previous next

I JOHANNES 3

Die kinders van God.

1 KYK twat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat tons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat tdit Hom nie geken het nie.

2 Geliefdes, tnou is ons kinders van God, en tdit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan tHom gelyk sal wees, omdat tons Hom sal sien soos Hy is.

3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, treinig homself tsoos Hy rein is.

4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want tdie sonde is wetteloosheid.

5 En julle weet tdat Hy verskyn het tom ons sondes weg te neem, en tgeen sonde is in Hom nie.

6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, thet Hom nie gesien en tHom nie geken nie.

7  My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.

8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want tdie duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, tom die werke van die duiwel te verbreek.

9  tElkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, tomdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want thy is uit God gebore.

10 Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

11 Want tdit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, tdat ons mekaar moet liefhê;

12 nie soos tKain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

13 Verwonder julle nie, my broeders, tas die wêreld julle haat nie.

14 Ons weet dat tons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

15  tElkeen wat sy broeder haat, is t’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.

16  tHieraan het ons die liefde leer ken, dat tHy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

17 Maar twie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, thoe bly die liefde van God in hom?

18 My kinders, tlaat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

19 En hieraan weet ons dat ons tuit die waarheid is; en tons sal ons harte voor Hom gerusstel,

20 want tas ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.

21 Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan thet ons vrymoedigheid teenoor God;

22 en twat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

23 En dit is sy gebod, tdat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.
24 En hy wat sy gebooie bewaar, tbly in Hom, en tHy in hom. tEn hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.

1 John 3

1 Behold, how great a love the Father has bestowed on us, that we should be called children of God! For this cause the world doesn’t know us, because it didn’t know him.2 Beloved, now we are children of God, and it is not yet revealed what we will be. But we know that, when he is revealed, we will be like him; for we will see him just as he is.3 Everyone who has this hope set on him purifies himself, even as he is pure.4 Everyone who sins also commits lawlessness. Sin is lawlessness.5 You know that he was revealed to take away our sins, and in him is no sin.

6 Whoever remains in him doesn’t sin. Whoever sins hasn’t seen him, neither knows him.
7 Little children, let no one lead you astray. He who does righteousness is righteous, even as he is righteous.8 He who sins is of the devil, for the devil has been sinning from the beginning. To this end the Son of God was revealed, that he might destroy the works of the devil.9 Whoever is born of God doesn’t commit sin, because his seed remains in him; and he can’t sin, because he is born of God.10 In this the children of God are revealed, and the children of the devil. Whoever doesn’t do righteousness is not of God, neither is he who doesn’t love his brother.11 For this is the message which you heard from the beginning, that we should love one another;12 unlike Cain, who was of the evil one, and killed his brother. Why did he kill him? Because his works were evil, and his brother’s righteous.13 Don’t be surprised, my brothers, if the world hates you.14 We know that we have passed out of death into life, because we love the brothers. He who doesn’t love his brother remains in death.

15 Whoever hates his brother is a murderer, and you know that no murderer has eternal life remaining in him.
16 By this we know love, because he laid down his life for us. And we ought to lay down our lives for the brothers.17 But whoever has the world’s goods, and sees his brother in need, and closes his heart of compassion against him, how does the love of God remain in him?18 My little children, let’s not love in word only, neither with the tongue only, but in deed and truth.19 And by this we know that we are of the truth, and persuade our hearts before him,20 because if our heart condemns us, God is greater than our heart, and knows all things.21 Beloved, if our hearts don’t condemn us, we have boldness toward God;22 and whatever we ask, we receive from him, because we keep his commandments and do the things that are pleasing in his sight.23 This is his commandment, that we should believe in the name of his Son, Jesus Christ, and love one another, even as he commanded.

24 He who keeps his commandments remains in him, and he in him. By this we know that he remains in us, by the Spirit which he gave us.