2 Korintiërs 12
Die Here wys vir Paulus dinge in die hemel waaroor hy nie kan praat nie
1 Om te spog, help ’n mens niks, maar partymaal moet ’n mens ’n bietjie spog. Ek wil nou iets sê. Die Here het iets met ’n persoon laat gebeur en Hy het vir hom dinge gewys wat niemand anders gesien het nie. 2 Ek weet van ’n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede het God hierdie man na die hoogste hemel geneem. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. 3-4 Ja, ek weet God het hierdie man geneem tot in die tparadys. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. Daar in die paradys het hierdie man wonderlike dinge gehoor, so wonderlik dat ’n mens nie daaroor kan praat nie. 5 Ek sal spog oor hierdie man. Maar ek sal nie oor myself spog nie. Ek sal net daaroor spog dat ek swak is. 6 As ek besluit om te spog, dan sal ek nie ’n dom mens wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek het besluit om nie te spog nie. Want ek wil nie hê dat die mense moet dink ek is beter as wat ek was toe hulle my gesien of gehoor het nie. 7 Want hulle weet van die belangrike dinge in die hemel wat God vir my gewys het. Maar God het iets in my lewe gegee, dit pla my baie. Hy het dit gegee sodat ek nie baie van myself moet dink nie. Hierdie ding is soos ’n tengel van Satan. Die engel slaan my met sy vuis sodat ek nie baie van myself moet dink nie. 8 Ek het baie maal vir die Here gevra dat Hy hierdie ding moet wegneem.
9 Maar Hy het vir my gesê: “Ek is tgenadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.”
Daarom sal ek graag spog dat ek swak is, want dan is die krag van Christus in my.
10 Daarom is ek tevrede wanneer ek swak is, wanneer mense my tbeledig, wanneer ek swaarkry, wanneer mense slegte dinge doen aan my, en wanneer ek probleme het. Want ek weet dat alles gebeur omdat ek aan Christus behoort. Ja, ek is tevrede, want wanneer ek swak is, dan is ek sterk.Paulus is baie bekommerd oor die gemeente
11 As ek so spog, dan doen ek dieselfde soos ’n dom mens doen. Maar dit is júlle wat my dit laat doen. Want julle is die mense wat vir my moes geglo het. Party van daardie tvals apostels dink dat hulle beter is as ek en hulle sê dat ek niks beteken nie, maar ek is so goed soos hulle. 12 Ek het baie maal by julle dinge gedoen wat wys dat ek ’n ware tapostel is. Ek het ttekens en twonderwerke gedoen en ander dinge wat wys hoe sterk God is.
13 Ek het by julle niks anders gedoen as in die ander gemeentes nie. Maar ek het nie vir julle geld gevra vir myself nie. As dit verkeerd was, dan moet julle my vergewe.
14 Dit is nou die derde maal dat ek na julle toe sal kom. Ek sal nie vir julle geld vra vir myself nie. Ek wil nie julle geld hê nie, ek wil vir júlle hê. Julle weet hoe die lewe is: Dit is nie die kinders wat vir die ouers geld moet spaar nie, nee, dit is die ouers wat vir die kinders geld moet spaar.
15 Ek sal baie graag alles wil gee wat ek het, ek sal ook alles wil gee wat ek is sodat ek vir julle kan help. As ek so baie lief is vir julle, dan mag julle nie minder lief wees vir my nie.
16 Ja, ek het nie vir julle geld gevra sodat ek vir myself kon sorg nie. Maar daar is miskien party van julle wat sê dat ek baie slim was en dat ek ander skelm dinge gedoen het om julle te tbedrieg. 17 Het ek julle bedrieg toe ek een van die mense wat saam met my werk, na julle toe gestuur het? Nee.
18 Julle onthou dat ek vir Titus gevra het om na julle toe te kom. Ek het ook iemand anders saamgestuur, iemand wat saam met ons werk. Julle weet dat Titus julle nie bedrieg het nie. En ek dink soos Titus en ek doen dieselfde wat hy doen.
19 Julle dink miskien nog altyd dat ons besig is om te wys dat ons nie iets verkeerd gedoen het nie sodat julle kan dink ons is goed. Nee, ons is mense wat aan Christus behoort, ons weet dat God alles hoor wat ons sê. Daarom sê ons hierdie dinge. Ons doen alles omdat ons lief is vir julle en omdat ons julle geloof sterker wil maak. 20 Ek is bang dat wanneer ek by julle kom, dan sal julle nie wees soos ek graag wil hê julle moet wees nie. En miskien is ék ook nie soos julle graag wil hê ek moet wees nie. Miskien haat julle ander mense, miskien stry julle met almal, miskien maak julle mense kwaad vir mekaar, miskien maak julle mense vyande van mekaar, miskien tbeledig julle mekaar, miskien skinder julle van mekaar, miskien dink die een mens hy is beter as die ander mens, of miskien maak julle probleme. 21 Ek is bang dat God my sal tverneder wanneer ek weer daar by julle kom. Hoekom? Omdat ek miskien sal huil en treur oor baie mense in die gemeente wat sonde gedoen het en wat nie verander het nie, hulle lewe nie soos God wil hê nie. Ek is bang dat hulle nog die dinge doen wat hulle altyd gedoen het, dat hulle slaap by mense met wie hulle nie getroud is nie, dat hulle tonsedelik lewe, en dat hulle doen wat hulle wil.
2 Corinthians 12
Paul's Vision and His Painful Problem
1 We can't gain anything by bragging. But I have to do it anyway. I am going to tell you what I've seen. I want to talk about what the Lord has shown me.
2 I know a believer in Christ who was taken up to the third heaven 14 years ago. I don't know if his body was taken up or not. Only God knows.3 I don't know if that man was in his body or out of it. Only God knows. But I do know that4 he was taken up to paradise. He heard things that couldn't be put into words. They were things that people aren't allowed to talk about.
5 I will brag about a man like that. But I won't brag about myself. I will brag only about how weak I am.
6 Suppose I decide to brag. That would not make me a fool, because I would be telling the truth. But I don't do it. Then no one will think more of me than he should because of what I do or say.
7 I could have become proud of myself because of the amazing and wonderful things God has shown me. So I was given a problem that caused pain in my body. It is a messenger from Satan to make me suffer.8 Three times I begged the Lord to take it away from me.9 But he said to me, "My grace is all you need. My power is strongest when you are weak."
So I am very happy to brag about how weak I am. Then Christ's power can rest on me.10 Because of how I suffered for Christ, I'm glad that I am weak. I am glad in hard times. I am glad when people say mean things about me. I am glad when things are difficult. And I am glad when people make me suffer. When I am weak, I am strong.
Paul's Concern for the People of Corinth
11 I have made a fool of myself. But you made me do it. You should have praised me. Even though I am nothing, I am in no way less important than the "super-apostles."12 You can recognize apostles by the signs, wonders and miracles they do. Those things were faithfully done among you no matter what happened.
13 How were you less important than the other churches? The only difference was that I didn't cause you any expense. Forgive me for that wrong!
14 Now I am ready to visit you for the third time. I won't cause you any expense. I don't want what you have. What I really want is you. After all, children shouldn't have to save up for their parents. Parents should save up for their children.15 So I will be very happy to spend everything I have for you. I will even spend myself. If I love you more, will you love me less?
16 In any case, I haven't caused you any expense. But I'm such a tricky fellow! I have caught you by tricking you!
17 Did I take advantage of you through any of the men I sent to you?18 I asked Titus to go to you. And I sent our brother with him. Titus didn't take advantage of you, did he? Didn't I act in the same spirit? Didn't I follow the same path?
19 All this time, have you been thinking that I've been speaking up for myself? No, I've been speaking with God as my witness. I've been speaking like a believer in Christ. Dear friends, everything I do is to help you become stronger.
20 I'm afraid that when I come I won't find you as I want you to be. I'm afraid that you won't find me as you want me to be. I'm afraid there will be arguing, jealousy and fits of anger. I'm afraid you will separate into your own little groups. Then you will tell lies about each other. You will talk about each other. I'm afraid you will be proud and cause trouble.
21 I'm afraid that when I come again my God will put me to shame in front of you. Then I will be sad about many who sinned earlier and have not turned away from it. They have not turned away from uncleanness, sexual sins and wild living. They have done all those things.