I PETRUS 3
Pligte van vroue en mans.
1 NET so tmoet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook tdeur die wandel van die vroue tsonder woorde gewin kan word
2 as hulle jul reine, godvresende twandel aanskou het.
3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: thaarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
4 maar tdie verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en thulle was aan hul eie mans onderdanig,
6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en thom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
7 Net so moet tjulle, manne, tverstandig met hulle saamlewe en aan tdie vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — tsodat julle gebede nie verhinder mag word nie.Broederliefde, geduld, verdrukking.
8 EN eindelik, wees almal teensgesind, medelydend, vol broederliefde en tontferming, vriendelik.
9 tVergeld geen kwaad met kwaad of tskeldwoorde met skeldwoorde nie, maar tseën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
10 Want twie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?
14 Maar tas julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, tsalig is julle. En tvrees hulle glad nie, en twees nie ontsteld nie.
15 Maar theilig die Here God in julle harte en twees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met tsagmoedigheid en vrees;
16 met tbehoud van ’n goeie gewete, tsodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie tlewenswandel in Christus tbelaster.
17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.
18 Want Christus het ook teenmaal tvir die sondes gely, Hy tdie Regverdige vir die onregverdiges, tom ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na tdie vlees, maar tlewend gemaak tdeur die Gees;
19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir tdie geeste in die gevangenis,
20 wat eertyds ongehoorsaam was ttoe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, tonderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
21 waarvan tdie teëbeeld, tdie doop, ons nou ook tred, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om t’n goeie gewete — tdeur die opstanding van Jesus Christus
22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en tmagte en kragte taan Hom onderwerp is.
1 Peter 3
1 In the same way, wives, be in subjection to your own husbands; so that, even if any don’t obey the Word, they may be won by the behavior of their wives without a word;2 seeing your pure behavior in fear.3 Let your beauty be not just the outward adorning of braiding the hair, and of wearing jewels of gold, or of putting on fine clothing;4 but in the hidden person of the heart, in the incorruptible adornment of a gentle and quiet spirit, which is in the sight of God very precious.5 For this is how the holy women before, who hoped in God also adorned themselves, being in subjection to their own husbands:
6 as Sarah obeyed Abraham, calling him lord, whose children you now are, if you do well, and are not put in fear by any terror.
7 You husbands, in the same way, live with your wives according to knowledge, giving honor to the woman, as to the weaker vessel, as being also joint heirs of the grace of life; that your prayers may not be hindered.
8 Finally, be all like-minded, compassionate, loving as brothers, tenderhearted, courteous,9 not rendering evil for evil, or insult for insult; but instead blessing; knowing that to this were you called, that you may inherit a blessing.
10 For,
“He who would love life,
and see good days,
let him keep his tongue from evil,
and his lips from speaking deceit.
11 Let him turn away from evil, and do good.
Let him seek peace, and pursue it.
12 For the eyes of the Lord are on the righteous,
and his ears open to their prayer;
but the face of the Lord is against those who do evil.”t
13 Now who is he who will harm you, if you become imitators of that which is good?14 But even if you should suffer for righteousness’ sake, you are blessed. “Don’t fear what they fear, neither be troubled.”t15 But sanctify the Lord God in your hearts; and always be ready to give an answer to everyone who asks you a reason concerning the hope that is in you, with humility and fear:16 having a good conscience; that, while you are spoken against as evildoers, they may be disappointed who curse your good way of life in Christ.17 For it is better, if it is God’s will, that you suffer for doing well than for doing evil.18 Because Christ also suffered for sins once, the righteous for the unrighteous, that he might bring you to God; being put to death in the flesh, but made alive in the spirit;19 in which he also went and preached to the spirits in prison,20 who before were disobedient, when God waited patiently in the days of Noah, while the ship was being built. In it, few, that is, eight souls, were saved through water.21 This is a symbol of baptism, which now saves you—not the putting away of the filth of the flesh, but the answer of a good conscience toward God, through the resurrection of Jesus Christ,
22 who is at the right hand of God, having gone into heaven, angels and authorities and powers being made subject to him.