previous next

1 Petrus 1

1 Petrus, wat spesiaal deur Jesus Christus gestuur is, het hierdie brief geskryf.
Ek skryf aan die mense wat God vir Hom gekies het en wie se lewe nie net om die dinge van hierdie wêreld draai nie. Ek praat van die gelowiges wat verjaag is en nou versprei in die hele Turkye bly.
2 God, hulle Vader, weet al lankal dat hulle Syne is, want die Heilige Gees het hulle Syne gemaak. Daarom luister hulle nou na Hom. Jesus het gesorg dat hulle vir God aanvaarbaar is; daarvoor moes Hy egter sy eie lewe gee.
Mag God vir julle baie goed wees. Mag julle rustig en veilig by Hom voel, sonder dat enigiets julle pla.
3  God, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons sy kinders gemaak. 'n Mens staan verstom voor sy geweldige goedheid.
God het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s'n is.
4 Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. God bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat God sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie.
God het mos bewys dat Hy al die dinge vir ons kan en wil doen toe Hy Jesus uit die dood opgewek het.
5 God hou julle juis nou styf vas sodat niks met julle gebeur wat julle geestelik kan seermaak nie. Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. Vertrou daarom op Hom, want Hy gaan julle kom red. Alles is al reg daarvoor. Op die dag wanneer Jesus weer kom, sal God al die wonderlike dinge wat Hy vir julle reggemaak het, vir julle kom uitdeel. Daarvan kan julle seker wees en daarom kan julle inderdaad baie bly en opgewonde wees.
6  Dit kan gebeur dat daar in julle alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir julle lekker is nie en7 wat julle geloof op allerhande maniere toets. Moenie dat dit julle van stryk bring nie. Kom ons neem goud as voorbeeld. Geld wat van goud gemaak is, hou natuurlik nie vir altyd nie. Tog doen mense moeite om dit in 'n baie warm vuur te sit om so al die vuiligheid wat in die goud vassit, weg te smelt. So is dit met die geloof ook. Dit moet getoets en suiwer gemaak word. As julle geloof deur al die moeilikhede heen sterk bly, sal daar by die wederkoms van Jesus gesê word watter mooi voorbeeld julle met julle geloof gestel het. Almal sal daaroor praat.
8-9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde.
10  Die boodskappers van God, die profete, het lank gelede al gesê dat God vir julle wonderlik goed gaan wees, selfs al verdien julle dit nie. Hulle het baie moeite gedoen om te probeer uitvind wat God presies in gedagte gehad het toe Hy gesê het dat Hy mense gaan red. Hulle wou agterkom wanneer en hoe alles sou gebeur.11 Die Gees van Christus wat ook in hulle aan die werk was, het hulle daarmee gehelp. Die Gees het vooraf duidelik gesê dat Christus sal moet ly, maar dat God daarna aan Hom groot eer sal bewys.12 So het daardie profete besef dat hulle boodskap eintlik nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir julle. Die mense wat dus die goeie boodskap van Jesus vir julle kom vertel het, is so deur die Heilige Gees gelei. Hierdie boodskap is so wonderlik dat selfs die engele opgewonde is om te sien wat alles gaan gebeur.
13  Dink mooi oor al hierdie dinge na en moenie toelaat dat julle gedagtes deur allerhande ander dinge deurmekaargekrap word nie. Jesus sal vir julle geskenke bring wanneer Hy weer kom, ver bo wat julle verdien. Dit weet julle mos vir seker. Tree op soos God se kinders wat graag doen wat Hy vra.14 Vergeet heeltemal van al die dinge wat julle vroeër so graag gedoen het. Die lus of gevoel om daardie ou verkeerde dinge weer te doen, moet nie eens by julle opkom nie. Julle het toe mos nie van beter geweet nie.
15 Die manier waarop julle nou leef, moet anders wees.
God het julle geroep om Syne te wees. Hy is sonder sonde, omdat Hy heeltemal anders is as die sonde en Hy niks met die sonde te doen wil hê nie. Net soos God moet julle ook niks met die sonde te doen hê nie. Bly daarvan weg.
16 Die Skrif sê:
"Julle moet niks met die sonde te doen hê nie, want God het niks daarmee te doen nie."
17  Julle ken mos julle Vader met wie julle so in gebed praat. Hy trek niemand voor nie. Wat vir Hom saak maak, is of iemand vir Hom leef of nie. Laat julle hele lewe dus vertel van die respek wat julle vir God het.18 Julle is nie mense wat net vir hierdie wêreld leef en vir wat julle daaruit kan kry nie. Dinge het mos heeltemal vir julle verander. Vroeër was julle, soos julle voorouers, mense wat in 'n geestelike tronk gesit het. Soos mense vasgevang agter tralies het julle 'n doellose en leë lewe gelei.19 Toe het Jesus die boete kom betaal wat die geestelike tronkdeure vir julle laat oopswaai het. Julle kon weer regtig begin lewe. Hy het nie die boete met goud of sakke vol geld betaal nie, want sulke goed sal later hulle waarde verloor. Nee, Hy het met sy eie bloed betaal, en wat 'n groot prys was dit nie!20 God self het baie lank terug, voor die wêreld nog gemaak is, besluit dat Jesus dit sou doen. Hy moes die volmaakte Lam vir die perfekte offer wees, sonder enige fout. 'n Beter offer kan daar nie wees nie. Julle het nou die voorreg om te sien hoe God sy plan hier aan die einde ter wille van julle uitvoer.21 Julle kan op God vertrou, omdat julle gesien het wat Hy vir Jesus gedoen het. Hy het Jesus uit die dood opgewek en aan Hom eer en baie hoë status gegee. Net God kan dit doen. Julle kan God dus vertrou. Julle kan maar seker weet dat Hy dit alles iewers in die toekoms ook met julle sal doen.
22  Julle moet lojaal wees teenoor mekaar en mekaar help waar julle ook al kan. Julle luister nou nie meer na verkeerde dinge nie. Julle lewe nou mos graag soos God van julle verwag en volgens wat vir Hom reg is. Hy verwag dat julle in liefde lojaal teenoor mekaar sal wees, reg om mekaar te help en te dien wanneer dit ook al nodig mag wees. Julle moenie allerhande bymotiewe hê nie, maar moet opreg wees. God self het julle mos sy kinders gemaak.23 Toe julle sy boodskap gehoor het, het julle die nuwe lewe saam met God leer ken, 'n lewe wat nooit sal ophou nie. Dit is vir ewig waar.
24 Die Skrif sê nie verniet nie:
"Elke mens is slegs soos 'n grashalmpie. Dit is met mense nie anders as met 'n blom in die veld nie. Die grashalmpie verdroog maklik en die blom se blaartjies val na 'n rukkie nutteloos op die grond. Dit is so tydelik.
25 Maar die Woord van die Here sal altyd waar bly."
Hierdie "Woord" is die goeie boodskap oor Jesus wat julle gehoor het.

1 Peter 1

Salutation

1 From Peter,t an apostle of Jesus Christ, to those temporarily residingt abroadt (in Pontus, Galatia, Cappadocia, the province of Asia,t and Bithynia) who are chosent

2 according to the foreknowledge of God the Father by being set apart by the Spirit for obedience and for sprinklings with Jesus Christ’s blood. May grace and peace be yours in full measure!t

New Birth to Joy and Holiness

3 Blessed bet the God and Father of our Lord Jesus Christ! By his great mercy he gave us new birth into a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead,4 that is,t intot an inheritance imperishable, undefiled, and unfading. It is reserved in heaven for you,5 who by God’s power are protected through faith for a salvation ready to be revealed in the last time.6 This brings you great joy,t although you may have to sufferst for a short time in various trials.7 Such trials show the proven character of your faith,ts which is much more valuable than gold – gold that is tested by fire, even though it is passing awayt – and will bring praiset and glory and honor when Jesus Christ is revealed.t8 Yout have not seen him, but you love him. Yout do not see him now but you believe in him, and so you rejoicet with an indescribable and glorioust joy,

9 because you are attaining the goal of your faith – the salvation of your souls.
10 Concerning this salvation,t the prophetss who predicted the grace that would come to yout searched and investigated carefully.11 They probedt into what person or timets the Spirit of Christ within them was indicating when he testified beforehand about the sufferings appointed for Christt and his subsequent glory.t

12 They were shownt that they were serving not themselves but you, in regard to the things now announced to you through those who proclaimed the gospel to you by the Holy Spirit sent from heaven – things angels long to catch a glimpse of.
13 Therefore, get your minds ready for actiont by being fully sober, and set your hopet completely on the grace that will be brought to you when Jesus Christ is revealed.t14 Like obedient children, do not comply witht the evil urges you used to follow in your ignorance,t15 but, like the Holy One who called you, become holy yourselves in all of your conduct,16 for it is written, “You shall be holy, because I am holy.”s17 And if you address as Father the one who impartially judges according to each one’s work, live out the time of your temporary residence heret in reverence.18 You know that from your empty way of life inherited from your ancestors you were ransomed – not by perishable things like silver or gold,19 but by precious blood like that of an unblemished and spotless lamb, namely Christ.20 He was foreknownt before the foundation of the world butt was manifested in these last timest for your sake.

21 Through him you now trustst in God, who raised him from the dead and gave him glory, so that your faith and hope are in God.
22 You have purifiedt your souls by obeying the truths in order to show sincere mutual love.t Sot love one another earnestly from a pure heart.s23 You have been born anew, not from perishable but from imperishable seed, through the living and enduring word of God.

24 For
all fleshsis like grass
and all its glory like the flower of the grass;t
the grass withers and the flower falls off,

25 but the word of the Lordsendures forever.s
And this is the word that was proclaimed to you.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.