1 Timoteus 6
1 Christene wat slawe is, moet hulle baas met respek behandel. Hulle moenie enigiemand rede gee om iets slegs te sê van God of van al die dinge wat ons oor Christus leer nie.2 As die baas ook 'n Christen is, moet die slaaf nie dink dat hy die baas met minder respek hoef te behandel omdat hulle saam aan God se geestelike familie behoort nie. Christenslawe moet eerder nog beter werk, want hulle werk vir mede-Christene vir wie hulle lief is. Wat hulle doen, is mos tot 'n ander Christen se voordeel.
Al hierdie dinge moet jy vir mense leer en hulle motiveer om dit te doen.3 Sê nou iemand wil julle meer oor die godsdiens leer, maar hy vertel net 'n klomp stories wat nie waar is nie. Dit is glad nie wat die Here Jesus Christus vir ons vertel en geleer het nie. Na so iemand moet jy nie eens luister nie.
4 Hy self dink natuurlik hy weet baie, maar eintlik weet hy niks. Hy sal gewoonlik oor alles wil stry en 'n yslike argument begin oor wat 'n spesifieke woord nou juis beteken. Hierdie ongesonde houding van hom sal maak dat mense later vies raak vir mekaar. Hulle sal jaloers op mekaar word, lelike dinge van mekaar sê en mekaar so verdag maak.
5 Hulle sal aanmekaar stry en baklei omdat hulle deurmekaar is. Hulle sal nie meer mooi kan dink nie en dan nie meer weet wat waar is nie. Hulle dink dat godsdiens eintlik daar is om geld mee te maak.
6 Eintlik kán godsdiens 'n mens baie ryk maak. Aardse rykdom is nie so baie werd nie,7 want ons het sonder 'n sent in die wêreld gekom en eendag wanneer ons doodgaan, sal ons ook niks van die wêreldse rykdom kan saamvat nie.
8 As ons genoeg het om te eet en darem klere het om aan te trek, moet ons meer as tevrede wees.9 Mense vir wie dit baie belangrik word om ryk te wees, kom gou in die moeilikheid. Hulle gierigheid maak dat hulle in die hande van Satan instap omdat hulle gedurig op allerhande maniere uitgelok word om verkeerde dinge te doen. Uiteindelik bly daar van hulle en al hulle begeertes niks oor nie en hulle beland in die hel.
10 Om agter geld aan te hardloop laat jou in die kloue van allerhande slegte dinge inhardloop. Daar is party mense wat eers aan die kerk behoort het, maar toe so agter geld begin aanloop het dat hulle vandag nie eens meer 'n lid van die kerk is nie. Ons weet hoe sleg dit nou met hulle gaan. Hulle het die een probleem op die ander.
11 Timoteus, jy is God s'n. Bly weg van al hierdie slegte dinge af. Doen eerder jou bes om so te leef dat God met jou tevrede voel. Hou aan om op God te vertrou en om oor te loop van liefde vir ander. Moenie moed verloor nie en hanteer ander mense altyd mooi sodat hulle goed voel om by jou te wees.12 Toe jy 'n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het 'n vyand, Satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. God het jou geroep om dit te doen en jy het voor baie mense gesê dat jy dit sal doen. Wat ek nou vir jou sê, is nie net praatjies nie.13 Ek sê dit voor God wat alles lewendig gemaak het en voor Christus Jesus wat, sonder om bang te wees vir Pontius Pilatus, voor almal gesê het waarvoor Hy staan.
14 Voor God en Christus vra ek mooi: doen al hierdie dinge presies so en moenie foute maak nie totdat ons Here Jesus Christus weer kom.15 Dit sal gebeur wanneer God dink dat dit tyd daarvoor is. Dan sal Hy sorg dat dit gebeur. Hy is mos ons wonderlike en enigste Heerser. Hy regeer oor almal wat in hierdie wêreld regeer en Hy heers oor almal wat in die wêreld heers.
16 Hy leef vir altyd. Ons kan nie by sy blyplek kom nie, want dit is omgewe deur 'n helder lig. Daarom het niemand Hom nog ooit gesien nie en kan niemand Hom sien nie. Almal moet sy Naam grootmaak, want die krag wat nooit ophou nie, is Syne. Sowaar!
17 Waarsku die mense wat in hierdie wêreld baie geld het om nie te veel van hulleself te begin dink nie. Hulle moet nie hulle hele lewe op geld en rykdom bou nie, want dit hou nie baie lank nie. 'n Mens kan ook nie seker wees dat jy altyd geld sal hê nie. Hulle moet eerder hulle lewe bou deur op God te vertrou. Hy sal sorg dat ons alles kry wat ons nodig het om van te leef. Praat mooi met die ryk mense.
18 Vra hulle om hulle geld te gebruik om arm mense mee te help. Hulle moet nie suinig wees nie en moet graag met ander deel wat hulle het.19 So sal hulle soveel goeie dinge doen dat hulle in die oë van God en die mense baie ryk sal wees, nie omdat hulle baie geld het nie, maar omdat hulle soveel goeie dinge gedoen het. So belê hulle eintlik in die bank van God. Dit is die beste belegging waaraan 'n mens kan dink, veral vir die toekoms. So sal die ryk gelowige ook die ware lewe by God hê.
20 Liewe Timoteus, kyk mooi na alles wat jy gevra is om te doen. Moenie jou tyd mors met die gepraat wat niks met God te doen het nie. Wees versigtig vir daardie klomp wat met hulle deurmekaar redenasies wil voorgee dat hulle so wetenskaplik en slim is.21 Party van die gemeentelede het agter hulle aangeloop. Só het hulle eintlik weggeloop van hulle vertroue op God.
Mag God baie goed wees vir julle, meer as wat julle verdien.
1 Timothy 6
1 Those who are under the yoke as slavest must regard their own masters as deserving of full respect. This will preventt the name of God and Christian teachingt from being discredited.t
2 But those who have believing masters must not show them less respectt because they are brothers. Instead they are to serve all the more, because those who benefit from their service are believers and dearly loved.t
Teach them and exhort them about these things.t
Summary of Timothy’s Duties
3 If someone spreads false teachingst and does not agree with sound words (that is, those of our Lord Jesus Christ) and with the teaching that accords with godliness,4 he is conceited and understands nothing, but has an unhealthy interest in controversies and verbal disputes. This gives rise to envy, dissension, slanders, evil suspicions,5 and constant bickering by people corrupted in their minds and deprived of the truth, who suppose that godlinesss is a way of making a profit.6 Now godliness combined with contentment brings great profit.7 For we have brought nothing into this world and sos we cannot take a single thing out either.8 But if we have food and shelter, we will be satisfied with that.t9 Those who long to be rich, however, stumble into temptation and a trap and many senseless and harmful desires that plunge people into ruin and destruction.
10 For the love of money is the roott of all evils.t Some people in reaching for it have strayed from the faith and stabbed themselves with many pains.
11 But you, as a person dedicated to God,t keep away from all that.t Instead pursue righteousness, godliness, faithfulness, love, endurance, and gentleness.12 Compete wellt for the faith and lay hold of that eternal life you were called for and made your good confessions fort in the presence of many witnesses.13 I charge youst before God who gives life to all things and Christ Jesus who made his good confessionts before Pontius Pilate,14 to obeyt this commandts without fault or failure until the appearing of our Lord Jesus Christ15 – whose appearingt the blessed and only Sovereign, the King of kings and Lord of lords, will reveal at the right time.
16 He alone possesses immortality and lives in unapproachable light, whom no human has ever seen or is able to see. To him be honor and eternal power! Amen.
17 Command those who are rich in this world’s goodst not to be haughty or to set their hope on riches, which are uncertain,t but on God who richly provides us with all things for our enjoyment.18 Tell them to do good,t to be rich in good deeds, to be generous givers, sharing with others.t
19 In this way they will save upt a treasure for themselves as a firm foundationt for the future and so lay hold oft what is truly life.
Conclusion
20 O Timothy, protect what has been entrusted to you. Avoidt the profane chatter and absurditiest of so-called “knowledge.”t
21 By professing it, some have strayed from the faith.t Grace be with you all.st