1 Korintiërs 6
Gelowiges mag mekaar nie na die hof vat oor enige iets nie
1 Ek hoor party van julle vat ander tgelowiges na die hof. Hoekom doen julle dit? Julle wil hê die tregters wat nie gelowiges is nie, moet die probleem regmaak. Hoekom vra julle nie vir gelowiges in die gemeente om die probleem reg te maak nie? Dit sal beter wees. 2 Julle almal weet dat die gelowiges eendag die mense van die wêreld sal toordeel. Daarom kan julle self die klein probleempies regmaak wat julle met mekaar het. 3 Julle almal weet ook dat ons eendag die tengele sal oordeel. Daarom moet dit vir julle maklik wees om ook die gewone probleme reg te maak wat julle met mekaar het. 4 Julle wat in die gemeente is, respekteer nie die regters van die wêreld nie! Hoekom vra julle dan dat húlle moet besluit oor julle gewone probleme? 5 Ek sê dit sodat julle skaam moet word. Ek is seker daar is party van julle wat tverstandig is en wat kan sê hoe gelowiges hulle probleme kan regmaak. 6 Maar nou vat die een gelowige ’n ander gelowige na die hof, en julle vra vir regters om julle te help, regters wat nie gelowiges is nie. 7 Julle het al klaar julle naam sleg gemaak omdat julle probleme het en mekaar daaroor na die hof vat. Hoekom is julle nie geduldig wanneer iemand verkeerde dinge aan julle doen of julle kul en julle goed vat nie? 8 Maar nou is júlle die mense wat verkeerde dinge doen aan ander mense, dit is júlle wat vir hulle kul en hulle goed vat. En julle doen dit aan gelowiges! Ek is geskok. 9-10 Julle weet dat mense wat verkeerd lewe, nie sal kom waar God Koning is nie. Julle moet reg verstaan: Mense wat tonsedelik lewe, sal nie kom waar God Koning is nie, ook nie mense wat tafgode aanbid, of mans wat met ander mans se vroue seks het, of mans wat met ander mans seks het, of mense wat steel, of mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of mense wat altyd dronk is, of mense wat lieg en lelike dinge van ander mense sê, of mense wat ander mense aanval en hulle geld vat nie.
11 Ja, party van julle het hierdie dinge gedoen. Maar nou het God julle sondes afgewas, Hy het julle aan Hom tgewy. Hy het julle tvrygespreek omdat julle aan die Here Jesus Christus behoort en omdat die Gees van ons God in julle harte gewerk het.’n Mens se liggaam is ’n tempel van die Heilige Gees
12 Ek weet julle sê ’n mens mag alles doen. Maar julle moet onthou: Alles is nie goed vir ’n mens nie. Julle sê ’n mens mag alles doen, maar ek sê jy mag nie iets so belangrik laat word dat dit oor jou regeer nie. 13 Julle sê ook kos moet na ’n mens se maag gaan, en die maag moet kos kry. Maar julle moet onthou: Die kos en ’n mens se maag behoort altwee aan God. God sal dit vir ons wys wanneer Hy eendag kom en besluit dat die maag en kos nie meer nodig is nie. Dit is dieselfde met ’n mens se liggaam: Die Here het ons liggame gemaak, nie om tonsedelik te lewe nie, maar om Hom te dien. Ons liggame behoort aan die Here. 14 God het die Here Jesus weer laat lewe, en so sal God ons ook eendag weer laat lewe, Hy sal dit doen met sy krag. 15 Julle moet weet ons liggame behoort aan Christus. Daarom mag julle liggame nie ook aan ’n tprostituut behoort nie.
16 Julle weet almal dat wanneer ’n mens seks het met ’n prostituut, dan word jou liggaam en haar liggaam saam één liggaam. Want in die Ou Testament is geskryf:
tHulle twee sal soos
een mens wees.
17 Maar as ’n mens saam met die Here lewe, dan is jou gees en sy Gees een. 18 Julle moenie onsedelik lewe nie. Al die ander sondes wat ’n mens doen, doen hy nie aan sy liggaam nie, maar wanneer hy onsedelik lewe, dan is dit ’n sonde wat hy aan sy eie liggaam doen. 19 Julle moet weet dat ’n mens se liggaam ’n ttempel van die Heilige Gees is. God het sy Gees vir julle gegee om in julle te woon. Daarom behoort julle nie aan julleself nie. 20 God het duur betaal toe Hy julle gekoop het vir Hom. Daarom moet julle vir God prys met julle liggame.
1 Corinthians 6
Do Not Take Believers to Court
1 Suppose one of you wants to bring a charge against another believer. Should you take it to the ungodly to be judged? Why not take it to God's people?
2 Don't you know that God's people will judge the world? And if you are going to judge the world, aren't you able to judge small cases?3 Don't you know that we will judge angels? Then we should be able to judge the things of this life even more!
4 So if you want to press charges in matters like that, appoint as judges members of the church who aren't very important!5 I say this to shame you. Is it possible that no one among you is wise enough to judge matters between believers?6 Instead, one believer goes to court against another. And this happens in front of unbelievers!
7 The very fact that you take another believer to court means you have lost the battle already. Why not be treated wrongly? Why not be cheated?8 Instead, you yourselves cheat and do wrong. And you do it to your brothers and sisters.
9 Don't you know that evil people will not receive God's kingdom? Don't be fooled. Those who commit sexual sins will not receive the kingdom. Neither will those who worship statues of gods or commit adultery. Neither will men who are prostitutes or who commit homosexual acts.10 Neither will thieves or those who always want more and more. Neither will those who are often drunk or tell lies or cheat. People who live like that will not receive God's kingdom.
11 Some of you used to do those things. But your sins were washed away. You were made holy. You were made right with God. All of that was done in the name of the Lord Jesus Christ and by the Spirit of our God.
Sexual Sins
12 Some of you say, "Everything is permitted for me." But not everything is good for me. Again some of you say, "Everything is permitted for me." But I will not be controlled by anything.13 Some of you say, "Food is for the stomach. And the stomach is for food." But God will destroy both of them.
The body is not meant for sexual sins. The body is meant for the Lord. And the Lord is meant for the body.14 By his power God raised the Lord from the dead. He will also raise us up.
15 Don't you know that your bodies belong to the body of Christ? Should I take what belongs to Christ and join it to a prostitute? Never!16 Don't you know that when you join yourself to a prostitute, you become one with her in body? Scripture says, "The two will become one." (Genesis 2:24)17 But anyone who is joined to the Lord becomes one with him in spirit.
18 Keep far away from sexual sins. All the other sins a person commits are outside his body. But sexual sins are sins against one's own body.
19 Don't you know that your bodies are temples of the Holy Spirit? The Spirit is in you. You have received him from God. You do not belong to yourselves.20 Christ has paid the price for you. So use your bodies in a way that honors God.