1 PETRUS 1
1 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië.2 God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is.
Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees.
Alle eer aan God vir die nuwe lewe en die wonderlike vooruitsig wat Hy aan ons gee
3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.4 God het inderdaad 'n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom.
5 En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word.
6 Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir 'n rukkie laat swaarkry.
Beproewings laat die egtheid van geloof blyk
7 Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.
8 Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie.
9 Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry.
Julle is meer bevoorreg as die profete
10 Oor hierdie verlossing wou die profete meer weet. Hulle het oor God se genade wat vir julle bedoel is, geprofeteer, al het hulle baie vrae oor die bedoeling daarvan gehad.
11 Hulle het probeer uitvind wat die Gees van Christus in hulle bedoel het toe Hy vooruit vir hulle vertel het van Christus se lyding en dat Hy daarna verheerlik sou word. Hulle het gewonder met wie en wanneer dit alles sou gebeur.
12 God het aan hulle openbaar dat dit wat hulle geprofeteer het, nie vir hulle eie tyd bedoel was nie, maar vir julle s'n. Dié Goeie Nuus is nou by julle aangekondig deur dié wat vir julle gepreek het met die krag wat die Heilige Gees gee. God self het die Gees gestuur. Dit is só wonderlik dat selfs die engele dit alles fyn dophou.
God se kinders moet volkome toegewy aan Hom lewe
13 Sien daarom met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.
14 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie.15 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees.
16 Hy het immers self gesê: "Wees heilig, want Ék is heilig!"
God het julle losgekoop. Stel daarom al julle vertroue en hoop op God
17 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders.
18 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie.19 Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.20 God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen.
21 Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
As gereinigde mense moet julle mekaar van harte liefhê
22 Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning.23 God het immers die proses begin waardeur julle weergebore is. Hierdie weergeboorte is nie deur julle aardse ouers bewerk nie, want die lewe wat hulle julle gegee het, loop op die dood uit. Die nuwe lewe wat God gegee het, is vir ewig, want dit kom van die ewige en lewende woord van God.24 Soos die profeet sê:
"Elke liggaam is soos gras;
al sy skoonheid is soos 'n
veldblom.
Die gras verskroei,
en die blom verlep.
25 Maar die woord van die Here
hou vir ewig."
En hierdie woord is as Goeie Nuus aan julle verkondig.
1 PETER 1
1 From Peter, an apostle of Jesus Christ.
To God's people who are scattered like foreigners in Pontus, Galatia, Cappadocia, Asia, and Bithynia.
2 God the Father decided to choose you as his people, and his Spirit has made you holy. You have obeyed Jesus Christ and are sprinkled with his blood.t
I pray that God will be kind to you and will keep on giving you peace!A Real Reason for Hope
3 Praise God, the Father of our Lord Jesus Christ. God is so good, and by raising Jesus from death, he has given us new life and a hope that lives on.
4 t God has something stored up for you in heaven, where it will never decay or be ruined or disappear.
5 You have faith in God, whose power will protect you until the last day.t Then he will save you, just as he has always planned to do. 6 On that day you will be glad, even if you have to go through many hard trials for a while.
7 t Your faith will be like gold that has been tested in a fire. And these trials will prove that your faith is worth much more than gold that can be destroyed. They will show that you will be given praise and honor and glory when Jesus Christ returns.
8 You have never seen Jesus, and you don't see him now. But still you love him and have faith in him, and no words can tell how glad and happy
9 you are to be saved. This is why you have faith.
10 Some prophets told how God would treat you with undeserved grace, and they searched hard to find out more about the way you would be saved. 11 The Spirit of Christ was in them and was telling them how Christ would suffer and would then be given great honor. So they searched to find out exactly who Christ would be and when this would happen.
12 But they were told that they were serving you and not themselves. They preached to you by the power of the Holy Spirit, who was sent from heaven. And their message was only for you, even though angels would like to know more about it.Chosen To Live //a Holy Life
13 Be alert and think straight. Put all your hope in how God will treat you with undeserved grace when Jesus Christ appears. 14 Behave like obedient children. Don't let your lives be controlled by your desires, as they used to be. 15 Always live as God's holy people should, because God is the one who chose you, and he is holy.
16 t That's why the Scriptures say, “I am the holy God, and you must be holy too.”
17 You say that God is your Father, but God doesn't have favorites! He judges all people by what they do. So you must honor God while you live as strangers here on earth. 18 You were rescuedt from the useless way of life you learned from your ancestors. But you know you were not rescued by such things as silver or gold that don't last forever. 19 t You were rescued by the precious blood of Christ, that spotless and innocent lamb. 20 Christ was chosen even before the world was created, but because of you, he did not come until these last days.
21 And when he did come, it was to lead you to have faith in God, who raised him from death and honored him in a glorious way. This is why you have put your faith and hope in God.
22 You obeyed the truth, t and your souls were made pure. Now you sincerely love each other. But you must keep on loving with all your heart. 23 Do this because God has given you new birth by his message that lives on forever.
24 t The Scriptures say,
“Humans wither like grass,
and their glory fades
like wild flowers.
Grass dries up,
and flowers fall
to the ground.
25 But what the Lord has said
will stand forever.”
Our good news to you is what the Lord has said.