be destroyed, but his spirit will be saved when the Lord Jesus returns.
6  t Stop being proud! Don't you know how a little yeast can spread through the whole batch of dough? 7 t Get rid of the old yeast! Then you will be like fresh bread made without yeast, and this is what you are. Our Passover lamb is Christ, who has already been sacrificed.

8 t So don't celebrate the festival by being evil and sinful, which is like serving bread made with yeast. Be pure and truthful and celebrate by using bread made without yeast.
9 In my other lettert I told you not to have anything to do with immoral people. 10 But I wasn't talking about the people of this world. You would have to leave this world to get away from everyone who is immoral or greedy or who cheats or worships idols. 11 I was talking about your own people who are immoral or greedy or worship idols or curse others or get drunk or cheat. Don't even eat with them! 12 Why should I judge outsiders? Aren't we supposed to judge only church members? 13 t God judges everyone else. The Scriptures say, “Chase away any of your own people who are evil.”