previous next

1 Timoteus 4

1 Die Heilige Gees het baie duidelik gesê dat in die tyd voor die Here weer kom party mense niks meer met geloof te doen sal wil hê nie.
Hulle sal eerder agter geeste aanhardloop wat hulle op verkeerde paaie lei en sal gretig luister na wat demone vir hulle vertel. Dit sal gebeur wanneer hulle hulle ore uitleen aan mense wat kamma goed is, maar eintlik almal kul en vir almal lieg.
2 Hierdie mense sal nie eens omgee om hulle op allerhande verkeerde paaie te lei nie, want hulle het geen gewete meer oor nie. Hulle sal nie eens sleg voel oor al die godsdienstige onsin wat hulle verkoop nie.3 Dink net, hulle sê mense mag nie trou nie en vertel vir hulle dat hulle sekere kos nie mag eet nie. Wat hulle vergeet, is dat God alles gemaak het, ook die kos.4 Ons wat op God vertrou en weet wat waar is en wat nie, eet daardie selfde kos sonder enige probleme, want God het dit mos gemaak. Om die waarheid te sê, ons sê ook nog vir Hom dankie daarvoor. En dit is reg so, want alles wat God gemaak het, is goed. 'n Mens hoef nie jou neus op te trek vir enigiets as jy vir God daarvoor dankie sê nie. God self het vir ons gesê dat alles wat gemaak is Syne is.5 Deur gebed sê ons vir Hom dat ons Hom erken as die Een wat alles gemaak het.
6  Jy sal doen wat Christus Jesus van jou as sy werker vra as jy die mense van hierdie gevare vertel. Die boodskap waarin jy glo, moet jou sterk maak. Jy het mos die Christelike leer aanvaar.7 Juis daarom moet jy jou nie steur aan al die stories wat mense uitdink en wat eintlik niks met God te doen het nie.
Sorg jy liewer dat jy God reg dien.
8 Jy moet oefen om dit te doen soos 'n atleet oefen om fiks te bly. 'n Atleet wat oefen om fiks te bly doen goed, maar dit help nie vir alles nie. Om egter geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help 'n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde én die lewe wat vir ons wag in die toekoms.
9 Hierna kan julle maar luister, want dit is die absolute waarheid.
10 Hiervoor probeer ons ons uiterste bes en ons werk hard daarvoor. Ons weet mos dat die lewende God alles wat Hy beloof het, sal doen. Hy is die Een wat almal red, veral dié wat op Christus vertrou.
11  Jy moet vir mense hierdie dinge leer en vir hulle sê om dit te doen.12 Moenie dat mense op jou neersien omdat jy so jonk is nie. Neem liewer die leiding onder hulle en wys vir hulle hoe 'n Christen moet praat en wat 'n Christen moet doen. Ja, wys vir hulle hoe 'n Christen moet liefhê en op God en Christus moet vertrou, en hoe skoon 'n Christen se lewe moet wees.
13 Hou aan om vir mense uit die Skrif voor te lees en praat met hulle daaroor sodat hulle ook meer van God se boodskap kan verstaan.14 Moenie ophou of vergeet om die gawe te gebruik wat God jou so onverdiend gegee het nie. Dit is die gawe wat God jou gegee het toe die leiers in die gemeente hulle hande op jou gesit het omdat God mense gelei het om sulke mooi dinge oor jou te voorspel.15 Probeer jou bes en doen jou deel so goed jy kan sodat almal kan sien hoe jy as Christen ryper word.16 Maak doodseker dat jy reg lewe en ander so leer. Moenie 'n duim van hierdie pad afwyk nie. As jy op hierdie pad bly, sal nie net jy by God uitkom nie, maar ook almal wat luister na wat jy vir hulle sê.

1 Timothy 4

Timothy’s Ministry in the Later Times

1 Now the Spirit explicitly says that in the later times some will desert the faith and occupy themselvest with deceiving spirits and demonic teachings,t2 influenced by the hypocrisy of liarst whose consciences are seared.ts3 They will prohibit marriage and require abstinence from foods that God created to be received with thanksgiving by those who believe and know the truth.4 For every creation of God is good and no foodt is to be rejected if it is received with thanksgiving.

5 For it is sanctified by God’s word and by prayer.
6 By pointing out such things to the brothers and sisters,t you will be a good servant of Christ Jesus, having nourished yourself on the words of the faith and of the good teaching that you have followed.s7 But reject those mythss fit only for the godless and gullible,t and train yourself for godliness.8 For “physical exerciset has some value, but godliness is valuable in every way. It holds promise for the present life and for the life to come.”9 This sayingts is trustworthy and deserves full acceptance.

10 In fact this is whyt we work hard and struggle,s because we have set our hope on the living God, who is the Savior of all people,t especially of believers.
11 Command and teach these things.12 Let no one look down on you because you are young, but set an example for the believers in your speech, conduct, love, faithfulness,t and purity.13 Until I come, give attention to the public reading of scripture,ts to exhortation, to teaching.14 Do not neglect the spiritual gift you have,t given to you and confirmed by prophetic wordsts when the elders laid hands on you.t15 Take pains with these things; be absorbed in them, so that everyone will see your progress.t

16 Be conscientious about how you live and what you teach.t Persevere in this, because by doing so you will save both yourself and those who listen to you.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.