1 Petrus 4
Gelowiges sal swaarkry wanneer hulle doen wat God wil hê
1 Julle weet dat Christus baie swaar gekry het toe Hy ’n mens op die aarde was. Julle moet dit onthou sodat julle geloof sterk kan wees, want julle weet dat ’n mens wat swaargekry het, nie meer sonde wil doen nie. 2 Ja, julle geloof moet sterk wees, sodat julle nie verkeerde dinge sal doen terwyl julle nog lewe nie. Julle moenie die dinge doen wat mense baie graag wil doen nie, julle moet doen wat God wil hê mense moet doen. 3 Want voorheen het julle lank die dinge gedoen wat die theidene doen. Julle het alles gedoen wat julle wil, julle wou slegte dinge doen, julle het gedrink totdat julle dronk was, julle het wilde partytjies gehou en baie gedrink, en julle het tafgode aanbid. Dit was baie slegte dinge wat julle gedoen het. 4 Daarom is die heidene verbaas dat julle nie meer saam met hulle wild en verkeerd wil lewe nie en hulle sê slegte dinge van julle. 5 Die heidene sal vir God moet antwoord oor wat hulle gedoen het, en God is gereed om die mense te toordeel wat nog lewe en ook die mense wat klaar gesterf het.
6 Want dit is hoekom die mense wat klaar gesterf het, ook die goeie boodskap gehoor het terwyl hulle gelewe het. Mense het hulle hier op aarde ge-oordeel en doodgemaak, maar die Heilige Gees laat hulle lewe soos God wil hê.Gelowiges moet mekaar dien
7 Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal al die dinge wat nou gebeur, ophou om te gebeur. Daarom moet julle tverstandig wees en goed dink wat julle doen, sodat julle kan bid soos ’n mens moet bid. 8 Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe. 9 Julle moet goed wees vir mekaar soos ’n mens goed is vir tvreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie. 10 God het tgenadegawes gegee vir elkeen van julle en Hy is baie goed vir julle op verskillende maniere. Julle is God se bestuurders, en daarom moet julle mekaar dien, julle moet die genadegawes gebruik wat Hy vir julle gegee het.
11 Wanneer iemand in die gemeente praat, dan moet dit wees soos wanneer God self met mense praat. Wanneer iemand die ander tgelowiges dien, dan moet hy dien met die krag wat God vir hom gee. Jesus Christus laat hierdie mense dit doen sodat mense vir God kan prys. Ons prys God wat baie sterk is, ons prys Hom vir altyd en altyd. Amen.Wanneer gelowiges swaarkry
12 Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur. 13 Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is. 14 Wanneer ander mense vir julle tbeledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly. 15 Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy ’n moordenaar is, of omdat hy ’n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie. 16 Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.
17 God sal nou gou begin om mense te toordeel en Hy sal eerste begin oordeel by ons, ons wat die ttempel van God is. Maar as God by óns begin om mense te oordeel, wat sal dan gebeur met die mense wat nie wou luister na die goeie boodskap wat van God kom nie? God sal hulle swaarder straf!
18 tDit is nie maklik
om iemand te red
wat reg lewe nie,
maar dit is baie moeiliker
om mense te red
wat nie vir God dien nie,
mense wat sondaars is.
19 Dit alles beteken: Daar is mense wat swaarkry omdat God dit besluit het, maar hulle moet aanhou om goeie dinge te doen en hulle moet hulleself vir God gee. Dit is Gód wat vir ons gemaak het, en ons kan Hom tvertrou.
1 Peter 4
Living for God
1 Christ suffered in his body. So get ready as a soldier does. Prepare yourselves to think in the same way Christ did. Do it because those who have suffered in their bodies are finished with sin.2 As a result, they don't live the rest of their lives on earth controlled by evil human longings. Instead, they live to do what God wants.
3 You have spent enough time in the past doing what ungodly people choose to do. You lived a wild life. You longed for evil things. You got drunk. You went to wild parties. You worshiped statues of gods. The Lord hates that.
4 Ungodly people think that it's strange when you no longer join them in what they do. They want you to rush into the same flood of wasteful living. So they say bad things about you.
5 But they will have to explain their actions to God. He is ready to judge the living and the dead.6 That's why the good news was preached even to people who are now dead. Human judges said they were guilty as far as their bodies were concerned. But God set their spirits free to live as he wanted them to.
7 The end of all things is near. So keep a clear mind. Control yourselves. Then you can pray.8 Most of all, love one another deeply. Love erases many sins by forgiving them.9 Welcome others into your homes without complaining.
10 God's gifts of grace come in many forms. Each of you has received a gift in order to serve others. You should use it faithfully.11 If you speak, you should do it like one speaking God's very words. If you serve, you should do it with the strength God provides. Then in all things God will be praised through Jesus Christ.
Give him the glory and the power for ever and ever. Amen.
Suffering for Being a Christian
12 Dear friends, don't be surprised by the painful suffering you are going through. Don't feel as if something strange were happening to you.13 Be joyful that you are taking part in Christ's sufferings. Then you will be filled with joy when Christ returns in glory.
14 Suppose people make fun of you because you believe in Christ. Then you are blessed, because God's Spirit rests on you. He is the Spirit of glory.15 Suppose you suffer. Then it shouldn't be because you are a murderer or a thief. It shouldn't be because you do evil things. It shouldn't be because you poke your nose into other people's business.16 But suppose you suffer for being a Christian. Then don't be ashamed. Instead, praise God because you are known by that name.
17 It is time for people to be judged. It will begin with the family of God. And since it begins with us, what will happen to people who don't obey God's good news?
18 Scripture says,
"Suppose it is hard for godly people to be saved.
Then what will happen to ungodly people and sinners?" (Proverbs 11:31)
19 Some people will suffer because God has planned it that way. They should commit themselves to their faithful Creator. And they should continue to do good.