1 JOHANNES 3
Dis julle herkoms wat saak maak, kinders van God!
1 Kyk net hoe 'n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk.
3 Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is.
4 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid.5 Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie.
6 Elkeen wat in 'n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie 'n begrip van Hom nie.
7 Kinders, moenie dat iemand julle hieroor mislei nie: Elkeen wat reg leef, is regverdig, net soos Hy regverdig is.
8 Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.
9 Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is.
10 Op hierdie manier is dit duidelik wie die kinders van God en wie die kinders van die duiwel is. Almal wat nie reg optree nie en ook nie hulle medegelowiges liefhet nie, is nie uit God nie.
Liefhê en haat loop nie saam nie
11 Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.
12 Ons moet nie soos Kain optree wat uit die bose was en sy broer doodgemaak het nie. Om watter rede het hy hom doodgemaak? Omdat sy eie optrede boos was en sy broer s'n reg.
13 Broers en susters, moet nie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.14 Ons leef in die wete dat ons reeds uit die dood oorgegaan het in die lewe omdat ons ons broers en susters liefhet. Wie nie liefhet nie, bly eenvoudig in die dood vasgevang.15 Elkeen wat sy broer of suster haat, is 'n moordenaar, en julle weet dat geen moordenaar deel het aan die ewige lewe nie.16 Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters.
17 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om 'n helpende hand uit te steek - hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?
18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.19 Deur ons optrede sal ons weet dat ons getrou aan die waarheid lewe en dat ons ons gewete voor Hom tot rus kan bring.
20 Maar selfs wanneer ons gewete ons sou aankla - God is groter as ons gewete en Hy weet alles.
21 Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan.22 Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak.23 En dit is sy opdrag: Ons moet glo in die persoon van sy Seun, Jesus Christus, en ons moet mekaar liefhê, net soos Hy aan ons die opdrag gegee het.
24 Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in 'n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in 'n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.
1 JOHN 3
1 t Think how much the Father loves us. He loves us so much that he lets us be called his children, as we truly are. But since the people of this world did not know who Christt is, they don't know who we are. 2 My dear friends, we are already God's children, though what we will be hasn't yet been seen. But we do know when Christ returns, we will be like him, because we will see him as he truly is.
3 This hope makes us keep ourselves holy, just as Christt is holy.
4 Everyone who sins breaks God's law, because sin is the same as breaking God's law. 5 t You know Christ came to take away our sins. He isn't sinful,
6 and people who stay one in their hearts with him won't keep on sinning. If they do keep on sinning, they don't know Christ, and they have never seen him.
7 Children, don't be fooled. Anyone who does right is good, just like Christ himself. 8 Anyone who keeps on sinning belongs to the devil. He has sinned from the beginning, but the Son of God came to destroy all that he has done. 9 God's children cannot keep on being sinful. His life-giving powert lives in them and makes them his children, so they cannot keep on sinning.
10 You can tell God's children from the devil's children, because those who belong to the devil refuse to do right or to love each other.Love Each Other
11 t From the beginning you were told we must love each other. 12 t Don't be like Cain, who belonged to the devil and murdered his own brother. Why did he murder him? He did it because his brother was good, and he was evil. 13 My friends, don't be surprised if the people of this world hate you.
14 t Our love for each other proves we have gone from death to life. But if you don't love each other, you are still under the power of death.
15 If you hate each other, you are murderers, and we know murderers do not have eternal life. 16 We know what love is because Jesus gave his life for us. This is why we must give our lives for each other. 17 If we have all we need and see one of our own people in need, we must have pity on that person, or else we cannot say we love God.
18 Children, you show love for others by truly helping them, and not merely by talking about it.
19 When we love others, we know we belong to the truth, and we feel at ease in the presence of God. 20 But even if we don't feel at ease, God is greater than our feelings, and he knows everything. 21 Dear friends, if we feel at ease in the presence of God, we will have the courage to come near him. 22 He will give us whatever we ask, because we obey him and do what pleases him. 23 t God wants us to have faith in his Son Jesus Christ and to love each other. This is also what Jesus taught us to do. 24 If we obey God's commandments, we will stay one in our hearts with him, and he will stay one with us. The Spirit he has given us is proof that we are one with him.