1 TIMOTEUS 4
Wees versigtig vir dwaalleraars in die laaste tye!
1 Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom.
2 Hierdie dwaalleraars is skynheiliges en leuenaars. Hulle gee voor om godsdienstig te wees, maar hulle gewete is dood.
3 Hulle sal sê dit is verkeerd om getroud te wees en verkeerd om sekere kosse te eet. Maar God het daardie kosse geskep om met danksegging geëet te word deur mense wat die waarheid ken en glo.4 Aangesien alles wat God geskep het goed is, moet ons nie enigiets daarvan verwerp nie. Ons moet dit met blydskap ontvang, met dankbare harte.
5 Want ons weet dit word deur die woord van God en gebed aan God toegewy.
Wees 'n waardige dienaar in jou onderrig en leefstyl!
6 As jy dit aan die broers en susters voorhou, sal jy jou plig doen as 'n waardige dienaar van Christus Jesus, een wat gevoed word deur die boodskap van geloof en die ware leringe wat jy navolg.7 Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid.8 Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.9 Dit is 'n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word.
10 Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo.
11 Gee instruksies oor hierdie dinge en onderrig die mense daarvolgens.12 Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees 'n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.
13 Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig.
14 Moenie die geestelike gawe verwaarloos wat jy ontvang het deur die profesieë wat oor jou uitgespreek is toe die ouderlinge van die gemeente jou die hande opgelê het nie.15 Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.
16 Let goed op jouself en jou leer. Bly getrou aan wat reg is, en jy sal jouself red sowel as almal wat na jou luister.
1 TIMOTHY 4
People Will Turn from //Their Faith
1 God's Spirit clearly says that in the last days many people will turn from their faith. They will be fooled by evil spirits and by teachings that come from demons. 2 They will also be fooled by the false claims of liars whose consciences have lost all feeling. These liars 3 will forbid people to marry or to eat certain foods. But God created these foods to be eaten with thankful hearts by his followers who know the truth. 4 Everything God created is good. And if you give thanks, you may eat anything.
5 What God has said and your prayer will make it fit to eat.Paul's Advice to Timothy
6 If you teach these things to other followers, you will be a good servant of Christ Jesus. You will show you have grown up on the teachings about our faith and on the good instructions you have obeyed. 7 Don't have anything to do with worthless, senseless stories. Work hard to be truly religious.
8-9 As the saying goes,
“Exercise is good
for your body,
but religion helps you
in every way.
It promises life
now and forever.”
These words are worthwhile and should not be forgotten.
10 We have put our hope in the living God, who is the Savior of everyone, but especially of those who have faith. This is why we work and struggle so hard.t
11 Teach these things and tell everyone to do what you say.
12 Don't let anyone make fun of you, just because you are young. Set an example for other followers by what you say and do, as well as by your love, faith, and purity.
13 Until I arrive, be sure to keep on reading the Scriptures in worship, and don't stop preaching and teaching. 14 Use the gift you were given when the prophets spoke and the group of church leaderst blessed you by placing their hands on you. 15 Remember these things and think about them, so everyone can see how well you are doing. 16 Be careful about the way you live and about what you teach. Keep on doing this, and you will save not only yourself, but the people who hear you.