previous next

1 TESSALONISENSE 4

Julle moet tot eer van God lewe

1 Ten slotte, broers en susters, vra ons julle en spoor ons julle aan om as deel van julle verhouding met die Here Jesus julle leefstyl in te rig volgens die voorskrifte wat julle van ons ontvang het oor hoe julle moet lewe om God gelukkig te maak. Julle doen dit ook, maar lê julle nóg meer daarop toe.

2 Julle onthou mos nog die voorskrifte wat ons op gesag van die Here Jesus aan julle gegee het.
3 Dis God se wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe. Weerhou julle van seksuele sondes.4 Elkeen van julle moet weet hoe om op te tree wanneer julle 'n vrou soek. Tree op soos mense wat aan God behoort en wat sy eer soek.5 Moenie uit seksuele drange 'n vrou soek soos die ongelowiges wat God nie ken nie.6 Niemand moet in hierdie opsig sy medegelowige benadeel of misbruik nie, want die Here wreek al sulke dinge. So het ons ook vroeër vir julle gesê en julle ernstig gewaarsku.7 God het ons mos nie geroep tot 'n onrein lewe nie. Hy het ons geroep om onsself al hoe meer aan Hom toe te wy.

8 Iemand wat hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie 'n mens nie, maar God wat sy Heilige Gees aan julle gee!
9 Ek hoef nie vir julle te skryf oor die liefde wat ons vir mekaar moet hê nie, want julle is deur God self geleer om mekaar lief te hê.

10 Julle tree inderdaad so teenoor alle medegelowiges in Masedonië op.
Nogtans spoor ons julle aan, broers en susters: Lê julle nog meer daarop toe
11 en laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee

12 sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.

Ons uitsig op die opstanding

13 Broers en susters, ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder 'n toekomsvooruitsig nie.

14 Want aangesien ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God die dooies wat in Jesus geglo het, saam met Jesus sal terugbring.
15 Wat ons nou vir julle gaan sê, is 'n uitspraak van die Here: Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie 'n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie.16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel 'n bevel gee en God se trompet weerklink.17 Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.

18 Troos mekaar dan met hierdie woorde.

1 THESSALONIANS 4

A Life That Pleases God

1 Finally, my dear friends, since you belong to the Lord Jesus, we beg and urge you to live as we taught you. Then you will please God. You are already living that way, but try even harder. 2 Remember the instructions we gave you as followers of the Lord Jesus. 3 God wants you to be holy, so don't be immoral in matters of sex. 4 Respect and honor your wife.t 5 Don't be a slave of your desires or live like people who don't know God. 6 You must not cheat any of the Lord's followers in matters of sex.t Remember, we warned you that he punishes everyone who does such things. 7 God didn't choose you to be filthy, but to be pure.

8 So if you don't obey these rules, you are not really disobeying us. Instead, you are disobeying God, who gives you his Holy Spirit.
9 We don't have to write you about the need to love each other. God has taught you to do this, 10 and you already have shown your love for all his people in Macedonia. But, my dear friends, we ask you to do even more. 11 Try your best to live quietly, to mind your own business, and to work hard, just as we taught you to do.

12 t Then you will be respected by people who are not followers of the Lord, and you won't have to depend on anyone.

The Lord's Coming


13 My friends, we want you to understand how it will be for those followers who have already died. Then you won't grieve over them and be like people who don't have any hope. 14 We believe Jesus died and was raised to life. We also believe that when God brings Jesus back again, he will bring with him all who had faith in Jesus before they died.

15 t t Our Lord Jesus told us that when he comes, we won't go up to meet him ahead of his followers who have already died.
16  t With a loud command and with the shout of the chief angel and a blast of God's trumpet, the Lord will return from heaven. Then those who had faith in Christ before they died will be raised to life. 17 Next, all of us who are still alive will be taken up into the clouds together with them to meet the Lord in the sky. From that time on we will all be with the Lord forever. 18 Encourage each other with these words.