previous next

1 Petrus 3

1 Dieselfde geld ook vir vroue. Wees 'n goeie vrou vir jou man. Doen wat hy van jou verwag. Die manier waarop julle in die gesin leef, is belangrik. As daar byvoorbeeld 'n man is wat nie na die Woord van God wil luister nie,2 moet die manier waarop jy as vrou leef, hom oortuig dat dit waarin jy glo, die waarheid is. Jou lewe praat baie harder as jou woorde. Dit is eintlik nie eens nodig om baie met jou man oor God te praat as jy leef soos Hy wil hê nie. So sal jy vir jou man wys hoe wonderlik God is.
3 Ek vra julle: Wanneer is 'n vrou regtig mooi? Vir 'n Christen sit skoonheid nie aan die buitekant nie, maar dit kom van binne. Moenie julle te veel daaroor bekommer of julle klere in die mode is en julle hare pragtig versorg is nie. Mooi juweliersware is ook nie nodig om julle mooi te maak nie.4 Nee, 'n vrou se eintlike skoonheid kom van binne af. Hoe mooi is dit nie as 'n vrou sag en vriendelik optree nie! Of 'n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat 'n vrou kan dra.5 In die ou tyd het die vroue wat God getrou met alles gedien het, hulle ook so mooi gemaak. Hulle was goeie vroue wat na hulle man geluister het.6 Dink aan Sara as voorbeeld. Sy het na Abraham geluister en erken dat hy die leiding in die gesin moes neem. As julle reg leef en nie toelaat dat mense julle bangmaak of verkleineer as julle vir God leef nie, behoort julle soos Sara ook aan God se geestelike gesin.
7 Net so moet 'n man hom goed gedra in sy gesin. Jy moet altyd mooi optree teenoor jou vrou en haar nie seermaak of ongeskik met haar wees nie. Onthou, sy kan haarself nie so goed beskerm en verdedig soos jy kan nie. Net soos vir jou, het God ook vir vroue die ewige lewe uit genade gegee. As jy so leef, sal jy baie rustig met God in gebed kan praat sonder dat jou gewete jou pla.
8  Vir julle almal kom dit hierop neer: moenie dwarstrekkerig wees en elkeen sy eie kop volg nie. Wees sensitief vir mekaar se gevoelens. Soos jy jou eie broer of suster liefhet, moet julle mekaar liefhê. Gee vir mekaar om en moenie te veel van jouself dink ten koste van ander nie.9 As iemand lelik teenoor jou optree, moet jy nie op jou beurt lelik wees nie. Hou jou skerp tong in, al beledig iemand jou. God het julle die spesiale opdrag gegee om liewer mooi te praat van ander mense en om God te vra om vir hulle goed te wees. As julle dit doen, sal julle ook van God al die goeie dinge kry wat Hy beloof het.
10 Daar staan mos geskryf:
"Wie van die lewe hou en die beste daaruit wil haal, moet 'n wag voor sy mond sit. Hy moet nie lelik praat of hom met allerhande liegstories ophou nie.
11 Hy moet wegbly van alles wat verkeerd is en elke kans aangryp om die goeie te doen.
"Bewaar altyd die vrede; dit moet julle lewenstyl wees, want die Here sorg vir die mense wat reg leef en Hy luister graag wanneer hulle met Hom in gebed praat.
"Die Here dink niks van mense wat hulle heeltyd met verkeerde dinge ophou nie."
12-13  As julle regtig probeer om goed te leef, sal mense julle gewoonlik nie sleg behandel nie.14 Maar as julle moet swaarkry juis omdat julle doen wat reg is, is julle eintlik gelukkig. Moet net nie vir mense bang word en die kluts kwytraak nie.15 Julle moet eerder wys dat daar in julle lewe net vir Een plek is, naamlik vir Christus, die Here. As iemand julle uitvra oor die dinge wat God julle beloof het en waarna julle so uitsien, gryp die kans aan. Vertel hulle daarvan.16 Doen dit mooi, met eerbied vir God, sonder om windmakerig te wees. Sorg dat julle altyd doen wat julle weet reg is. Dit sal die mense wat so lelik van julle praat omdat julle Christelik optree, belaglik maak, juis omdat hulle julle probeer swartsmeer.17 As God dit toelaat dat ongelowige mense julle sleg behandel, is dit darem baie beter dat hulle dit doen omdat julle goed en reg optree, soos Christene behoort op te tree, eerder as dat hulle julle so behandel omdat julle julle sleg gedra.
18  Dit het met Jesus ook gebeur. Self het Hy niks verkeerds gedoen nie, maar Hy moes vir altyd vir ander se verkeerde optrede sterf. Die Een wat niks verkeerds gedoen het nie, moes so vir al die verkeerde dinge van ander betaal. So het Hy dit egter vir ons reggekry om by God uit te kom. Sy menslike liggaam is wel doodgemaak, maar die Gees het Hom lewendig gemaak.19 Deur die Gees is Hy na die geeste toe wat opgesluit is en wag vir die oordeel. Vir hulle het Hy gaan vertel dat Hy gewen het en leef. Weet julle wie is hierdie geeste?
20 Dit is die mense wat lank terug in Noag se tyd geleef het. God was destyds darem baie geduldig met daardie mense. God het hulle 'n unieke kans gegee terwyl Noag sy skip gebou het. Tog wou hulle nie hoor nie. Hulle het maar aangehou om hulle nie aan God te steur nie. Uiteindelik, toe die reën begin uitsak, is daar net 'n handjie vol mense die skip in, agt in totaal. Hulle was toe die enigstes wat uit daardie groot vloed gered is.21 Hierdie dinge is eintlik vir ons 'n voorbeeld van wat op geestelike gebied by die doop gebeur. Daar skei die paaie van die mense wat gered word en dié wat nie gered word nie. Dit gaan nie oor vuilgoed wat die water van jou liggaam afwas nie. Dit gaan eerder oor dit wat binne-in jou gebeur. Dit gaan daaroor dat jy God opreg vra om alles weg te vat wat jou skuldig laat voel. Dit is moontlik omdat Jesus uit die graf opgestaan het en leef.22 Hy is na God toe en daar sit Hy op die ereplek direk langs God. Van daar heers Hy oor alles en almal. Selfs die onsigbare magte en die engele staan onder sy gesag.

1 Peter 3

Wives and Husbands

1 In the same way, wives, be subject to your own husbands. Then,t even if some are disobedient to the word, they will be won over without a word by the way you live,t2 when they see your pure and reverent conduct.t3 Let yourt beautyt not be external – the braiding of hair and wearing of gold jewelryt or fine clothes –4 but the inner persont of the heart, the lasting beauty of a gentle and tranquil spirit, which is precious in God’s sight.5 For in the same way the holy women who hoped in God long ago adorned themselves by being subject to their husbands,6 like Sarah who obeyedt Abraham, calling him lord. You become her childrent when you do what is good and have no fear in doing so.t

7 Husbands, in the same way, treat your wives with consideration as the weaker partnerst and show them honor as fellow heirs of the grace of life. In this way nothing will hinder your prayers.t

Suffering for Doing Good

8 Finally, all of you be harmonious,t sympathetic, affectionate, compassionate, and humble.9 Do not return evil for evil or insult for insult, but instead blesst otherst because you were called to inherit a blessing.

10 For
the one who wants to love life and see good days must keepthis tongue from evil and his lips from uttering deceit.

11 And he must turn away from evil and do good;
he must seek peace and pursue it.

12 For the eyes of the Lord aretupon the righteous and his ears are open to their prayer.
But the Lord’s face is against those who do evil.s
13 Fort who is going to harm you if you are devoted to what is good?14 But in fact, if you happen to suffers for doing what is right,t you are blessed. But do not be terrified of themtor be shaken.s15 But set Christs apartt as Lord in your hearts and always be ready to give an answer to anyone who asks about the hope you possess.t16 Yet do it with courtesy and respect,t keeping a good conscience, so that those who slander your good conduct in Christ may be put to shame when they accuse you.t

17 For it is better to suffer for doing good, if God wills it,t than for doing evil.

18 s Because Christ also suffereds once for sins,
the just for the unjust,s
to bring you to God,
by being put to death in the flesh
butt by being made alive in the spirit.s

19 In itt he went and preached to the spirits in prison,s
20 after they were disobedient long agot when God patiently waitedt in the days of Noah as an ark was being constructed. In the arkt a few, that is eight souls, were delivered through water.21 And this prefigured baptism, which now saves yout – not the washing off of physical dirtt but the pledget of a good conscience to God – through the resurrection of Jesus Christ,

22 who went into heaven and is at the right hand of Godt with angels and authorities and powers subject to him.t

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.