previous next

1 Timoteus 4

Pasop vir mense wat verkeerde dinge leer

1 Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na tbose geeste wat vir hulle tverlei, en hulle doen dinge wat tduiwels vir hulle leer. 2 Die mense wat daardie dinge vir die tgelowiges leer, is tskynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie. 3 Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is. 4 Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet.

5 Al die dinge wat God gemaak het, is goed. God het dit self gesê. En as julle vir Hom dankie sê vir die kos wat van Hom kom, dan is die kos goed.

Timoteus moet reg lewe, sy lewe moet ’n voorbeeld wees


6 Jy moet aanhou om vir die tgelowiges te sê hulle moet die dinge onthou wat ek nou vir jou geskryf het. Dan sal jy ’n goeie tdienaar van Christus Jesus wees omdat jy aanhou om te luister na die boodskap oor die geloof wat jy geleer het. Die boodskap is waar, en jy het begin lewe soos jy geleer het. 7 Daar is mense wat niks van God weet nie, mense wat self stories maak en vertel, stories wat niks beteken nie. Jy moenie na hulle stories luister nie. Jy moet oefen om God altyd beter te dien. 8 Wanneer ’n mens jou liggaam oefen, dan help dit ’n bietjie. Maar wanneer ’n mens oefen om vir God beter te dien, dan help dit heeltemal, want God belowe om vir ’n mens die tewige lewe te gee, nou en in die tyd wat later kom. 9 Wat ek nou gesê het, is waar, en jy kan dit glo. 10 Daarom werk ons baie hard. Ons weet dat die God wat lewe, vir ons sal help, en ons weet dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Hy wil al die mense red, spesiaal die mense wat in Hom glo.

11 Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die mense te sê en om dit vir hulle te leer.
12 Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe. Jy moet dit vir hulle wys met wat jy sê en met jou mooi lewe. Jy moet wys dat jy lief is vir mense, en jy moet aanhou glo en jy moet heeltemal reg lewe. 13 Jy moet aanhou om vir die gemeente te lees uit die Bybel. Jy moet aanhou om vir hulle te sê hoe hulle moet lewe en jy moet aanhou om vir hulle te leer. Jy moet dit doen totdat ek kom. 14 Jy moet aanhou om die tgenadegawe te gebruik wat jy gekry het. Die Here het hierdie genadegawe vir jou gegee. Die tprofete het dit gesê, en die touderlinge het hulle thande op jou gesit. 15 Jy moet aanhou om hierdie dinge te doen, jy moet so lewe dat almal kan sien dat jy meer en meer glo. 16 Jy moet baie goed dink en versigtig wees oor hoe jy lewe en wat jy vir die mense leer. Jy moet aanhou om reg te lewe en om vir die mense reg te leer, want as jy hierdie dinge doen, dan sal jy jouself red en ook die mense wat luister na jou.

1 Timothy 4

Directions for Timothy

1 The Holy Spirit clearly says that in the last days some people will leave the faith. They will follow spirits that will fool them. They will believe things that demons will teach them.
2 Teachings like those come from liars who pretend to be what they are not. Their sense of what is right and wrong has been burned as if with a hot iron.3 They do not allow people to get married. They order them not to eat certain foods. But God created those foods. So people who believe and know the truth should receive them and give thanks for them.
4 Everything God created is good. You shouldn't turn anything down. Instead, you should thank God for it.5 The word of God and prayer make it holy.
6 Point these things out to the brothers and sisters. Then you will serve Christ Jesus well. You were brought up in the truths of the faith. You received good teaching. You followed it.
7 Don't have anything to do with godless stories and silly tales. Instead, train yourself to be godly.8 Training the body has some value. But being godly has value in every way. It promises help for the life you are now living and the life to come.
9 Here is a saying you can trust. You can accept it completely.10 We work hard for it. Here is the saying. We have put our hope in the living God. He is the Savior of all people. Most of all he is the Savior of those who believe.
11 Command those things. Teach them.12 Don't let anyone look down on you because you are young. Set an example for the believers in what you say and in how you live. Also set an example in how you love and in what you believe. Show the believers how to be pure.
13 Until I come, spend your time reading Scripture out loud to one another. Spend your time preaching and teaching.14 Don't fail to use the gift the Holy Spirit gave you. He gave it to you through a message from God. It was given when the elders placed their hands on you.
15 Keep on doing those things. Give them your complete attention. Then everyone will see how you are coming along.16 Be careful of how you live and what you believe. Never give up. Then you will save yourself and those who hear you.