previous next

1 Johannes 3

1 Ons staan bekend as kinders van God. Ons ís dit natuurlik ook. Ons hemelse Vader self het ons sy kinders gemaak - dít is nou liefde as daar al ooit liefde was! Maar die wêreld ken ons nie. Hulle weet nie wie ons regtig is nie. Weet julle hoekom? Hulle ken God nie.2 My broers en susters vir wie ek so lief is, luister, ons is nou reeds kinders van God. Watter wonderlike dinge nog alles in die toekoms met ons gaan gebeur, is ons nie seker van nie.
Van een ding is ons egter seker: Jesus kom weer. Dan gaan ons Hom in sy grootheid sien soos Hy regtig is en ons self gaan ook soos Hy word.
3 Vertrou jy Jesus so dat jy dít van Hom verwag? Wel, maak dan Jesus se optrede die patroon van jou lewe: soos sy lewe skoon en sonder foute was, so moet joune ook wees.
4  Sonde en ongehoorsaamheid aan die wil van God is presies dieselfde ding. Om sonde te doen beteken dus om God se reëls te oortree. In Jesus is daar egter geen teken van sonde nie. Ons weet dat Hy die sonde nie kan verdra nie.5 Die rede waarom Hy gekom het, was juis om die sonde te kom vernietig.6 Wie nou in 'n intieme verhouding met Jesus staan, sal mos nie 'n gewoonte daarvan wil maak om op die sonde se voorstoep te speel nie. Wie gedurig só agter die sonde aanloop, gee eintlik deur sy lewe te kenne: "Ek weet nie wie Jesus is nie; ek het Hom nog nooit gesien nie en ken Hom nie."
7 Liewe kinders, moenie toelaat dat iemand julle om die bos lei nie. Jesus se verhouding met God is reg. Net so is iemand wat gewoonlik dinge doen wat vir God reg is, se verhouding met God ook reg.8 Daarteenoor is iemand wat gedurig alles doen waarvan God nie hou nie, 'n kind van die duiwel. Die duiwel doen mos nog altyd dit waarvan God nie hou nie. Die Seun van God het juis aarde toe gekom om die duiwel te kom vasvat.9 Niemand wat deur God sy kind gemaak is, maak nog 'n gewoonte van die sonde nie. Hoe kan hy? God het so iemand mos lewendig gemaak. Ja, uit God self is hy gebore, want God is kragtig en sterk. Daarom mag die gedagte om iets te doen wat God ongelukkig maak, nie eens by 'n kind van God opkom nie.
10 Wil julle weet wie 'n kind van die duiwel en wie 'n kind van God is? Kyk maar, iemand wat nie doen wat vir God reg is nie en sy broer of suster nie liefhet nie, is beslis nie 'n kind van God nie.
11  "Ons moet mekaar liefhê!" Hierdie boodskap het julle reg van die begin af gehoor.
12 Moenie soos Kain wees nie. Hy het sy broer vermoor omdat hy sleg van binne was. Jy sou kon vra wat hom gedryf het om dit te doen. Wel, hulle het nie langs dieselfde vuur gesit nie. Kain het dinge gedoen wat sleg was, maar sy broer het dinge gedoen wat voor God reg was.
13 Julle moet dus nie verbaas wees nie, broers, as die ongelowige wêreld julle haat.14 Ons weet mos: ons was eers geestelik dood, maar ons toestand is verander. Ons lewe nou! Dit kan almal sien uit ons liefde vir ons medegelowiges. Aan die ander kant is iemand sonder liefde in die kloue van die geestelike dood.15 Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar. En dit weet julle, 'n persoon kan nie tegelyk deur moord 'n ander se lewe van hom wegvat en dan self vir ewig wil lewe nie.
16 Wil julle weet wat liefde is? Ons het 'n goeie voorbeeld daarvan: Jesus Christus het Homself gegee om tot ons voordeel doodgemaak te word. Ons behoort presies dieselfde te doen. Ons moet bereid wees om ons lewe tot die voordeel van ons medegelowiges te gee.
17 Byvoorbeeld, veronderstel iemand het alles wat hy nodig het. Hy kom egter agter dat 'n medegelowige eenvoudig nie genoeg het om oor die weg te kom nie. Wat nou gemaak? Wel, as die persoon wat genoeg het, meen die nood van die ander een raak hom nie en ongevoelig daarby verbykyk, flits die rooi ligte. Daardie persoon tree eenvoudig nie op uit die liefde wat van God kom nie.18 My liewe kinders, ons liefde moenie net uit 'n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is.
19  So sal ons daarvan seker kan wees dat wat ons doen uit die fontein van God se waarheid borrel. Ons sal met vertroue voor God self kan staan.20 Selfs as daar dinge is waaroor ons skuldig of onseker voel, weet ons dat God groter is as al ons skuldgevoelens of onsekerhede. Hy weet immers meer oor ons as ons self.21 My liewe vriende, as ons van hierdie skuldgevoelens en slegte gewete ontslae is, is daar niks wat ons meer keer om by God op ons gemak te wees nie.
22 Dan kan ons dinge van Hom vra en ons sal dit van Hom kry. Ons vra en doen immers net dit wat in ooreenstemming is met God se wil en wat Hom tevrede en gelukkig maak.
23 Dít is wat God wil hê: ons moet sy Seun, Jesus Christus, volledig in die geloof aanvaar vir wie Hy is. Daarmee saam moet ons die wil van Jesus doen deur mekaar lief te hê.
24 Wie God se wil so doen, is werklik deel van die intieme familiekring van God. Sy belange raak totaal met die belange van God vervleg. God is vir hom die allerbelangrikste en hy is net so belangrik vir God. Dat God ons werklik so deel van sy intieme familiekring gemaak het, kan ons daarin sien dat Hy aan ons die Heilige Gees gegee het.

1 John 3

1 (See what sort of love the Father has given to us: thatt we should be called God’s children – and indeedt we are!st For this reasont the world does not know us: because it did not know him.s2 Dear friends, we are God’s children now, and what we will bets has not yet been revealed. West know thatt whenevert itt is revealeds we will be like him, becauset we will see him just as he is.s

3 And everyone who has this hope focusedt on him purifiess himself, just as Jesust is pure).s
4 Everyone who practices sins also practices lawlessness;s indeed,t sin is lawlessness.5 And you know that Jesusts was revealed to take awayt sins, and in him there is no sin.6 Everyone who residest in him does not sin;ts everyone who sins has neither seen him nor known him.7 Little children, let no one deceive you: The one who practices righteousnesss is righteous, just as Jesust is righteous.8 The one who practices sin is of the devil,s because the devil has been sinningt from the beginning. For this purposet the Son of God was revealed: to destroyt the works of the devil.9 Everyone who has been fatheredt by God does not practice sin,ts becauset God’st seedt resides in him, and thust he is not able to sin, because he has been fathered by God.

10 By thist the children of God and the children of the devil are revealed: Everyone who does not practice righteousness – the one who does not love his fellow Christiants – is not of God.

God Is Love, So We Must Love One Another

11 Fort this is the gospelt messaget that you have heard from the beginning: that we should love one another,s

12 not like Cains who was of the evil one and brutallyt murdered his brother. And why did he murder him? Because his deeds were evil, but his brother’s were righteous.
13 Therefore do not be surprised, brothers and sisters,t if the world hates you.s14 We know thatt we have crossed overts from death to lifes becauset we love our fellow Christians.ts The one who does not love remains in death.s15 Everyone who hates his fellow Christiant is a murderer,s and you know that no murderer has eternal life residingt in him.16 We have come to know love by this:t that Jesust laid downs his life for us; thus we ought to lay down our lives for our fellow Christians.

17 But whoever has the world’s possessionsts and sees his fellow Christiant in need and shuts off his compassion against him, how can the love of Godts resides in such a person?s
18 Little children, let us not love with word or with tongue but in deed and truth.s19 And by thists we will know that we are of the truth and will convincet our consciencet in his presence,t20 thatt if our conscience condemnst us, thatt God is greater than our conscience and knows all things.21 Dear friends, if our conscience does not condemn us, we have confidence in the presence of God,22 andt whatever we ask we receive from him, becauset we keep his commandments and do the things that are pleasing to him.23 Nowt this is his commandment:ts that we believe in the name of his Son Jesus Christ and love one another, just as he gaves us the commandment.

24 And the person who keeps his commandments residests in God,t and Godt in him. Now by thist we know that Godt resides in us: by the Spirit he has given us.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.