previous next

1 TIMOTEUS 6

1 Gelowiges wat slawe is, moet aan hulle eienaars volle respek betoon sodat die Naam van God en sy leringe nie beskaam word nie.

2 As jou eienaar 'n mede-Christen is, is die feit dat julle geloofsbroers is, geen verskoning om oneerbiedig op te tree nie. Julle behoort dan selfs harder te werk, want dan is dit gelowiges en geliefdes wat uit julle kwaliteitwerk voordeel trek.
Onderrig hierdie waarhede, Timoteus, en moedig almal aan om dit te gehoorsaam.

In kontras met die vals leerstellings bring die ware godsdiens geestelike rykdom

3 Sommige vals leraars ontken dalk hierdie dinge, maar dit is die gesonde, heilsame leer van die Here Jesus Christus en dit is die fondament vir 'n godvresende lewe.4 Enigiemand wat enigiets anders leer, is nie net verwaand nie, maar ook dom. Só 'n mens het 'n ongesonde begeerte om oor die betekenis van woorde te kibbel. Dit veroorsaak argumente wat eindig in jaloesie, stryd, beledigings en bose agterdog.

5 Hierdie mense veroorsaak altyd moeilikheid. Hulle gedagtes is korrup, en hulle praat nie die waarheid nie. Vir hulle is godsdiens net 'n manier om ryk te word.
6 Tog is ware godsdiens saam met tevredenheid 'n groot rykdom.

7 Ons het immers niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons kan ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie.
8 As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees.9 Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in versoeking en trap in die strik van baie dwase en skadelike begeertes wat hulle in die verderf en ondergang stort.

10 Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor.

Waak met 'n heilige erns oor wat God aan jou toevertrou het!

11 Maar jy, Timoteus, man van God; vlug weg van al hierdie bose dinge, en volg na wat reg en goed is. Beywer jou vir 'n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis.12 Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies.13 En voor God wat aan alles lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat die goeie belydenis voor Pontius Pilatus afgelê het, druk ek dit jou op die hart14 dat jy jou opdrag stiptelik en onberispelik uitvoer totdat ons Here Jesus Christus weer verskyn.15 Want op die bestemde tyd sal God Jesus Christus openbaar,
Hý, die geseënde en alleen Magtige,
die Koning van die konings
en die Heer van die here.
16 Hy alleen besit onsterflikheid,
en bewoon die ontoeganklike lig.
Niemand het Hom ooit gesien
of kan Hom sien nie.
Hom kom toe die eer
en die ewige krag.
17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet.

18 Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel.

19 Deur dit te doen, sal hulle vir hulle 'n skat opbou - 'n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang.
20 Timoteus, waak oor wat God aan jou toevertrou het. Vermy goddelose, dwase praatjies met hulle wat jou met hulle sogenaamde kennis teenstaan.21 Sommige mense het van die geloof afgedwaal deur sulke dwaasheid na te volg.
Mag God se genade met julle almal wees.

1 TIMOTHY 6

1 If you are a slave, you should respect and honor your owner. This will keep people from saying bad things about God and about our teaching.

2 If any of you slaves have owners who are followers, you should show them respect. After all, they are also followers of Christ, and he loves them. So you should serve and help them the best you can.

False Teaching and //True Wealth


These are the things you must teach and tell the people to do. 3 Anyone who teaches something different disagrees with the correct and godly teaching of our Lord Jesus Christ. 4 Those people who disagree are proud of themselves, but they don't really know a thing. Their minds are sick, and they like to argue over words. They cause jealousy, disagreements, unkind words, evil suspicions,

5 and nasty quarrels. They have wicked minds and have missed out on the truth.
These people think religion is supposed to make you rich.
6 And religion does make your life rich, by making you content with what you have. 7 We didn't bring anything into this world, and we won'tt take anything with us when we leave. 8 So we should be satisfied just to have food and clothes. 9 People who want to be rich fall into all sorts of temptations and traps. They are caught by foolish and harmful desires that drag them down and destroy them.

10 The love of money causes all kinds of trouble. Some people want money so much they have given up their faith and caused themselves a lot of pain.

Fighting a Good Fight //for the Faith


11 Timothy, you belong to God, so keep away from all these evil things. Try your best to please God and to be like him. Be faithful, loving, dependable, and gentle. 12 Fight a good fight for the faith and claim eternal life. God offered it to you when you clearly told about your faith, while so many people listened. 13 t Now I ask you to make a promise. Make it in the presence of God, who gives life to all, and in the presence of Christ Jesus, who openly told Pontius Pilate about his faith.

14 Promise to obey completely and fully all that you have been told until our Lord Jesus Christ returns.

15  t The glorious God
is the only Ruler,
the King of kings
and Lord of lords.
At the time that God
has already decided,
he will send Jesus Christ
back again.

16  t Only God lives forever!
And he lives in light
that no one can come near.
No human has ever seen God
or ever can see him.
God will be honored,
and his power
will last forever. Amen.
17 Warn the rich people of this world not to be proud or to trust in wealth that is easily lost. Tell them to have faith in God, who is rich and blesses us with everything we need to enjoy life. 18 Instruct them to do as many good deeds as they can and to help everyone. Remind the rich to be generous and share what they have.

19 This will lay a solid foundation for the future, so they will know what true life is like.
20 Timothy, guard what God has placed in your care! Don't pay any attention to godless and stupid talk that sounds smart but really isn't.

21 Some people have even lost their faith by believing this talk.
I pray that the Lord will be kind to all of you!