1 KORINTIËRS 6
Vermy hofsake met medegelowiges
1 Wanneer een van julle 'n geskil met 'n medegelowige het, gaan julle werklik so ver om 'n sekulêre hof om 'n beslissing te vra in plaas van julle medegelowiges?2 Besef julle dan nie dat ons Christene eendag die wêreld gaan oordeel nie? Terwyl julle dan die wêreld gaan oordeel, beskou julle julleself dan onbevoeg om selfs die kleinste ou sakies te beoordeel?3 Besef julle nie dat ons selfs oor engele gaan oordeel nie? Behoort julle dan nie oor gewone aardse verskille te kan oordeel nie?4 As julle sulke alledaagse geskille het, waarom laat julle buitestanders daaroor uitspraak gee - mense wat nie eers in die gemeente gerespekteer word nie?5 Ek sê dit om julle skaam te laat kry. Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik om oor geskille tussen julle te beslis nie?
6 Maar nee, as gelowiges daag julle mekaar voor die hof en dit voor ongelowige regters!
7 Bloot die feit dat julle hofsake onder mekaar het, is al klaar vir julle 'n neerlaag. Hoekom dan nie maar die onreg ly en dit daarby laat nie? Hoekom laat julle julle nie maar eerder benadeel nie?
8 In plaas daarvan is julle die mense wat onreg doen en ander benadeel en julle doen dit nogal aan medegelowiges.
Julle moet seksuele en alle ander sondes vermy
9 Besef julle dan nie dat mense wat 'n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat 'n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan,10 diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars - nie een van hierdie mense sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
11 Daar was 'n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het.
12 Jy kan dalk sê: "Ek mag nou enigiets doen." Maar ek sal daarop antwoord: "Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy 'ek mag enigiets doen', mag ek my nie deur enigiets laat verslaaf nie."13 Jy sê: "Kos is vir die maag en die maag is vir kos." Dis waar, maar God sal eendag albei hierdie dinge tot niet maak. Ons liggame is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie. Hulle is daar vir die Here, net soos die Here sorg dra vir ons liggame.
14 God sal ons deur sy wonderlike krag opwek, net soos Hy ons Here opgewek het.
15 Besef julle nie dat ons liggame deel is van Christus nie? Sal 'n mens dan jou liggaam wat aan Christus behoort, met 'n prostituut verenig? Dit kan tog nie!16 Of dink julle nie daaraan dat iemand wat homself aan 'n prostituut verbind, liggaamlik met haar een word nie? Die Skrif sê tog: "Die twee sal tot een liggaam verenig word."
17 Daarteenoor word dié wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een.
18 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed 'n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam.19 Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie,
20 want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.
1 CORINTHIANS 6
Taking Each Other to Court
1 When one of you has a complaint against another, do you take your complaint to a court of sinners? Or do you take it to God's people? 2 Don't you know that God's people will judge the world? And if you are going to judge the world, can't you settle small problems? 3 Don't you know we will judge angels? And if this is so, we can surely judge everyday matters. 4 Why do you take everyday complaints to judges who are not respected by the church? 5 I say this to your shame. Aren't any of you wise enough to act as a judge between one follower and another?
6 Why should one of you take another to be tried by unbelievers?
7 When one of you takes another to court, all of you lose. It would be better to let yourselves be cheated and robbed.
8 But instead, you cheat and rob other followers.
9 Don't you know that evil people won't have a share in the blessings of God's kingdom? Don't fool yourselves! No one who is immoral or worships idols or is unfaithful in marriage or is a pervert or behaves like a homosexual 10 will share in God's kingdom. Neither will any thief or greedy person or drunkard or anyone who curses and cheats others.
11 Some of you used to be like that. But now the name of our Lord Jesus Christ and the power of God's Spirit have washed you and made you holy and acceptable to God.Honor God with Your Body
12 t Some of you say, “We can do anything we want to.” But I tell you not everything is good for us. So I refuse to let anything have power over me. 13 You also say, “Food is meant for our bodies, and our bodies are meant for food.” But I tell you that God will destroy them both. We are not supposed to do indecent things with our bodies. We are to use them for the Lord who is in charge of our bodies.
14 God will raise us from death by the same power he used when he raised our Lord to life.
15 Don't you know that your bodies are part of the body of Christ? Is it right for me to join part of the body of Christ to a prostitute? No, it isn't! 16 t Don't you know that a man who does that becomes part of her body? The Scriptures say, “The two of them will be like one person.”
17 But anyone who is joined to the Lord is one in spirit with him.
18 Don't be immoral in matters of sex. That is a sin against your own body in a way no other sin is. 19 t You surely know that your body is a temple where the Holy Spirit lives. The Spirit is in you and is a gift from God. You are no longer your own. 20 God paid a great price for you. So use your body to honor God.