1 Timoteus 1
1 Ek, Paulus, is die skrywer van hierdie brief. Jesus Christus het my spesiaal gestuur om vir almal die goeie nuus te vertel. God, wat ons red, en Christus Jesus wou dit so gehad het. Ons vertrou mos vir Jesus om al God se beloftes vir ons waar te maak.
2 Hierdie brief is vir jou, Timoteus. Jy is my ware geestelike seun, want jy glo ook in Jesus Christus.
Mag God ons Vader, en Christus Jesus ons Here, baie goed vir jou wees, meer as wat jy verdien. Mag jy hulle warm hart van liefde elke dag ervaar en mag dit vir jou daardie wonderlike vrede gee wat 'n mens net by God en Christus kan kry.
3 Jy onthou mos nog wat ek jou gevra het net voor ek weg is Noord-Griekeland toe. Ek het gevra dat jy in Efese moes bly. Moenie daar weggaan nie, want jy moet sorg dat daardie vals predikers end kry met al die verkeerde dinge wat hulle van God vertel.4 Hulle hou hulle besig met 'n klomp stories wat hulle uit die duim suig en probeer allerhande spesiale dinge uit geslagsregisters aflei. Hulle wil net 'n stryery aan die gang sit in plaas daarvan om hulle met die werk van God besig te hou. 'n Gelowige sal mos eerder God se werk wil doen.
5 Doen dit asseblief, want dit lei tot liefde. Dit gebeur as 'n mens nie iets vir God probeer wegsteek nie en daar nie kwade bedoelings in jou is nie. Jy moet ook regtig op God vertrou en nie net maak of jy op Hom vertrou nie.6 Party mense vertrou nie meer op God nie, maar hou hulle eerder besig met 'n klomp gepraat wat eintlik g'n sin maak nie.7 Hulle wil so graag hê mense moet sê dat hulle kenners van die godsdienstige sake en wet is. Maar ongelukkig weet hulle glad nie waarvan hulle praat nie. Hulle praat asof hulle so baie weet, maar eintlik weet hulle niks.
8 God se wet is goed, dit weet ons. 'n Mens moet dit net reg gebruik.9 Die wet is eintlik nie bedoel vir mense wat leef soos God dit van hulle verwag nie. Dit is vir die ander mense bedoel. Ek praat van mense wat niks omgee vir God se wet of enige reëls nie; hulle steur hulle nie aan God nie en lê in die sonde rond; hulle maak die dinge van God belaglik; hulle het so min respek vir hulle ouers dat hulle niks daarvan dink om hulle dood te maak nie, wat nog te sê van ander mense.10 Die wet is daar vir mense wat hulle nie aan die reëls van die huwelik steur nie en allerhande perverse seksuele dinge doen. Dit geld ook vir mense wat nie respek vir ander mense het nie en hulle ontvoer of verkoop vir geld. Die wet is ook bedoel vir leuenaars wie se woord nie hulle eer is nie of vir mense wat nie meer doen wat hulle as Christene geleer is om te doen nie.11 Wat het hulle geleer? Hulle het die wonderlike boodskap geleer wat ek vir ander moes vertel. Dit gaan oor hoe groot en goed God is.
12 Ek is Christus Jesus baie dankbaar dat Hy my vertrou en my gevra het om hierdie werk vir Hom te doen. Hy gee my ook die krag om dit te kan doen.
13 Hy het my die werk gegee om te doen al het ek vroeër lelike dinge oor Hom gesê, sy volgelinge in die moeilikheid probeer bring en hulle selfs met geweld seergemaak. Maar God het my jammer gekry omdat ek nie geweet het wat ek doen nie, want ek het nog nie in God geglo nie.14 Die Here het my toe eenvoudig oorweldig met sy goedheid. By Hom het ek geleer om op Hom te vertrou en om ander lief te hê soos Hy my liefhet.
15 Luister hierna, want niemand kan hieroor stry nie: Jesus Christus het na die wêreld toe gekom om mense wat verkeerd lewe, te help om weer God se vriende te word; ek weet, want as dit by 'n slegte lewe kom, het ek voor in die ry gestaan.16 Juis daarom was Jesus so goed vir my. Slegter as wat ek was, kan niemand wees nie, maar so het Jesus duidelik gewys dat Hy nie moed verloor met selfs die slegstes onder ons nie. Ons moet dit onthou as voorbeeld vir almal wat Jesus nog gaan teëkom en wat dan vir ewig saam met God gaan lewe omdat hulle op Jesus vertrou.
17 Laat ons nooit ophou om die enigste God groot te maak en vir almal te vertel hoe wonderlik Hy is nie. Hy is ons Heerser vir altyd; niemand kan Hom sien nie en Hy gaan ook nie dood nie. So is dit en so sal dit bly.
18 Timoteus, my seun, laat ek vir jou verduidelik wat ek wil hê jy moet doen. God het mos 'n profesie gegee oor wat jy aan party mense in die gemeente gaan doen. Hulle het dit vir die gemeente vertel. As jy dit doen, sal jy 'n wenner wees.19 Moenie iets doen waaroor jy sleg sal voel nie en vertrou Jesus Christus. Party mense wou niks weet van hierdie dinge nie en verkeerde dinge het hulle later nie meer gepla nie. Daarom is daar ook niks van hulle Christenskap oor nie en hulle vertrou ook nie meer op Jesus nie.
20 Dis die pad wat mense soos Himeneus en Aleksander geloop het. Daarom het ek hulle verbied om in die gemeente te kom. Hulle moet uitvind hoe dit is om sonder die Here klaar te kom sodat hulle kan leer om nie lelike dinge oor God te sê nie.
1 Timothy 1
Salutation
1 From Paul,t an apostle of Christ Jesus by the command of God our Saviors and of Christ Jesus our hope,
2 to Timothy, my genuine child in the faith. Grace, mercy, and peace from God the Father and Christ Jesus our Lord!
Timothy’s Task in Ephesus
3 As I urged you when I was leaving for Macedonia, stay on in Ephesuss to instructt certain people not to spread false teachings,t4 nor to occupy themselves with myths and interminable genealogies.s Such things promote useless speculations rather than God’s redemptive plansts that operates by faith.5 But the aim of our instructiont is love that comes from a pure heart, a good conscience, and a sincere faith.t6 Some have strayed from these and turned away to empty discussion.
7 They want to be teachers of the law, but they do not understand what they are saying or the things they insist on so confidently.t
8 But we know that the law is good if someone uses it legitimately,9 realizing that laws is not intended for a righteous person, but for lawless and rebellious people, for the ungodly and sinners, for the unholy and profane, for those who kill their fathers or mothers, for murderers,10 sexually immoral people, practicing homosexuals,t kidnappers, liars, perjurers – in fact, for any who live contrary to sound teaching.
11 Thist accords with the glorious gospel of the blessed Godt that was entrusted to me.t
12 I am grateful to the one who has strengthened me, Christ Jesus our Lord, because he considered me faithful in putting me into ministry,13 even though I was formerly a blasphemer and a persecutor, and an arrogantt man. But I was treated with mercy because I acted ignorantly in unbelief,14 and our Lord’s grace was abundant, bringing faith and love in Christ Jesus.t15 This sayingt is trustworthy and deserves full acceptance: “Christ Jesus came into the world to save sinners” – and I am the worst of them!t16 But here is why I was treated with mercy: so thatt in me as the worst,t Christ Jesus could demonstrate his utmost patience, as an example for those who are going to believe in him for eternal life.
17 Now to the eternal king,t immortal, invisible, the onlys God, be honor and glory forever and ever!t Amen.
18 I put this charges before you, Timothy my child, in keeping with the prophecies once spoken about you,s in order that with such encouragementt you may fight the good fight.19 To do thist you must hold firmly to faith and a good conscience, which some have rejected and so have suffered shipwreck in regard to the faith.
20 Among these are Hymenaeus and Alexander, whom I handed over to Satans to be taught not to blaspheme.