1 Tessalonisense 5
Die Here sal skielik weer kom
1 Vriende, dit is nie nodig dat ons vir julle moet skryf en sê presies wanneer en hoe die Here sal kom nie. 2 Julle weet baie goed dat die tdag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag kom. 3 Die mense sal sê: “Daar is nou vrede en ons is veilig,” en dan sal dit skielik baie baie sleg gaan met daardie mense. Dit sal wees soos wanneer ’n vrou ’n baba moet kry, haar pyn kom skielik. Die mense sal glad nie kan wegvlug nie. 4 Maar vriende, julle lewe nie in die donker nie, julle weet hoe julle moet lewe. Julle sal gereed wees wanneer die dag van die Here kom. Dit sal nie soos ’n dief na julle toe kom nie. 5 Julle almal hou van die lig en van die dag. Ons lewe nie soos mense wat hou van die nag en van die donker nie. 6 Daarom moet ons nie slaap soos die mense wat nie in Christus glo nie. Ons moet wees soos mense wat wakker is en nie dronk is nie. 7 Mense wat slaap, slaap in die nag, en mense wat dronk word, word in die nag dronk. 8 Maar ons wat hou van die dag, ons moenie soos dronk mense wees nie. Ons moet die toorlogklere aantrek wat God vir ons gee: Hierdie klere is ’n tharnas en ’n thelm. Die harnas help ons om aan te hou glo en om lief te wees vir ander mense. Die helm help ons om aan te hou hoop dat God ons sal red wanneer die Here Jesus Christus weer kom. 9 God wil ons nie straf wanneer die Here Jesus Christus weer kom nie. God wil iets anders vir ons gee, Hy wil hê dat die Here Jesus Christus ons moet red. 10 Dit maak nie saak of ons nog lewe en of ons al klaar dood is wanneer Hy weer kom nie. Hy het gesterf om ons te red, daarom sal ons ook saam met Hom lewe.
11 Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen.Paulus sê ’n paar laaste dinge vir die gemeente in Tessalonika
12 Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom. 13 Julle moet julle leiers respekteer en baie lief wees vir hulle, want hulle doen belangrike werk. Julle moet só lewe dat daar vrede is tussen julle. 14 Vriende, ons vra vir julle baie mooi, julle moet ernstig praat met die mense wat lui is. Julle moet die mense wat maklik moedeloos word, help en tbemoedig. Julle moet die mense help wat nie sterk glo nie. Julle moet geduldig wees met almal. 15 As iemand slegte dinge gedoen het aan jou, dan moet jy nie ook slegte dinge doen aan hom nie. Julle moet keer sodat niemand dit doen nie. Julle moet altyd goeie dinge probeer doen vir mekaar en vir al die mense. 16 Julle moet altyd bly wees. 17 Julle moenie ophou bid nie.
18 Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo.
19 Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie. 20 Dit beteken julle moenie ’n tprofeet stilmaak nie. 21 Maar julle moet ook nie alles glo wat mense sê nie. Julle moet toets wat mense sê en kyk of dit regtig is wat God wil hê. Dan sal julle weet wat goed is.
22 Bly weg van alles wat sleg is.
23 Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal twy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie. 24 God sal doen wat Hy belowe het, Hy het julle gekies en Hy sal dit doen. 25 Vriende, julle moet asseblief ook vir ons bid. 26 Groet al die tgelowiges met ’n soen wat wys dat julle almal aan Christus behoort. 27 Julle moet vir my belowe en die Here moet die tgetuie wees dat julle hierdie brief vir al die gelowiges sal lees sodat hulle dit kan hoor. 28 Ek bid dat die Here Jesus Christus tgenadig sal wees vir julle.
1 Thessalonians 5
1 Brothers and sisters, we don't have to write to you about times and dates.2 You know very well that the day of the Lord will come like a thief in the night.3 People will be saying that everything is peaceful and safe. Then suddenly they will be destroyed. It will happen like birth pains coming on a pregnant woman. None of the people will escape.
4 Brothers and sisters, you are not in darkness. So that day should not surprise you as a thief would.5 All of you are children of the light. You are children of the day. We don't belong to the night. We don't belong to the darkness.
6 So let us not be like the others. They are asleep. Instead, let us be wide awake and in full control of ourselves.
7 Those who sleep, sleep at night. Those who get drunk, get drunk at night.8 But we belong to the day. So let us control ourselves. Let us put the armor of faith and love on our chest. Let us put on the hope of salvation like a helmet.
9 God didn't choose us to receive his anger. He chose us to receive salvation because of what our Lord Jesus Christ has done.
10 Jesus died for us. Some will be alive when he comes. Others will be dead. Either way, we will live together with him.11 So cheer each other up with the hope you have. Build each other up. In fact, that's what you are doing.
Final Directions
12 Brothers and sisters, we ask you to have respect for the godly leaders who work hard among you. They have authority over you. They correct you.13 Have a lot of respect for them. Love them because of what they do. Live in peace with each other.
14 Brothers and sisters, we are asking you to warn those who don't want to work. Cheer up those who are shy. Help those who are weak. Put up with everyone.15 Make sure that nobody pays back one wrong act with another. Always try to be kind to each other and to everyone else.
16 Always be joyful.17 Never stop praying.18 Give thanks no matter what happens. God wants you to thank him because you believe in Christ Jesus.
19 Don't put out the Holy Spirit's fire.20 Don't treat prophecies as if they amount to nothing.21 Put everything to the test. Hold on to what is good.22 Stay away from every kind of evil.
23 God is the God who gives peace. May he make you holy through and through. May your whole spirit, soul and body be kept free from blame. May you be without blame from now until our Lord Jesus Christ comes.
24 The One who has chosen you is faithful. He will do all these things.
25 Brothers and sisters, pray for us.26 Greet all the believers with a holy kiss.27 While the Lord is watching, here is what I command you. Have this letter read to all the believers.
28 May the grace of our Lord Jesus Christ be with you.