previous next

1 JOHANNES 5

Geloof in die Seun van God oorwin die wêreld

1 Elkeen wat glo en bely dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook sy kinders lief.2 Hieraan weet ons dat ons moet aanhou om die kinders van God lief te hê: wanneer ons God liefhet en sy opdragte uitvoer.3 Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie,4 want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.

5 Wie anders kan dit wees wat die wêreld verower as die een wat bely dat Jesus die Seun van God is?
6 Dit is Hy wat deur die water en die bloed gegaan het, nie slegs deur die water nie, maar deur die water én die bloed. Die Gees is die Een wat daaroor getuienis aflê omdat die Gees die waarheid is.7 Daarom is daar dié drie wat getuienis aflê:

8 die Gees, die water en die bloed en al drie is dit eens.
9 As ons dan die getuienis van mense as betroubaar aanvaar - die getuienis van God dra soveel groter gewig. Hierdie getuienis kom van God af; sy getuienis oor sy eie Seun staan vas.

10 Almal wat glo in die Seun van God, dra dié getuienis in hulle eie hart; wie nie glo nie, het God as 'n leuenaar uitgemaak omdat hulle nie glo in die getuienis wat God oor sy Seun gelewer het nie.
11 En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in 'n hegte verhouding met sy Seun.

12 Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun van God nie, het ook nie deel aan die ewige lewe nie.

Slot: Leef uit julle sekerhede

13 Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God.14 Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister.

15 As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons ook dat Hy die versoek wat ons gevra het, toestaan.
16 As jy sien dat jou broer of suster aanhou sonde doen - sonde wat nie tot die dood lei nie - moet jy ernstig bid en God sal aan hulle lewe gee. Dit geld vir dié sondes wat nie tot die dood lei nie. Daar is ook sonde wat tot die dood lei; ek sê nie dat jy daarvoor moet bid nie.

17 Elke optrede wat nie reg is nie, is sonde, maar nie elke sonde lei tot die dood nie.
18 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie.19 Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê.

20 Ons leef ook met die wete dat die Seun van God gekom het en aan ons die vermoë gegee het om die ware Een te herken. En ons leef in 'n hegte verhouding met Hom, die Ware Een, naamlik God se Seun, Jesus Christus. Hy ís die ware God, en Hy is die ewige lewe.

21 Kinders, loop tog wakker vir die afgode!

1 JOHN 5

Victory over the World

1 If we believe Jesus is truly Christ, we are God's children. Everyone who loves the Father will also love his children. 2 If we love and obey God, we know we will love his children.

3 t We show our love for God by obeying his commandments, and they are not hard to follow.
4 Every child of God can defeat the world, and our faith is what gives us this victory.

5 No one can defeat the world without having faith in Jesus as the Son of God.

Who Jesus Is


6 Water and blood came out from the side of Jesus Christ. It wasn't just water, but water and blood.t The Spirit tells about this, because the Spirit is truthful. 7 In fact, there are three who tell about it.

8 They are the Spirit, the water, and the blood, and they all agree.
9 We believe what people tell us. But we can trust what God says even more, and God is the one who has spoken about his Son. 10 If we have faith in God's Son, we have believed what God has said. But if we don't believe what God has said about his Son, it is the same as calling God a liar. 11 t God has also said he gave us eternal life and this life comes to us from his Son.

12 And so, if we have God's Son, we have this life. But if we don't have the Son, we don't have this life.

Knowing about Eternal Life


13 All of you have faith in the Son of God, and I have written to let you know you have eternal life. 14 We are certain God will hear our prayers when we ask for what pleases him.

15 And if we know God listens when we pray, we are sure our prayers have already been answered.
16 Suppose you see one of our people commit a sin that isn't a deadly sin. You can pray, and this person will be given eternal life. But the sin must not be one that is deadly.

17 Everything that is wrong is sin, but not all sins are deadly.

18 We are sure God's children do not keep on sinning. God's own Son protects them, and the devil cannot harm them.

19 We are certain we come from God and the rest of the world is under the power of the devil.

20 We know that Jesus Christ the Son of God has come and has shown us the true God. And because of Jesus, we now belong to the true God who gives eternal life.
21 Children, you must stay away from idols.