1 TESSALONISENSE 5
1 Broers en susters, dis nie nodig dat ek vir julle skryf oor die presiese dag en datum wanneer hierdie dinge gaan gebeur nie.2 Julle weet mos self dat die Dag van die Here soos 'n dief in die nag kom.
3 Wanneer die mense nog sê: "Alles is rustig en veilig," dan skielik, soos geboortepyne 'n swanger vrou oorval, oorval ondergang hulle. Hulle sal dit beslis nie vryspring nie.
4 Maar júlle, broers en susters, leef nie in die duisternis sodat dié dag julle soos 'n dief sal oorval nie.5 Julle is tog almal kinders van die lig en van die dag. Ons hoort nie by die nag of die duisternis nie.6 Laat ons daarom nie soos die ander mense aan die slaap gevang word nie. Laat ons wakker en nugter wees.7 Dié wat slaap, slaap snags, en dié wat hulle dronk drink, drink snags.8 Ons wat by die dag hoort, moet egter nugter bly deur geloof en liefde as 'n borsharnas aan te trek en as helm die vooruitsig op ons verlossing.9 God se bedoeling met ons is nie dat ons gestraf moet word nie, maar dat ons deur ons Here Jesus Christus verlos word!10 Jesus het in ons belang gesterf sodat ons, of ons nog lewe of reeds dood is, saam met Hom mag lewe.
11 Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.
Verskillende voorskrifte
12 Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad.
13 Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar.
14 Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal.
15 Kyk dat niemand weerwraak neem nie, maar streef eerder altyd die goeie na - vir mekaar en vir alle mense.
16 Wees altyd vol blydskap.17 Moenie ophou bid nie.
18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.
19 Moenie die Gees uitblus nie.20 Moenie profesieë geringskat nie,21 maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is.
22 Bly weg van elke vorm van kwaad.
Paulus se groetwoord
23 Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom.
24 Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!
25 Broers en susters, bid ook vir ons.
26 Groet al die broers en susters met die soen van Christelike liefde.
27 Ek vra namens die Here dat dié brief aan al die broers en susters voorgelees sal word.
28 Mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle wees.
1 THESSALONIANS 5
1 I don't need to write you about the time or date when all this will happen. 2 t You surely know that the Lord's returnt will be as a thief coming at night.
3 People will think they are safe and secure. But destruction will suddenly strike them like the pains of a woman about to give birth. And they won't escape.
4 My dear friends, you don't live in darkness, and so that day won't surprise you like a thief. 5 You belong to the light and live in the day. We don't live in the night or belong to the dark. 6 Others may sleep, but we should stay awake and be alert. 7 People sleep during the night, and some even get drunk.
8 t But we belong to the day. So we must stay sober and let our faith and love be like a suit of armor. Our firm hope that we will be saved is our helmet.
9 God doesn't intend to punish us, but wants us to be saved by our Lord Jesus Christ. 10 Christ died for us, so we could live with him, whether we are alive or dead when he comes.
11 This is why you must encourage and help each other, just as you are already doing.Final Instructions //and Greetings
12 My friends, we ask you to be thoughtful of your leaders who work hard and tell you how to live for the Lord. 13 Show them great respect and love because of their work. Try to get along with each other. 14 My friends, we beg you to warn anyone who isn't living right. Encourage anyone who feels left out, help all who are weak, and be patient with everyone.
15 Don't be hateful to people, just because they are hateful to you. Rather, be good to each other and to everyone else.
16 Always be joyful 17 and never stop praying.
18 Whatever happens, keep thanking God because of Jesus Christ. This is what God wants you to do.
19 Don't turn away God's Spirit 20 or ignore prophecies. 21 Put everything to the test. Accept what is good
22 and don't have anything to do with evil.
23 I pray that God, who gives peace, will make you completely holy. And may your spirit, soul, and body be kept healthy and faultless until our Lord Jesus Christ returns.
24 The one who chose you can be trusted, and he will do this.
25 Friends, please pray for us.
26 Give the Lord's followers a warm greeting.
27 In the name of the Lord I beg you to read this letter to all his followers.
28 I pray that our Lord Jesus Christ will be kind to you!