1 Petrus 4
1 Jesus het as mens hier op aarde ook baie gely. As julle swaarkry, moet julle net soos Hy maak. Sy voorbeeld moet julle sterk maak. Iemand wat so swaarkry as mens, hou hom nie meer met die sonde op nie.2 Sy ingesteldheid in die lewe is anders. Hy hardloop nie die hele tyd agter sy eie neus aan en doen net wat vir hom as mens lekker is nie. Nee, al wat 'n Christen graag die res van sy lewe wil doen, is dit wat God - en nie mense nie - gelukkig sal maak. Kyk net hoe 'n groot deel van julle lewe het julle reeds gemors deur julle op te hou met die dinge van die mense wat God nie ken nie.3 Ek praat nou van daardie tyd toe julle alle ordentlikheid en reëls oorboord gegooi en net gedoen het waarvoor julle lus was. Julle het julle papdronk gedrink en wilde sekspartytjies gehou. Wat 'n afskuwelike, afgodiese lewe is dit nie!4 Die mense wat so sonder God leef, vra waarom julle skielik nie meer die lelike dinge saam met hulle geniet nie. Hulle praat baie lelik van julle en sleep julle naam deur die modder. Maar moenie moedeloos word nie.5 Hierdie mense sal eendag voor God moet gaan staan. Hy sal besluit wat met hulle sal gebeur. Dit maak nie saak of iemand nog leef en of hy al dood is wanneer God kom oordeel nie, almal sal voor God moet staan.6 Dit is waarom die boodskap van Jesus se oorwinning ook gebring is aan die mense wat reeds dood is. Hulle het wel liggaamlik doodgegaan (wat eintlik ons almal se straf op die sonde is), maar hulle gees sal die lewe kry wat God vir hulle sal gee.
7 Dit is nou nie meer lank voor die wêreld soos ons dit ken tot 'n einde gaan kom nie. Onthou dit elke oomblik en dink daaroor na. Sorg dat julle weet wat aangaan sodat julle sinvol met God kan praat in gebed.8 Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie.
Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.9 As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met 'n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom.
10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. Soos iemand wat in 'n huis aangestel is om ander te bedien, moet julle in God se geestelike huis al die wonderlike gawes onder mekaar uitdeel wat Hy vir ons gegee het sonder dat ons dit eintlik verdien.11 Byvoorbeeld, as een van julle preek, moet dit wees asof God deur hom praat. As iemand 'n ander persoon help wat hulp nodig het, moet hy dit doen uit die krag wat God hom sal gee. Op dié manier sal almal God se grootheid kan sien en sal Hy die eer vir alles kry, omdat Jesus dit vir ons moontlik gemaak het om al hierdie dinge te doen. Almal sal Hom erken as die Een wat in alles groot en sterk is, nie net vandag nie, maar vir ewig en altyd. Daarvan kan julle seker wees.
12 My liewe vriende, as dit so swaar met julle gaan dat julle dit byna nie meer kan hou nie, moenie sommer daaruit aflei dat julle godsdiens daarmee heen is nie. Christene moet ook swaarkry.13 Dink maar aan Jesus. Hy het baie swaargekry. Julle moet eerder bly en opgewonde wees dat julle soos Hy is, al is dit ook dat julle soos Hy kan swaarkry omdat julle Christene is. Dink net hoe bly julle gaan wees wanneer Hy weer kom en almal dan sien hoe groot en belangrik Hy regtig is.14 As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s'n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle 'n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien.15 Dit is egter heeltemal 'n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of 'n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het.16 As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word.17 Dit is nou die tyd vir God om soos 'n regter te sê wat Hy van elkeen dink. Hy gaan begin met die gelowiges wat sy kinders is. As selfs ons voor God moet gaan staan soos voor 'n regter in die hof, hoe vreesaanjaend en verskriklik sal dit nie vir dié mense wees wat hulle hele lewe lank die rug vir God en sy goeie boodskap gedraai het nie.18 As die mense wat volgens God se wil geleef het beswaarlik gered word, wat wag dan nie op die mense wat God misken en sleg geleef het nie?
19 As 'n mens al dié dinge in gedagte hou, moet die mense wat swaarkry omdat dit deel van God se plan met hulle is, Hom heeltemal vertrou met wat in hulle lewe gebeur. God het hulle immers gemaak en sal hulle nie in die steek laat nie. Hulle moet net op die regte pad bly deur goed te doen.
1 Peter 4
1 So, since Christ suffereds in the flesh, you also arm yourselves with the same attitude, because the one who has suffered in the flesh has finished with sin,s2 in that he spends the rest of his timet on earth concerned about the will of God and not human desires.3 For the time that has passed was sufficient for you to do what the non-Christianst desire.t You lived thent in debauchery, evil desires, drunkenness, carousing, drinking bouts,t and wanton idolatries.t4 Sot they are astonishedt when you do not rush with them into the same flood of wickedness, and they vilify you.t5 They will face a reckoning beforet Jesus Christt who stands ready to judge the living and the dead.
6 Now it was for this very purposet that the gospel was preached to those who are now dead,s so that thought they were judged in the flesht by human standardst they may live spirituallyt by God’s standards.t
Service, Suffering, and Judgment
7 For the culmination of all things is near. So be self-controlled and sober-minded for the sake of prayer.t8 Above all keept your love for one another fervent,t because love covers a multitude of sins.s9 Show hospitalityt to one another without complaining.10 Just as each one has received a gift, use it to serve one anothert as good stewards of the varied grace of God.
11 Whoever speaks, let it be witht God’s words.t Whoever serves, do so with the strengtht that God supplies, so that in everything God will be glorified through Jesus Christ. To him belongt the glory and the power forever and ever. Amen.
12 Dear friends, do not be astonishedt that a trial by fire is occurring among you,t as though something strange were happening to you.13 But rejoice in the degree that you have shared in the sufferings of Christ, so that when his glory is revealedt you may also rejoice and be glad.t14 If you are insulted for the name of Christ, you are blessed, because the Spirit of glory,s who is the Spirit of God,trestss on you.15 But let none of you suffer as a murderer or thief or criminal or as a troublemaker.t16 But if you suffer as a Christian,t do not be ashamed, but glorifyt God that you bear such a name.t17 For it is time for judgment to begin, starting with the houset of God. And if it starts with us, what will be the fatet of those who are disobedient to the gospel of God?18 And if the righteous are barely saved, what will become oftthe ungodly and sinners?ts
19 So then let those who suffer according to the will of God entrust their souls to a faithful Creator as they do good.t