1 Tessalonisense 5
1 My broers en susters, dis nie vir my nodig om met julle te praat oor presies wanneer die Here gaan terugkeer, of wat alles sal gebeur as Hy terugkeer nie.2 Julle weet teen hierdie tyd baie goed dat die dag waarop die Here terugkom net so onverwags sal plaasvind soos 'n dief wat in die middel van die nag by jou huis kom inbreek.3 Baie mense sal nog sê: "Ag nee wat, alles is veilig," dan val alles rondom hulle skielik inmekaar. Hierdie mense sal begin skree van die pyn, net soos 'n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit sal niks help nie. Niemand sal op daardie dag wegkom nie.
4 Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie.5 Julle sal gereed wees, want julle leef altyd in die Here se lig. Ons as gelowiges is immers dagmense, nie nagmense nie. Ons het niks om vir Hom weg te steek nie.
6 Ons mag nie aan die slaap wees soos daardie mense wat niks met die Here te doen wil hê nie. Nee, ons moet helder wakker wees. Ons moet reg leef.
7 Die sonde is soos 'n slaappil. Dit sus mense aan die slaap. Daarom strompel daardie spul wat hulle aan drank oorgee soos slaapwandelaars van die een dronkpartytjie na die ander.8 Gelukkig het die Here ons uit ons slaap wakker gemaak. Ons is dagmense wat die Here se spesiale wapens moet aantrek.
Geloof en liefde is die eerste spesiale wapen wat die Here vir ons gee om ons hart soos 'n pantser te beskerm. Ons moet al ons vertroue in God stel om ons te lei. Die tweede wapen wat die Here ons gee, is 'n vaste oortuiging hier binne-in ons dat ons onderweg is na die Here se wêreld. Dit pas soos 'n sterk helm op ons kop.
9 God het besluit dat ons nooit in der ewigheid aan sy straf onderwerp sal word nie, maar dat ons deur die Here Jesus Christus gered word.10 Daarom het Hy in ons plek gesterf. Dit maak nie saak of ons nog lewe op die dag wanneer Hy terugkom en of ons al dood is nie; ons plek daar by Christus is klaar bespreek. Ons gaan vir altyd saam met Hom leef.
11 Julle moet asseblief met mekaar gesels oor al die dinge wat ek nou vir julle gesê het. Praat mekaar moed in. Ek weet julle doen dit. Maar hou asseblief daarmee aan!
12 Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos.13 Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle.
Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie.
14 Ek wil julle ook daaraan herinner dat julle 'n plig het teenoor ander Christene. Sê vir daardie mense wat moeilikheid in die kerk veroorsaak om dadelik daarmee op te hou. Praat Christene wie se geloof klein is moed in. Ondersteun die gelowiges wat nog nie mooi verstaan waaroor ons geloof gaan nie. Wees geduldig met almal met wie julle te doen kry.15 Sê vir ander gelowiges om nie wraak te neem nie. As iemand iets leliks aan hulle gedoen het, mag hulle nie iets leliks terugdoen nie. Sorg eerder dat julle van vroeg tot laat goeie dinge aan mekaar en aan ander mense buite die kerk doen.
16 Wees altyd vol blydskap.17 Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor!18 Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het.
19 Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na sy stem.20 Moenie die profetiese boodskappe van ander oorhaastig van die tafel vee nie. Luister na alles wat hulle sê,21 maar wees versigtig. Stel vas of dit regtig van die Here af kom. Bêre al daardie boodskappe wat wel van God af kom in julle hart, en gaan doen dit,22 maar bly weg van boodskappe wat julle op die verkeerde pad kan lei.
23 Ek bid dat God, wat vrede tussen ons en Hom gemaak het, julle lewe geheel en al vir Hom opsy sal sit. Mag Hy julle met alles binne-in julle oppas tot op daardie dag dat ons Here Jesus Christus weer kom. Mag Hy julle op 'n dag silwerskoon voor Christus laat staan, sonder 'n spikkeltjie sonde in julle lewe.24 Ek weet God sal my gebed verhoor, want Hy hou sy woord. Toe Hy julle sy kinders gemaak het, het Hy belowe dat Hy die hele tyd by julle sal wees tot op die heel laaste dag.
25 My liewe broers en susters, sal julle asseblief ook vir my en my helpers bid?
26 Julle moet mekaar vriendelik ontvang. Soen mekaar met 'n heilige soen as julle saamkom soos wat dit by Christene pas.
27 En ek versoek julle baie ernstig in die Naam van die Here dat hierdie brief by julle byeenkomste aan al die gelowiges voorgelees word.
28 Die oorvloedige goedheid van ons Here Jesus Christus is by julle, nou en vir altyd.
1 Thessalonians 5
The Day of the Lord
1 Now on the topic of times and seasons,t brothers and sisters,t you have no need for anything to be written to you.2 For you know quite well that the day of the Lords will come in the same way as a thief in the night.s3 Now whens they are saying, “There is peace and security,”t then sudden destruction comes on them, like labor painst on a pregnant woman, and they will surely not escape.4 But you, brothers and sisters,t are not in the darkness for the day to overtake you like a thief would.5 For you all are sons of the light and sons of the day. We are not of the night nor of the darkness.6 So then we must not sleep as the rest, but must stay alert and sober.7 For those who sleep, sleep at night and those who get drunk are drunk at night.8 But since we are of the day, we must stay sober by putting on the breastplates of faith and love and as a helmet our hope for salvation.t9 For God did not destine us for wraths but for gaining salvation through our Lord Jesus Christ.10 He diedt for us so that whether we are alert or asleeps we will come to life together with him.
11 Therefore encourage one another and build up each other, just as you are in fact doing.
Final Instructions
12 Now we ask you, brothers and sisters,t to acknowledge those who labor among you and preside over you in the Lord and admonish you,13 and to esteem them most highly in love because of their work. Be at peace among yourselves.14 And we urge you, brothers and sisters,t admonish the undisciplined, comfort the discouraged, help the weak, be patient toward all.15 See that no one pays back evil for evil to anyone, but always pursue what is good for one another and for all.16 Always rejoice,17 constantly pray,18 in everything give thanks. For this is God’s will for you in Christ Jesus.19 Do not extinguish the Spirit.20 Do not treat prophecies with contempt.21 But examine all things; hold fast to what is good.
22 Stay away from every form of evil.
Conclusion
23 Now may the God of peace himself make you completely holy and may your spirit and soul and body be kept entirely blameless at the coming of our Lord Jesus Christ.24 He who calls you is trustworthy, and he will in fact do this.t25 Brothers and sisters,t pray for us too.26 Greet all the brothers and sisterst with a holy kiss.27 I call on you solemnly in the Lordt to have this letter read to all the brothers and sisters.st
28 The grace of our Lord Jesus Christ be with you.s