previous next

1 Korintiërs 8

1 Julle het mos ook in julle brief gevra of 'n mens kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Dit is waar wat julle sê: "Julle weet wat die kerk alles leer." Maar as 'n mens dink jy weet so baie, kan dit jou te veel van jouself laat dink. Onthou egter, liefde blaas jou nie so op nie, maar bou liewer ander mense op.2 Boonop, iemand wat dink hy weet so baie van God se dinge af, weet baiekeer nie dít wat eintlik belangrik is nie.
3 Maar as iemand God liefhet, is hy gedurig in God se gedagtes.
4 Kom ons gesels nou daaroor of 'n Christen kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Ons almal weet tog dat afgode nie "regtig" is nie, want daar is net een ware God.5 Mense praat maklik van "gode" wat glo in die hemel of op die aarde is. So hoor 'n mens van baie verskillende "gode" en "here".6 Ons weet egter dat daar net een God is. Alles het deur Hom ontstaan en ons leef net vir Hom. Daar is ook net een Here, naamlik Jesus Christus. Hy is die instrument waardeur alles gemaak is en aan wie ons ook ons bestaan te danke het.
7 Nie al die Christene weet of besef dit nie. Daar is nog van julle Christene wat dink dat die afgode regtig bestaan. As hulle kos eet wat in die afgodstempels geoffer is, pla hulle gewete hulle nog meer as gewoonlik.8 Maar onthou, dit is nie kos wat 'n mens se verhouding met God sterker maak nie. Watter kos ons nou ook al eet of nie eet nie, dit sal ons nie 'n duim nader aan God of verder van Hom af bring nie.
9 Maar vir een ding moet julle oppas. Moenie dat julle vryheid om te eet wat julle wil vir ander Christene 'n probleem word wat hulle Christenskap benadeel nie.10 Sê nou net iemand wat nog dink dat daar regtig afgode is, sien jou in die afgodstempel lekker sit en eet. Vir jou is dit natuurlik nie 'n probleem nie, want jy weet dat die kos jou verhouding met die Here nie kan beïnvloed nie. Dit sal die persoon wat nog dink dat afgode "regtig" is, aanmoedig om ook van die kos te eet, al voel hy dit is verkeerd omdat hy daarmee die afgode op 'n manier dien.11 Dié mede-Christen van jou se Christenskap word so eintlik deur jou beter godsdienstige kennis stukkend geskeur. En onthou, Jesus het vir hom gesterf.12 As jy jou mede-Christene so skade aandoen en dit vir hulle moeilik maak om werklik Christen te bly, is jy eintlik besig om Christus self seer te maak.13 Dus, as die kos wat ek eet my mede-Christen dinge laat doen wat nie reg is nie, sal ek nooit aste nimmer my mond weer aan sulke kos sit nie. So sal ek nie die oorsaak wees dat hy die verkeerde dinge doen nie.

1 Corinthians 8

Food Sacrificed to Idols

1 With regard to food sacrificed to idols, we know that “we all have knowledge.”s Knowledge puffs up, but love builds up.2 If someone thinks he knows something, he does not yet know to the degree that he needs to know.

3 But if someone loves God, het is known by God.t
4 With regard then to eating food sacrificed to idols, we know that “an idol in this world is nothing,” and that “there is no God but one.”s5 If after all there are so-called gods, whether in heaven or on earth (as there are many gods and many lords),

6 yet for us there is one God, the Father, from whom are all things and for whom we live, and one Lord, Jesus Christ, through whom are all things and through whom we live.t
7 But this knowledge is not shared by all. And some, by being accustomed to idols in former times, eat this food as an idol sacrifice, and their conscience, because it is weak, is defiled.8 Now food will not bring us close to God. We are no worse if we do not eat and no better if we do.9 But be careful that this liberty of yours does not become a hindrance to the weak.10 For if someone weak sees you who possess knowledge dining in an idol’s temple, will not his conscience be “strengthened”t to eat food offered to idols?11 So by your knowledge the weak brother or sister,t for whom Christ died, is destroyed.t12 If you sin against your brothers or sisterst in this way and wound their weak conscience, you sin against Christ.

13 For this reason, if food causes my brother or sister to sin, I will never eat meat again, so that I may not cause one of themt to sin.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.