previous next

1 Korintiërs 6

1 Vat julle mekaar regtig hof toe? Ek kan dit byna nie glo nie. Sê nou een van julle voel 'n mede-Christen het hom verkul en dat dit reggestel moet word. Hoekom hardloop julle hof toe waar 'n klomp ongelowiges wat niks van God en sy wil af weet nie, sal moet besluit wie van julle twee reg is? Het dit nie baie meer sin om na mede-Christene toe te gaan en saam met hulle die saak op te los nie?2 Het julle dan vergeet dat die mense van hierdie wêreld juis eendag voor God se kinders sal moet verskyn om die finale oordeel oor hulle te hoor? As julle dan eendag regters oor al die mense van hierdie wêreld gaan wees, dink julle nie dat julle mans genoeg behoort te wees om klein verskilletjies onder mekaar op te los nie? Ek wil dit nog sterker stel.3 Ons gaan selfs eendag die hemelse wesens oordeel. As dit so is, behoort ons regtig darem ook in staat te wees om vir die alledaagse probleme wat nou hier onder ons opduik, 'n goeie oplossing te vind.4 As julle dan met mekaar vassit, waarom hardloop julle na regters toe wat nie eens in die gemeente is nie? Hoe is dit moontlik om so 'n persoon te vertrou met wat reg of verkeerd is?5 Ek sê dit om julle 'n bietjie wakker te skud sodat julle kan sien wat julle besig is om te doen. Wil julle sowaar vir my sê dat daar nie 'n enkele persoon onder julle is wat verstandig genoeg is om julle te help om julle probleme onder mekaar op te los nie?6 Kyk net wat vang julle nou aan. Een Christen sleep 'n ander Christen voor die hof en dit nog voor mense wat glad nie in God glo nie.
7 Wat sê julle nou eintlik met hierdie hofsake wat julle so teen mekaar voer? Julle sê eintlik dat julle 'n klomp verloorders is. Nie een van julle kan 'n wenner in so 'n saak wees nie. Hoekom is julle nie maar bereid om die minste te wees of selfs maar aan die kortste ent te trek ter wille van die groter saak van julle Christenskap nie?8 Maar kyk wat vang julle aan. Julle is die skuldiges. Dit is julle wat ander mense seermaak en aan die kortste ent laat trek deur verkeerde dinge aan hulle te doen. En dit doen julle nogal aan die mense wat saam met julle op die kerkbanke sit.
9 Besef julle nie dat dit nie die manier is om julle te gedra nie? Iemand wat nie wil leef soos God dit wil hê nie, is nie welkom in sy nuwe wêreld nie. Moenie julleself om die bos lei nie. Mense wat seks misbruik, of wat seks met persone van dieselfde geslag het, mense wat hulle nie steur aan die reëls van die huwelik nie, wat agter allerhande valse gode aanloop en wat ander se goed vat, sal nooit die binnekant van God se nuwe wêreld sien nie.10 Die lysie gaan aan: dieselfde geld ook vir mense wat nooit genoeg kry nie en altyd net al hoe meer wil hê, wat drank hulle god gemaak het, wat net lieg en bedrieg vir eie gewin of wat dit geniet om lelik van ander te praat.11 Julle herken seker hierdie beskrywings, want daar was 'n klomp van julle wat voorheen so geleef het. Maar julle lewe het verander - God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God.
12  'n Mens kan redeneer: "Ek mag enigiets doen." Maar al mag jy volgens die reëls iets doen, beteken dit nie dat dit vir jou geestelik goed is nie. Ek kan sê: "Ek mag enigiets doen," maar dit beteken glad nie dat ek myself in ernstige moeilikheid gaan laat beland nie.13 Julle weet wat mense sê: "Eers eet jy om te leef en dan leef jy om te eet." Vir God maak dit nie saak nie, want dit is nie wat belangrik is nie. Nie kos of die maag sal vir ewig hou nie. Vir een ding is ons liggaam nie bedoel nie en dit is om net instrumente vir seks te wees. Ons het 'n liggaam om die Here mee te dien en die Here sorg op sy beurt vir ons liggaam. God sal ons dooie liggaam eendag weer lewendig maak.14 Hy het gewys dat Hy sterk genoeg is om dit te doen toe Hy die Here weer lewendig gemaak het.
15 Besef julle nie dat julle liggaam vir Jesus soos sy eie is nie? Sal ek dan die liggaam wat vir Jesus soos sy eie is, vat en by allerhande slegte vroue daarmee gaan slaap? Nooit aste nimmer nie.16 Iemand wat by 'n slegte vrou slaap, word eintlik self soos daardie slegte vrou - 'n mens sou kon sê dat hulle soos een mens word. Hulle sê mos: "As twee saamslaap, word hulle eintlik soos een mens."17 Dit is op geestelike gebied ook waar. As 'n mens jouself vir die Here gee, word julle twee ook soos een. Dit gebeur natuurlik nie liggaamlik nie, maar geestelik.
18 Maak dat julle wegkom van verkeerde seksuele dinge af. Bly daarvan weg. Allerhande ander sondes raak nie jou liggaam so direk nie. Maar as jy op seksuele gebied verkeerde dinge begin doen, is jou liggaam direk daarby betrokke. Die verkeerde dinge gebeur nie daar ver nie, maar in en met jou liggaam.
19 Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is? Die Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee.
Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie.
20 Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam - daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra.

1 Corinthians 6

Lawsuits

1 When any of you has a legal dispute with another, does he dare go to court before the unrighteous rather than before the saints?2 Or do you not know that the saints will judge the world? And if the world is to be judged by you, are you not competent to settle trivial suits?3 Do you not know that we will judge angels? Why not ordinary matters!4 So if you have ordinary lawsuits, do you appoint as judges those who have no standing in the church?t5 I say this to your shame! Is there no one among you wise enough to settle disputes between fellow Christians?t6 Instead, does a Christian sue a Christian,t and do this before unbelievers?7 The fact that you have lawsuits among yourselves demonstrates that you have already been defeated. Why not rather be wronged? Why not rather be cheated?

8 But you yourselves wrong and cheat, and you do this to your brothers and sisters!t
9 Do you not know that the unrighteous will not inherit the kingdom of God? Do not be deceived! The sexually immoral, idolaters, adulterers, passive homosexual partners,t practicing homosexuals,t10 thieves, the greedy, drunkards, the verbally abusive,t and swindlers will not inherit the kingdom of God.

11 Some of you once lived this way.t But you were washed, you were sanctified, you were justified in the name of the Lord Jesus Christs and by the Spirit of our God.

Flee Sexual Immorality

12 “All things are lawful for me”s – but not everything is beneficial. “All things are lawful for me” – but I will not be controlled by anything.13 “Food is for the stomach and the stomach is for food, but God will do away with both.”ts The body is not for sexual immorality, but for the Lord, and the Lord for the body.14 Now God indeed raised the Lord and he will raise us by his power.15 Do you not know that your bodies are members of Christ? Should I take the members of Christ and make them members of a prostitute? Never!16 Or do you not know that anyone who is united witht a prostitute is one body with her?t For it is said, “The two will become one flesh.”s17 But the one united witht the Lord is one spirit with him.t18 Flee sexual immorality! “Every sin a person commits is outside of the body”s – but the immoral person sins against his own body.19 Or do you not know that your body is the temple of the Holy Spirit who is in you,t whom you have from God, and you are not your own?

20 For you were bought at a price. Therefore glorify God with your body.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.