2 Korintiërs 5
1 Wanneer ons liggaam eendag soos 'n tent opgevou en in die grond weggebêre word, is dit nie klaar met ons nie. Gelukkig nie. Dan breek 'n splinternuwe lewe by God aan wat nooit sal ophou nie.2 Terwyl ons nou nog in hierdie ou aardse tent van ons aansukkel, kry ons swaar. Ons sien baie uit na daardie nuwe hemelse liggaam.3 Wanneer ons dit die dag van God ontvang, sal ons glad nie nakend of hulpeloos wees nie.4 Intussen gaan dit maar bitter moeilik met ons hier in ons aardse liggaam. Ons sug en kla. Ons sien regtig uit na die dag dat hierdie sterflike liggaam van ons vervang word met 'n nuwe liggaam. Dan sal hierdie sterflike liggaam van ons plek maak vir 'n hemelse liggaam wat vir altyd sal bestaan.
5 God is besig om ons gereed te maak vir hierdie nuwe lewe wat op ons wag. Om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom, het Hy sy Gees aan ons gegee. Die Heilige Gees is die waarborg dat God sy woord sal hou.
6 Ons raak glad nie moedeloos nie. Ons weet dat terwyl ons nog in hierdie aardse liggaam leef, ons nog nie by die Here is nie.7 Maar ons glo met alles in ons dat ons daarheen op pad is, ook al sien ons nog niks van hierdie nuwe lewe nie.8 Ons is daarom vol moed. Natuurlik sal ons sommer nou dadelik hier wou padgee en by die Here gaan bly.9 Maar op die ou end gaan dit nie oor wat ons wil hê nie. Al wat saak maak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld.10 Ons almal moet in elk geval voor Christus se regterstoel gaan staan. Op die laaste dag sal Hy sy uitspraak lewer oor alles wat ons tydens hierdie lewe gedoen het. Ons sal dan beloon word volgens dit wat ons gedoen het, goed of sleg.
11 Ek het groot eerbied vir die Here. Daarom probeer ek ander mense oortuig om ook in Hom te glo. God weet dat ek opreg is wanneer ek vir Hom werk. Ek hoop julle weet dit ook.12 Terloops, ek sê dit nie om julle te probeer beïndruk nie. Nee, ek sê dit vir julle sodat julle op die regte manier op my trots kan wees. Dan het julle ten minste 'n antwoord vir daardie mense wat so maklik spog oor al die "groot dinge" wat hulle vir die Here doen. Vir hulle gaan dit net oor uiterlike suksesse, nie oor 'n mens se innerlike lewe nie.
13 Ek het ook al groot geestelike ervarings gehad. Hierdie bonatuurlike ervarings, waarin ek in 'n ander staat van bestaan verkeer het, is egter iets tussen my en God. Ek wil nie daaroor praat nie. Wanneer ek in my normale staat van bestaan is, is dit ter wille van julle. Dan kan ek vir julle in gewone taal van God vertel.
14 Ek weet dat Christus se liefde ons almal aanvuur. Ons weet dat een Man ter wille van ons almal gesterf het. Daarom is ons almal nou ook dood. Ons is bevry van die mag van die sonde en die dood.15 Ons behoort nou net aan Christus. Daarom mag ons nie langer vir onsself leef nie. Nee, ons moet nou leef tot eer van Hom wat in ons plek doodgegaan het en deur God lewendig gemaak is.
16 Noudat ek op 'n nuwe manier leef, dink ek ook op 'n nuwe manier oor ander mense en oor Christus. Vroeër, toe ek nog nie 'n Christen was nie, het ek heeltemal verkeerd oor Christus gedink. Toe het ek glad nie in Hom geglo nie. Maar nou dink ek op die regte manier oor Hom.
17 Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy 'n splinternuwe mens is; 'n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!18 Dit alles is God se werk. Hy het die vyandskap tussen ons en Hom uit die pad gevat toe Christus aan die kruis dood is. God het my nou in sy diens geneem om vir mense te vertel van sy versoening.19 Deur Christus se sterwe het God vrede tussen Hom en die wêreld kom maak omdat Hy nie langer mense se sondes teen hulle hou nie. Dit is die goeie nuus wat ek nou oral bekendmaak.
20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal. Ek smeek julle in die Naam van Christus, laat toe dat God die vyandskap tussen Hom en julle wegvat. Aanvaar hierdie versoening as 'n geskenk uit sy hand.21 Christus het nooit enige sondes gedoen nie. Maar God het Hom aan die kruis in ons plek in sonde verander. Hy het al ons sondes daar op Christus afgelaai sodat ons wat in Hom glo se verhouding met God nou herstel is.
2 Corinthians 5
Living by Faith, Not by Sight
1 For we know that if our earthly house, the tent we live in,s is dismantled,t we have a building from God, a house not built by human hands, that is eternal in the heavens.2 For in this earthly houset we groan, because we desire to put ont our heavenly dwelling,3 if indeed, after we have put ons our heavenly house,t we will not be found naked.4 For we groan while we are in this tent,s since we are weighed down,t because we do not want to be unclothed, but clothed, so that what is mortal may be swallowed up by life.5 Now the one who prepared us for this very purposet is God, who gave us the Spirit as a down payment.t6 Therefore we are always full of courage, and we know that as long as we are alive here on eartht we are absent from the Lord –7 for we livet by faith, not by sight.8 Thus we are full of courage and would prefer to be awayt from the body and at home with the Lord.9 So then whether we are alivet or away, we make it our ambition to please him.t
10 For we must all appear before the judgment seat of Christ,s so that each one may be paid back according to what he has done while in the body, whether good or evil.t
The Message of Reconciliation
11 Therefore, because we know the fear of the Lord,t we try to persuadet people,t but we are well knownt to God, and I hope we are well known to your consciences too.12 We are not trying to commendt ourselves to you again, but are giving you an opportunity to be proud of us,t so that you may be able to answer those who take pridet in outward appearancet and not in what is in the heart.13 For if we are out of our minds, it is for God; if we are of sound mind, it is for you.14 For the love of Christt controls us, since we have concluded this, that Christt died for all; therefore all have died.15 And he died for all so that those who live should no longer live for themselves but for him who died for them and was raised.t16 So then from now on we acknowledget no one from an outward human point of view.t Even though we have known Christ from such a human point of view,t now we do not know him in that way any longer.17 So then, if anyone is in Christ, he is a new creation; what is old has passed awayt – look, what is news has come!t18 And all these things are from God who reconciled us to himself through Christ, and who has given us the ministry of reconciliation.19 In other words, in Christ God was reconciling the world to himself, not counting people’s trespasses against them, and he has given ust the message of reconciliation.20 Therefore we are ambassadors for Christ, as though God were making His pleat through us. We plead with yout on Christ’s behalf, “Be reconciled to God!”
21 Godt made the one who did not know sins to be sin for us, so that in hims we would become the righteousness of God.