previous next

2 Korintiërs 10

1 Ek wil nou ernstig met julle praat. Maar ek doen dit in die gesindheid van Christus, Hy wat nederig en vol deernis teenoor almal is. Daar by julle word mos gesê: "Paulus is so mak soos 'n lammetjie wanneer hy hier is. Maar wanneer hy weg is, is hy verskriklik kwaai in sy briewe."2 Nou vra ek julle baie mooi: moet asseblief nie maak dat ek regtig kwaai is wanneer ek binnekort na julle toe kom nie. Daardie mense wat vir almal vertel dat ek nie volgens God se wil leef nie, moet veral lig loop. Ek sal nie twee maal dink om hulle voor almal vas te vat oor hulle leuens nie.
3 Natuurlik is ons net doodgewone mense, maar ons leef glad nie volgens die reëls van hierdie wêreld nie. Nee, ons is in 'n voltydse oorlog gewikkel om die goeie nuus uit te dra.4 Maar ons wapens is nie mensgemaakte wapens nie. Gelukkig nie! Ons staan in die Here se diens; daarom kry ons al ons wapens by Hom. Daarmee vernietig ons alles wat in die pad van die goeie nuus staan, selfs die heel sterkste vestings van die vyand. Met hierdie wapens vernietig ons elke vals argument.5 Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê.6 Omdat ons tot die tande toe gewapen is, staan ons gereed om elke stukkie ongehoorsaamheid te straf en daarmee af te reken. En ons gaan dit ook daar by julle kom doen sodra julle geleer het om regtig na die Here te luister.
7  Kom ek sê nou sommer reguit vir julle: julle leen julle ore uit aan die verkeerde mense. As julle dan so seker is dat julle aan Christus behoort, moet julle asseblief 'n slag met nuwe oë na my kyk. Weet julle, ek behoort ook aan Hom. Ek is 'n Christen, net soos julle.8 Miskien het ek vroeër 'n bietjie te veel gespog oor die gesag wat die Here aan my gegee het. Maar ek hoef regtig nie daaroor verleë voor julle te staan nie. Die Here het my immers aangestel om julle geloof op te bou. En dit doen ek ook. Ek is nie soos daardie spul vals leraars wat net daarop uit is om julle geloof af te breek nie. Daarom is ek regtig nie skaam oor my optrede nie.
9 Maar wag, kom ons gesels eers 'n bietjie oor al daardie praatjies onder julle dat ek julle met my briewe probeer bangmaak.10 Daar by julle word mos gesê: "Paulus se briewe is ernstig en kwaai, maar hy beteken net mooi niks wanneer hy hier is nie.11 Die arme man maak maar 'n swak indruk en sy woorde is net 'n bondel wind. Hy preek ons skoon aan die slaap." Hoor hier, dis alles leuens. Die mense wat hierdie stories versprei, moet weet dat ek altyd dieselfde is, of ek nou 'n brief aan julle skryf en of ek in lewende lywe daar by julle is.
12 Nou ja, ek sal dit nie waag om my te vergelyk met daardie mense wat nou by julle preek en wat so baie oor hulle eie prestasies spog nie. Hulle dink geloof is 'n geestelike kompetisie. Daarom vergelyk hulle hulle gedurig met mekaar om te kyk wie is die beste gelowiges. Dit is dom. Ek sal nooit waag om so iets te doen nie.13 Ek praat net oor die werk wat God my gegee het om te doen, oor niks anders nie. Hy het my aangestel om die goeie nuus met ander mense te deel, ook met julle.14 Ek werk slegs binne hierdie werksterrein waaroor God my aangestel het. En julle val ook binne my werksterrein.15 Daarom kan niemand my daarvan beskuldig dat ek in iemand anders se terrein in Korinte kom inmeng het nie. Ek glo vas dat, soos julle geloof sterker word, ek sommer nog 'n baie groter werksterrein daar by julle gaan hê.16 Want ek wil die goeie nuus nog tot ver anderkant Korinte se grense vir mense gaan vertel. God het daardie gebiede ook afgebaken as deel van my werksterrein. Ook daar sal ek nie in ander mense se werksterrein inmeng nie.
17 Die Bybel sê: "As jy wil spog, spog dan oor wat die Here doen." Al jou eie groot dade waarmee jy so graag spog, tel in elk geval nie voor God nie.18 Nee, al wat saak maak, is dat God met jou lewe tevrede is. Sy goedkeuring is al waarvoor jy moet leef.

2 Corinthians 10

Paul’s Authority from the Lord

1 Now I, Paul, appeal to yout personallyt by the meekness and gentlenesst of Christ (I who am meekt when present amongt you, but am full of couraget toward you when away!) –2 now I ask that when I am present I may not have to be bold with the confidence that (I expect) I will dare to use against some who consider us to be behavingt according to human standards.t3 For though we livet as human beings,t we do not wage war according to human standards,t4 for the weapons of our warfare are not human weapons,t but are made powerful by Godt for tearing down strongholds.s We tear down argumentst5 and every arrogant obstaclet that is raised up against the knowledge of God, and we take every thought captive to make it obeyt Christ.6 We are also ready to punish every act of disobedience,t whenever your obedience is complete.7 You are looking at outward appearances.t If anyone is confident that he belongs to Christ, he should reflect on this again: Just as he himself belongs to Christ, so too do we.8 For if I boast somewhat more about our authority that the Lord gave ust for building you up and not for tearing you down, I will not be ashamed of doing so.t9 I do not want to seem as though I am trying to terrify you with my letters,10 because some say, “His letters are weighty and forceful, but his physical presence is weakt and his speech is of no account.”t

11 Let such a person consider this: What we sayt by letters when we are absent, we also are in actions when we are present.

Paul’s Mission

12 For we would not dare to classify or compare ourselves with some of those who recommend themselves. But when they measure themselves by themselves and compare themselves with themselves, they are without understanding.t13 But we will not boast beyond certain limits,t but will confine our boastingt according to the limits of the work to which God has appointed us,t that reaches even as far as you.14 For we were not overextending ourselves, as though we did not reach as far as you, because we were the first to reach as far as you with the gospel about Christ.t15 Nor do we boast beyond certain limitst in the workt done by others, but we hopet that as your faith continues to grow, our work may be greatly expandedt among you according to our limits,t16 so that we may preach the gospel in the regions that lie beyond you, and not boast of work already done in another person’s area.17 But the one who boasts must boast in the Lord.ts

18 For it is not the person who commends himself who is approved, but the person the Lord commends.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.