previous next

1 KORINTIËRS 8

Hoe gemaak met vleis wat aan afgode geoffer is?

1 Kom ons praat nou oor vleis wat aan afgode geoffer is - 'n saak waaroor julle ook navraag gedoen het. Ons weet julle sê: "Ons het almal kennis oor hoe ons moet optree." Kennis laat 'n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou 'n gemeente op.2 As jy dink jy weet alles, het jy nog nie die ware kennis nie.

3 Maar as jy God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik.
4 Wat dan die eet van afgodsoffervleis betref - wel, ons weet almal dat 'n wêreldse afgod eintlik een groot niks is en dat daar in werklikheid geen god is nie, behalwe die een ware God.

5 Selfs al sou daar, volgens sommige, gode in die hemel en op die aarde wees - ja, daar is inderdaad baie wat "God" en "Here" genoem word -
6 vir ons is daar net een God,
naamlik ons Vader
uit wie alles afkomstig is
en ons lewe is op Hom gerig.
En daar is net één Here,
naamlik Jesus Christus
deur wie alles bestaan
en deur wie ons lewe.
7 Maar nie alle gelowiges besef dit nie. Party is daaraan gewoond om te dink 'n afgod bestaan werklik. As hulle dan kos eet wat aan die afgode geoffer is, dink hulle dat hulle betrokke is by die verering van werklik bestaande wesens en hulle sensitiewe gewetens word met skuldgevoelens belas.8 Onthou, dis nie kos wat ons nader aan God bring nie. Ons verloor niks as ons nie eet nie en ons wen niks as ons wel eet nie.

9 Maar wees versigtig dat jou vrymoedigheid om alles te eet nie jou medegelowiges met 'n sensitiewe gewete in hulle geloof laat struikel nie.
10 Julle sien, dit kan maklik gebeur dat iemand jou sien aansit vir 'n ete in 'n afgodstempel. Omdat jy die nodige kennis het, besef jy daar is niks daarmee verkeerd nie. Maar gaan jy nie daarmee jou sensitiewe medegelowiges aanmoedig om teen hulle gewete in afgodsoffervleis te gaan eet nie?11 Dan gaan jou sensitiewe medegelowige deur jou danige kennis verlore - iemand vir wie Christus sy lewe gegee het.12 So sondig julle teen Christus self wanneer julle teen julle broers en susters sondig deur hulle sensitiewe gewetens te laat seerkry.

13 Daarom - as iets wat ek eet 'n ander gelowige laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie. Ek wil nie aandadig wees aan die val van 'n medegelowige nie.

1 CORINTHIANS 8

Food Offered to Idols

1 In your letter you asked me about food offered to idols. All of us know something about this subject. But knowledge makes us proud of ourselves, while love makes us helpful to others. 2 In fact, people who think they know so much don't know anything at all.

3 But God has no doubts about who loves him.
4 Even though food is offered to idols, we know that none of the idols in this world are alive. After all, there is only one God. 5 Many things in heaven and on earth are called gods and lords, but none of them really are gods or lords.

6 We have only one God, and he is the Father. He created everything, and we live for him. Jesus Christ is our only Lord. Everything was made by him, and by him life was given to us.
7 Not everyone knows these things. In fact, many people have grown up with the belief that idols have life in them. So when they eat meat offered to idols, they are bothered by a weak conscience.

8 But food doesn't bring us any closer to God. We are no worse off if we don't eat, and we are no better off if we do.
9 Don't cause problems for someone with a weak conscience, just because you have the right to eat anything. 10 You know all this, and so it doesn't bother you to eat in the temple of an idol. But suppose a person with a weak conscience sees you and decides to eat food that has been offered to idols. 11 Then what you know has destroyed someone Christ died for. 12 When you sin by hurting a follower with a weak conscience, you sin against Christ. 13 So if I hurt one of the Lord's followers by what I eat, I will never eat meat as long as I live.