I JOHANNES 5
Die geloof in Jesus en die gevolge daarvan.
1 ELKEEN wat glo dat tJesus die Christus is, is tuit God gebore; en telkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
3 Want tdit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en tsy gebooie is nie swaar nie.
4 Want alles wat uit God gebore is, toorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as thy wat glo tdat Jesus die Seun van God is?
6 Dit is Hy wat tdeur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en tdit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.
7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;
8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
9 tAs ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God twat Hy aangaande sy Seun getuig het.
10 Wie in die Seun van God glo, thet die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, thet Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
11 En dit is die getuienis: dat God ons tdie ewige lewe gegee het, en tdié lewe is in sy Seun.
12 tHy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
13 tDit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
14 En dit is tdie vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor tas ons iets vra tvolgens sy wil.
15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
16 As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en tHy sal hom die lewe gee — vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. tDaar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17 tAlle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.
18 Ons weet dat telkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
19 Ons weet dat ons uit God is en tdie hele wêreld in die mag van die Bose lê.
20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die tWaaragtige te ken; en ons is in die Joh. 17:3; Openb. 3:7,14; 19:11Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en tdie ewige lewe.
21 My kinders, tbewaar julleself van die afgode. Amen.
1 John 5
1 Whoever believes that Jesus is the Christ is born of God. Whoever loves the Father also loves the child who is born of him.2 By this we know that we love the children of God, when we love God and keep his commandments.3 For this is the love of God, that we keep his commandments. His commandments are not grievous.4 For whatever is born of God overcomes the world. This is the victory that has overcome the world: your faith.5 Who is he who overcomes the world, but he who believes that Jesus is the Son of God?6 This is he who came by water and blood, Jesus Christ; not with the water only, but with the water and the blood. It is the Spirit who testifies, because the Spirit is the truth.7 For there are three who testifyt:8 the Spirit, the water, and the blood; and the three agree as one.9 If we receive the witness of men, the witness of God is greater; for this is God’s testimony which he has testified concerning his Son.10 He who believes in the Son of God has the testimony in himself. He who doesn’t believe God has made him a liar, because he has not believed in the testimony that God has given concerning his Son.11 The testimony is this, that God gave to us eternal life, and this life is in his Son.12 He who has the Son has the life. He who doesn’t have God’s Son doesn’t have the life.
13 These things I have written to you who believe in the name of the Son of God, that you may know that you have eternal life, and that you may continue to believe in the name of the Son of God.
14 This is the boldness which we have toward him, that, if we ask anything according to his will, he listens to us.
15 And if we know that he listens to us, whatever we ask, we know that we have the petitions which we have asked of him.
16 If anyone sees his brother sinning a sin not leading to death, he shall ask, and God will give him life for those who sin not leading to death. There is a sin leading to death. I don’t say that he should make a request concerning this.17 All unrighteousness is sin, and there is a sin not leading to death.18 We know that whoever is born of God doesn’t sin, but he who was born of God keeps himself, and the evil one doesn’t touch him.19 We know that we are of God, and the whole world lies in the power of the evil one.
20 We know that the Son of God has come, and has given us an understanding, that we know him who is true, and we are in him who is true, in his Son Jesus Christ. This is the true God, and eternal life.
21 Little children, keep yourselves from idols.